top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Lente
So met die lente in die lug en die bietjie somerhitte, wat ons beleef, voel dit altyd dié tyd van die jaar dat ek vir soveel dinge wil dankie sê. Ek is glad nie ‘n wintermens nie. Ek hiberneer, sit onder ‘n kombers, is onaktief, doen net wat ek moet doen en hoop die res sal sommer self gedoen word. Die oomblik wat die bome begin bot en die helder groen blare verskyn, voel dit asof daar skille van my lyf afval. Ek ontwaak so saam met die lente. Ek ontvries.
Marietjie Joubert
Oct 4, 2022


Lag - dis ’n Bybelse opdrag
Die bekende Mayo-kliniek in die VSA stem hiermee saam. In ’n artikel oor die korttermyn en langtermyn effek van lag bevind hulle dat om gereeld te lag, stres verlaag. Dit stimuleer organe soos die hart en longe op gesonde maniere, dit bevorder die afskeiding van gesonde endorfiene deur die brein, ensovoorts. Maar nog meer, lag is ook ’n Bybelse opdrag. Laat ek dit reg sê: blydskap is voorskriftelik op baie plekke in die Bybel.
Stephan Joubert
Oct 3, 2022


Neem risiko’s
Party mense bereik op die ou einde niks in hul lewens nie, omdat hulle nooit enige risiko’s neem nie. Ander weer neem die verkeerde risiko’s en faal, omdat hulle nooit regtig voor die tyd behoorlik daaroor nadink nie. Risiko’s is nodig, die regte soort. Sonder waagmoed word ons lewens voortdurend geteister deur daardie drie gevaarlike “V’s”: vaalheid, voorspelbaarheid en verveligheid. Ons kreatiwiteit en leergierigheid neem dramaties af namate ons leefroetines al hoe meer out
Stephan Joubert
Sep 30, 2022


Die regte keuse is nie die maklike keuse nie
Nadav Ben-Yehuda was 300 meter van die kruin van Everest af, toe hy afkom op ’n Turk, Aydin Irmak, wat bewusteloos was. Nadav was egter op die punt om die jongste Israeli te word om die kruin te bereik, maar toe maak hy die keuse om eerder vir Irmak te help. Hy het geweet dat as hy dit nie doen nie, sou Irmak sterf. Onder uiters moeilike omstandighede het Nadav hom toe teen die berg afgedra. Hierdie terugtog het meer as nege uur geduur. Nadav het groot skade aan sy vingers op
Stephan Joubert
Sep 29, 2022


My Hemelvader – die volmaakte rolmodel
The enemy knows that if he can crack up the concept of father, breaking up our relationships with our earthly dads, then he can create a...
Alet Gardner
Sep 28, 2022


Ons moet genadeloos wees met gejaagdheid
“Ruthlessly eliminate hurry from your life.” Dis wat Dallas Willard vir John Ortberg gesê het. Dallas was ‘n geestelike mentor vir talle...
Roedolf Botha
Sep 27, 2022


Christus is dieselfde, al verander alles
Geen handboek kon ons voorberei het op hierdie nuwe wêreld, waarbinne ons tans leef nie. Die Corona-virus het ons deel gemaak van ’n wêreld van konstante verandering. Die Europese denker, Zygmunt Baumann, het juis die term “liquid modernity” gebruik om ons onseker tydsgees mee te beskryf. Hiermee bedoel hy alles is aan’t vloei. Niks in die samelewing hou meer vir lank nie. Stelsels raak gouer in onbruik as die tyd wat dit geneem het om hulle op te rig.
Stephan Joubert
Sep 26, 2022


Vergeet van ontruiming
Die Gees van God is nie tans besig met ‘n groot aardse ontruimingsaksie om ons hier weg te kry nie. Sy doel is nie om ons elkeen, wat voor Christus buig, so gou as moontlik uit die wêreld te kry nie, maar om die hemel juis hier tussen ons op aarde te laat grond raak. Die beste plek in die hemel is nou op aarde. Die Gees het God se koninkryk na ons toe gebring sodat ons juis hier en nou volspoed vir God kan leef. Nie een van ons is geroep om pad te gee uit die wêreld en by een
Stephan Joubert
Sep 23, 2022


Ons lyf is nie ons eie nie
Die bekende Franse geleerde, Marcel Mauss (1872-150), het in 1934 ’n referaat gehou, wat vandag steeds oor verskillende kulture se idees oor die regte liggaamshoudings en gedrag aangehaal word. Mauss vertel onder andere in hierdie studie hoe Engelse soldate in die loopgrawe gedurende die eerste wêreldoorlog nie die grawe kon baasraak, waarmee Franse soldate, soos hyself, hulle loopgrawe gegrawe het nie. Toe moes daar inderhaas 8000 nuwe “Engelse” grawe vervaardig word.
Stephan Joubert
Sep 22, 2022


Bitterheid teenoor God
In Rut 1 lees ons hoe Naomi en haar skoondogter, Rut, terugkeer uit Moab terugkeer. Naomi is jare gelede saam met haar man, Elimelek, en...
Elmarie van der Westhuizen
Sep 21, 2022


Deur watter bril kyk jy na jouself en ander?
Tydens ‘n onlangse vakansie pak ek my sak langs my swembadstoel en sien ‘n lens van ‘n sonbril op die stoel lê. Ek sê vir my man: “Siestog, iemand se sonbril se lens het uitgeval.” Hy reageer toe deur vir my te sê dat ek my sonbril moet afhaal en daarna kyk. Groot was my verrassing toe ek sien dat ek net een lens in my sonbril het. Ek weet glad nie vir hoe lank ek so deur die een sonbrillens gekyk het nie!
Helena Smith
Sep 20, 2022


Ek het oorgenoeg van alles wat saak maak
Wanneer laas het jy gehoor dat mense sê hulle het genoeg? Ek bedoel genoeg geld, genoeg kos, genoeg inkomste, genoeg klere, veiligheid, vriende, tyd, vakansie, geloof, besittings, geleenthede, kennis, vryheid, geluk, gesondheid ...? Elke keer wanneer die vraag van genoeg ter sprake is, het niemand genoeg nie. Mense kort altyd nog iets … net nog ’n bietjie meer geld … net nog ’n bietjie meer tyd … net nog ’n ekstra kans. Net nog iets.
Stephan Joubert
Sep 19, 2022


Een van ons
Ek hoor onlangs van die bestuurder van ‘n groot Amerikaanse waspoeiermaatskappy, wat in Sjina werk, maar wat eers vir ‘n paar maande tussen die plaaslike mense daar gaan bly het voordat hulle produkte geloods is. Toe vind hy in daardie tyd uit dat die water in Sjina te “hard” is en nie skuim maak as waspoeier bygevoeg word nie. Hierdie slim bestuurder se oplossing het miljoene rande aan sy maatskappy besorg, toe hy ‘n nuwe ensiem by hul waspoeier gevoeg het, wat skuim maak. D
Stephan Joubert
Sep 16, 2022


Goeie klei in die hande van die Pottebakker
Jy word nie vanself fikser of sterker nie. Jy weet dit kos inspanning en harde werk. Dieselfde geld wat jou karaktervorming betref. Jou karakter groei nie outomaties Godwaarts nie. Jou karakter neem slegs die regte vorm aan deur aanhoudende gehoorsaamheid aan die Here se wil. Dit gebeur deur jou bewustelike keuses om God en ander mense lief te hê. Wanneer jy oor en oor kies om Hom voorop te stel en om ander mense raak te sien, word dit tweede natuur in jou lewe. Dan raak jy a
Stephan Joubert
Sep 15, 2022


Om af te daal in navolging
Ek onthou nog hoe die Amerikaanse predikant, Bill Hybels, destyds voorspel het dat een van sy boeke nie goed sal verkoop nie. Die boek...
Roedolf Botha
Sep 13, 2022
bottom of page
