top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Staan by Hom
Die gewilde “godsdienstige” waardes in ons dag is skuldgevoelens en relativisme. Skuldgevoelens? Ja, amptelike godsdiens is vandag in die beskuldigdebank oor min of meer alles vanuit die verlede. Noem jy dit, dan moet die kerk ekskuus sê, omdat hy / sy gister en eergister verkeerd daaroor gedink het. En relativisme? Wel, vandag moet daar ruimte wees vir almal om te glo wat hulle wil. Mense, wat nie wil aanvaar dat Jesus fisies uit die dood opgestaan het nie, moet blykbaar ewe
Stephan Joubert
Aug 19, 2022


God is regtig tevrede met jou, al deel party mense nie Sy gevoel nie
Jy stem gedurig saam met almal. Jy sê nooit nee vir enigiemand nie. Jy maak niemand kwaad nie. Jy vermy konflik ten alle koste. Jy hou mense tevrede. As dit bekend klink, is jy dalk besig om ’n “people pleaser” te word. Dan voel jy net goed as almal van jou hou, maar dan het jy slapelose nagte, indien een of twee mense jou kritiseer. Moenie dat so-iets met jou gebeur nie.
Stephan Joubert
Aug 18, 2022


Die voorreg van ‘n Hemelvader
In menige (dalk elke?) kinderhart is daar ‘n behoefte aan liefde, aanvaarding en seën van ‘n aardse vader se kant af. Hierdie behoefte...
Alet Gardner
Aug 17, 2022


Vrees is nie verpligtend nie
Alhoewel Paul O’Sullivan ‘n ietwat kontroversiële figuur in Suid-Afrika is, het sy boek my tydens die Julie-vakansie aangegryp....
Roedolf Botha
Aug 16, 2022


Ons word dit, wat ons najaag
Hercule Poirot, die bekende speurder in die skryfster, Agatha Christie, se speurverhale, sê op ’n keer vir iemand: “Understand this, I mean to arrive at the truth. The truth is always curious and beautiful to seekers after it.”
Stephan Joubert
Aug 15, 2022


Onbedreigd
Ons leef in ‘n tyd waar verdraagsaamheid die wagwoord is en waar die waarheid altyd ‘n paar ekstra kante het. Nou ja, wanneer die Gees in ons lewens werk, is ons nie bang vir ander opinies nie. Ons word nie uit ons geloof geskud elke keer wanneer iemand die Christendom aanvat, of wanneer ateïste hulle ongeloof in ons omgewing bely nie.
Stephan Joubert
Aug 12, 2022


Van A-Z is my lewe genade-aangedrewe
Daardie goeie dinge, wat ons vir die Here moet doen, kry ons nie aldag gedoen nie. Ons struikel soms. Ons maak partykeer droog. Tog weet ons dit gee nooit aan ons die reg om in sondes rond te lê te nie. Inteendeel! Ons weet ons moet reg leef. Ons het geen verskoning as ons dit nie doen nie. Nogtans weet ons God het ons onvoorwaardelik lief. Daarom steun ons so swaar op Sy genade. Met alles in ons hou ons vas aan Hom, watons elke keer genadig is.
Stephan Joubert
Aug 11, 2022


Vergaderings
Vergaderings is ‘n groot deel van ‘n leier se lewe. Daarom is ek altyd verstom om te hoor dat mense nie van vergaderings hou nie, of dat leiers vergaderings beskou as onproduktief. Toe ek een keer aan die Hoof uitvoerende beampte, vir wie ek destyds gewerk het, voorstel dat ons meer vergaderings behoort te hou, het hy gesê dat hy eenvoudig “te veel werk het om heeldag in vergaderings te sit”. Nog ‘n keer toe dieselfde Hoof uitvoerende beampte saam met die Bestuurspan in ‘n ve
Roedolf Botha
Aug 10, 2022


Swak keuses wat jou naam skade doen
As Christen word ‘n mens soms onder ‘n vergrootglas dopgehou. Elke ding wat jy doen, word gesien en bespreek. Hierdie besprekings gaan definitief nie oor hoe oulik jy as Christen optree nie. Jy word aan flarde geskeur en nog geskop vir die doodskoot ook. Kortom, jou dade en optrede word dopgehou. Die slegte is dat ons verkeerde keuses maak en dan dra ons die gevolge van ons dade.
Marietjie Joubert
Aug 9, 2022


Sit dit af, sit dit af!
So het Johannes Kerkorrel op sy dag gesing. Dit geld vandag nog, veral wat sosiale media betref. Selfone het te veel mense se nuwe base geword. Sosiale media het verander in baie mense se voltydse nuwe kuierplekke. “I’d rather text than talk” - dit is deesdae die kodefrase vir miljoene mense op die planeet. Digitale afstand is die nuwe veilige afstand tussen mekaar. Baie mense verkies om eerder per whatsapp met mekaar te gesels, as een tot een. Oog-tot-oogkontak is veels te e
Stephan Joubert
Aug 8, 2022


Meer as oppervlakkige kennis gevra
Om maar net klakkeloos te sê die Bybel is God se Woord, is lankal nie meer genoeg nie! Dit was inderwaarheid nog altyd onvoldoende. Sulke belydenisse moet keer op keer opgevolg word met die regte kennis van daardie einste Woord, wat die hartklop van die Christelike geloof vorm. Jy en ek moet self weer ontdek dat die Christendom nie gebou is op naïewe waarhede, wat deur primitiewe mense geglo is nie. Hulle geloof was ook nie net ‘n gewaagde sprong in die donkerte nie. Ware gel
Stephan Joubert
Aug 5, 2022


Respek onbeperk
Respek vir God en respek vir mense is een van die pilare, waarop die evangelie rus. Die Bybel omskryf dit ook met die meer bekende woord: liefde. Liefde is sinoniem met respek. Liefde is agting vir God en vir ander. Tog sukkel baie gelowiges hiermee, veral as hulle te doene kry met mense, wat nie in God glo nie of wat die Bybel afkraak. Hoe dan gemaak? Moet ons dan stilbly en maak asof sulke verkeerde dinge ons nie pla nie? Of moet ons sulke mense daar en dan op hulle plek si
Stephan Joubert
Aug 4, 2022


Hoe hanteer ek geestessiektes van ander om my?
Die UK-gebaseerde liefdadigheidsorgansasie, Kintsugi Hope, beywer hulle vir groter begrip, empatie en ondersteuning vir lyers aan...
Elmarie van der Westhuizen
Aug 3, 2022


Eskom is nie die probleem nie…
Kyk, die tempo waarteen mense vandag kla, is besig om kosmiese proporsies aan te neem! Die rede? Eskom! Het ons alweer nie vanaand krag...
Roedolf Botha
Aug 2, 2022


Krag vir daardie groot moegheid
Die lewe het nogal ‘n manier om krapmerke op jou liggaam en jou gees agter te laat. Jy kom dit op verskillende maniere agter. Jou lyf kreun en kraak al hoe meer terwyl die lewensjare meer word. Jy herstel nie so vinnig soos altyd na ‘n groot siekte nie. Jy beweeg ’n klein bietjie stadiger. Dit voel ook of jou geheue jou te veel kere in die steek laat. Tog gebeur dit nie net met mense wat ouer word nie. Jesaja 40 vertel vir ons dat selfs die jongmanne moeg en afgemat raak. Moe
Stephan Joubert
Aug 1, 2022
bottom of page
