top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Liefde gebeur
Het jy agtergekom dat die liefde, soos wat Paulus dit beskryf, nie ‘n klompie vroom emosies is nie. Dis ook nie soetsappige gevoelens nie. Nee, liefde is werkwoorde. Liefde, die Here se soort, word gedoen. Dit gebeur. Liefde wat van God se Gees afkomstig is, is selfloos. Dit is op ander mense gerig. Dis leeg van myself. Dit wil nie ontvang nie, maar weggee. Die Here se soort liefde wil nie inpalm nie, maar ander laat wen. Dit wil nie voor in die koor staan nie, maar daardie p
Stephan Joubert
Jan 28, 2022


Gebed is nie ’n geestelike Google-soektog nie
Wanneer mense na informasie oor enigiets of enigiemand soek, Google hulle dit sommer. Derduisende treffe volg dan binne millisekondes. Wel, gebed is nie die hemelse teenvoeter vir Google, waar ons teen rekordspoed antwoorde moet kry op al ons vrae nie. Ons storm nie by die hemelse troonsaal in met die doel om elke keer daar weg te loop met ’n gebedverhoring binne ’n nuwe rekordtyd nie. Nog minder is gebed 'n geestelike telbord, waar ons telling hou van al ons antwoorde. Of ‘n
Stephan Joubert
Jan 27, 2022


Verhoudings - die spilpunt waarom ons draai
“Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.” (Gen. 2:18 AFR83) Vier dae voor Kersfees in 2020 stel die...
Elmarie van der Westhuizen
Jan 26, 2022


Nuwejaarsvoorneme, 2022: Laat U Naam geheilig word
’n Nuwejaarsvoorneme is ’n ellendige ding. Ek weet, want ek praat uit ondervinding. Jaar na jaar sien ek met afwagting uit na ’n nuwe jaar en uitdagings. Keer op keer besin ek oor die jaar wat verby is, oor foute en swak gewoontes en hoe ek my lewenskwaliteit en verhoudings gaan verbeter deur beter gewoontes aan te leer en minder foute te maak. Aan die einde van die volgende jaar is ek van voor af in myself teleurgesteld – die mislukkings, foute en slegte gewoontes het maar w
Liezel Lüneburg
Jan 25, 2022


Ek raak gebedsfiks
Dit is nie sonder rede dat Jesus se dissipels in Lukas 11 vir Hom gevra het om hulle te leer bid nie. Hulle het besef gebed moet ingeoefen word. Teveel mense dink gebed gebeur elke slag outomaties. Of maklik. Toe nie. Ons moet leer bid. Kleintyd is ekself darem drie gebede geleer. Die eerste was: “Liewe Jesus, ek is ‘n kindjie klein...” Tweedens is ek daardie standaardgebed voor etes geleer: “Seën die hande wat die kos voorberei het.” En derdens, die “Ons Vader”.
Stephan Joubert
Jan 24, 2022


Staan op... uit jou gemakstoel
Niemand het nog ooit vanuit ‘n gemakstoel die wêreld andersom laat draai nie. Dis juis diegene, wat kies om uit hul geriefstoele op te staan en stroomop in plekke in te stap wanneer die res daaruit vlug, wat van die wêreld ‘n beter plek maak. Gemakstoele skep selfsugtige harte. God is egter op soek na mense, wat uit hulle gevaarlike gemakstoele opstaan en vir diens by Hom aanmeld. Hy soek manne en vroue, jonk en oud, wat bereid is om elke dag een gebed vir iemand anders te bi
Stephan Joubert
Jan 21, 2022


Die vraag is nie of dit maklik is nie - die vraag is of dit reg is!
1 Petrus 2:21 is ’n kanonteks. Petrus praat hier padlangs met Christene, wat as huishoudelike slawe in mense se huise werk. Dit was geen lekker werk nie. Allermins. Huishoudelike slawe het nie aan hulleself behoort nie. Hulle was die besittings van hul eienaars, wat hulle vir geld gekoop het. Vir sulke benadeelde Christene het Petrus ’n woord van die Here af. Hy leer vir hulle dat Christus vir ons almal gely het en dat Hy vir ons ’n voorbeeld nagelaat het sodat ons in Sy voet
Stephan Joubert
Jan 20, 2022


Ware omgee is nie emojis nie - dis moeite
Dis vir ons te lekker en gemaklik om op sosiale media vir mekaar gesiggies, thumbs ups en ander visuele uitdrukkings te stuur. Ek moet sê...
Roedolf Botha
Jan 18, 2022


Leer ons bid, asseblief!
“Gebed werk.” Al hierdie stellings bevat ’n stuk waarheid. Maar die feit is nie almal beleef hierdie krag, wat in gebed versteek is nie, of dat gebed aldag so effektief “werk” soos wat sulke aansprake lui nie, of dat dit elke keer die antwoord is nie. Ook bid die meeste mense nie meer male nie, al stem almal saam dit is ’n goeie ding om meer te bid. Baie studies toon aan dat mense gefrustreerd is met hulle gebedslewe. Gebed is eintlik maar net vir vele ‘n gepaste kniebuiging
Stephan Joubert
Jan 17, 2022


Liefde juig as ander wen
Party mense is meer kere bly, wanneer slegte mense hulle verdiende loon kry, as wanneer die waarheid wen. Dis ‘n fout, want midde in al die seer van die lewe giet God elke dag ruim porsies goedheid oor Sy wêreld uit. Boonop maak die liefde van die Gees dat ons jubel en bly is, wanneer Sy liefde in en rondom ons wen. Kom ons maak ons oë ‘n slag hiervoor oop. Kom ons word fynkenners van God se oorstromende genade, nie van alles wat rondom ons verkeerd loop nie. Kom ons sien raa
Stephan Joubert
Jan 14, 2022


In 2022 speel my gebede nie in ’n geriefsone af nie
Dit is reg dat ons gereeld en getrou bid. Paulus beveel ons juis in 1 Tessalonisense 5:17 om te bid sonder ophou. Maar een gevaar, wat hiermee gepaard gaan, is dat ons later so gewoond raak aan gebed dat ons onnadenkend en oorgemaklik met die Here begin praat. Miskien is ons almal te familiêr met God. Ons gesprekke met die Here het reeds tot kamertemperatuur afgekoel. Hoor dan net hoe maklik sê mense deesdae dinge soos: “God het vir my dit of dat gesê…”
Stephan Joubert
Jan 13, 2022


Hoe verander jy ‘n gevestigde kultuur in ‘n gemeente?
In gevestigde gemeentes is die kultuur ook goed gevestig. Hoe verander ‘n mens hierdie gevestigde kultuur? Jy moet ‘n proses volg.
Coen Slabber
Jan 12, 2022


Nuwejaar? Nuwe krag?
Jesaja 40:31 Maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie,...
Alet Gardner
Jan 12, 2022


Alles in 'n naam
Gister ontmoet ek toe mos vir Khanyisa. Sy het ons bestelling vir ons ontbyt kom neem. Ons is besig met allerhande feesvierings. Ek voel altyd so in my skik as ek die betekenis van iemand se naam kan herken, want dit is gewoonlik lekker om dan daaroor te gesels. “You are the one who brings light wherever you go,” glimlag ek. Ja, sowaar, daar doen haar gesig presies dit. Dit is eers haar oë wat onmiddellik begin glinster. Dan breek haar mond trots oop en haar tande glinster sa
Siegfried Louw
Jan 11, 2022


Vyf boustene vir 2022
Hier aan die begin van 2022 kies ek van voor af om my lewe op God se Woord te bou. Met alles in myself gaan ek in hierdie nuwe jaar die volgende glo en uitleef:
Stephan Joubert
Jan 10, 2022
bottom of page
