top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Stemme ...
As daar een vaardigheid is wat die mense van God weer sal moet aanleer, is dit stemidentifisering. Ons kan nie die (W)waarheid volg as...
Roedolf Botha
Mar 15, 2022


Tevredenheid gewaarborg
Daardie frase wat vroeër jare gebruik is om baie produkte mee te bemark: “tevredenheid gewaarborg” (“satisfaction guaranteed”) het stilweg verdwyn. Min mense is deesdae tevrede met hulleself, met die lewe, met ander en selfs met God. Hulle is verveeld, geïrriteerd, kwaad en onvervuld. Niks of niemand kan enige tevredenheid meer aan hulle bied nie. Dalk het die Rolling Stones dit doer in 1965 goed saamgevat toe hulle gesing het: “I can get no satisfaction.” Hulle is reg, ten m
Stephan Joubert
Mar 14, 2022


Profesie is die belangrikste
Bo al die ander gawes lig Paulus profesie in 1 Korintiërs 14 uit. Volgens hom is dit die belangrikste geestelike gawe. Hy gee ook die rede hiervoor in vers 3. Hierdie gawe doen drie dinge in die lewens van ander: dit bou hulle op, dit bemoedig hulle in hul geloof en dit versterk hulle geestelik. Daarom stof profesie alle ander gawes uit as dit by nuttigheid en die geestelike waarde daarvan kom.
Stephan Joubert
Mar 11, 2022


Laat staan daardie minderwaardigheidskompleks
“Jy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.” Dit het ek ’n onderwyser een keer vir ’n klasmaat hoor sê. Dit het vir my na ’n baie ernstige siekte geklink. Ek het gewonder of ‘n mens daaraan kan doodgaan. Inderdaad! Nou ja, dalk nie fisies nie, maar innerlik wel. Om minder waarde in jou eie oë te hê as wat die Here aan jou toeken, of as wat jy aan jouself behoort te heg, is pure lyding. Boonop is dit ook onnodig. Hierdie kompleks steel die vreugde van die lewe onder jou uit.
Stephan Joubert
Mar 10, 2022


Duidelikheid en helderheid - Die groot gebrek
In sy boek, The Advantage, skryf Patric Lencioni dat leiers basies twee funksies het. Die eerste is om goeie en gesonde verhoudings in enige georganiseerde omgewing te vestig. Die tweede is die skep van prinsipiële helderheid en duidelikheid, ter wille van die operasionele funksies van die organisasie. In hierdie brief volg meer oor laasgenoemde.
Roedolf Botha
Mar 9, 2022


Swerm
Het jy al daardie eienaardige swerms spreeus gesien? Spreeus vorm soms spontane, vervormde swerms om hulle aanvallers te verwar. Dit is dan nie meer gewone swerms nie. Hierdie “murmurations of starlings” is asemrowend om te aanskou. Wetenskaplikes is steeds besig om die misterie van hierdie swerms te ontrafel.
Siegfried Louw
Mar 8, 2022


Toe loop jy saam met jouself… tot by Jesus!
"I pack my trunk, embrace my friends, embark on the sea and at last wake up in Naples, and there beside me is the stern fact - the sad self, unrelenting, identical, that I fled from.” Dit is die woorde van die skrywer, Ralph Waldo Emerson, in ’n artikel in 1841. Net so! Jy kan padgee, trek, emigreer, verskuif, vlug, oor begin en voor begin, maar jyself gaan elke keer saam.
Stephan Joubert
Mar 7, 2022


Gaan vir die beste
Gaan vir die beste gawes – so skryf Paulus. Wat bedoel hy? Wel, soos wat ons gister gesien het, stel Paulus nie ten diepste so baie belang in daardie geestelike gawes, wat slegs indiwidue in hul eie verhouding met die Here opbou nie. Nee, die eintlike punt van kerkwees is nie my eie geloofsopbou nie, maar die opbou van ander. Nee, wag, jy het dit nie mooi gehoor nie. Kom ek sê dit weer: die belangrikste gawes in die kerk is daardie wat ander gelowiges opbou! Dit gaan oor ande
Stephan Joubert
Mar 4, 2022


Die Gees doen die oortuigingswerk, nie ek nie
Feite oortuig mense nie … nie altyd nie. Of genoegsaam nie! Een studie, wat ek gelees, het bevind dat pogings om mense met harde feite te probeer oortuig om hulle gedrag te verander, is sowat 3% effektief. Wanneer mense egter met empatie begelei word om hulle gedrag te verander, dan doen 37% dit. Dit geld ook wat Bybelse waarhede en inhoude betref. Ons hoef nie oor die waarheid te skree nie. Ons hoef nie al ons hoop te plaas op massas feite nie, selfs al is Bybelse feite nooi
Stephan Joubert
Mar 3, 2022


“Stop and smell the Roses”
“You do not need to know precisely what is happening, or exactly where it is all going. What you need is to recognise the possibilities...
Elmarie van der Westhuizen
Mar 2, 2022


Net vir die Here!
Baie van ons ken bekende Christen name, soos CS Lewis, Dietrich Bonhoeffer, Martin Luther of James Hudson Taylor. Maar wie ken die naam...
Roedolf Botha
Mar 1, 2022


Gerieflik afgestomp, of nie!
“Comfortably numb.” Hierdie titel van een van Pink Floyd se liedere bly my steeds by, veral daardie woorde: “The child is grown. The dream is gone. I have become comfortably numb.” Dit gebeur met baie van ons. Ons raak gerieflik afgestomp. Die realiteite van die lewe slyp ons algaande stomp. Ons raak gewoond aan enigiets en aan alles - misdaad, geweld, vermaak, sport, mekaar, kerk, godsdiens … Jy noem dit en ons ken dit! Niks hou ons aandag meer vir lank nie. Ons raak voltyds
Stephan Joubert
Feb 28, 2022


Bou ander se geloof op
Die Heilige Gees verander my vanaf ’n selfsugtige wese, wat dink dat die ganse heelal om my draai, in iemand wat agterkom dat God en ander mense op die ou end belangriker as ekself is. Eintlik is alle Christene ewe belangrik vir die Here. Daar’s nie een Christen, wat so ‘n paar treë nader aan die Here staan as iemand anders nie. Ek leef maar net asof alle ander mense belangriker as ekself is, maar die feit is dat ons almal gelyk is in God se oë.
Stephan Joubert
Feb 25, 2022


Amper is nie stamper nie
“Jy het my amper tot aksie beweeg,” sê iemand droogweg vir my na ‘n preek. Later, toe ek hieraan terugdink, skiet koning Agrippa se woorde in Handelinge 26:28 deur my kop. Dit was terwyl hy na Paulus geluister het, toe hy ’n gevangene in Sesarea-Maratima was. Toe het Agrippa gesê Paulus beweeg hom byna om ’n Christen te word. “Amper is nog nie stamper nie,” sou my oupa dadelik gesê het.
Stephan Joubert
Feb 24, 2022


Drome beweeg ons na vore
Wat is jou droom? Kan jy dit in jou leeftyd bereik? Jy hoop jy sal dit bereik, maar sal jy dit werklik doen? John Maxwell het ‘n boek oor drome geskryf.
Coen Slabber
Feb 23, 2022
bottom of page
