top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Jy is nie een-alleen nie
In die 2005 film, “Batman begins”, wonder polisiekommisaris Gordon van Gotham City hoe hy op sy eie kan opstaan teen al die magte van die duisternis in sy stad. Batman sluit dan by hom aan en sê: “Now we are two!” Net so! Twee vaar beter as een. Dit leer Prediker 4 ons. Op ons eie is ons te min, maar as nog iemand aanmeld vir diens, raak dinge sommer stukke beter.
Stephan Joubert
May 19, 2022


Hoe skep leiers gesonde kulture?
Soos in ‘n vorige nuusbrief gesê, weet ons nou al teen hierdie tyd dat die skep van goeie kultuur deurslaggewend is vir goeie leierskap. By “goeie” kultuur, bedoel ek ‘n kultuur waar goedheid heers. Goeie leiers skep goeie kulture, wat bevorderlik is vir die groei van die gemeente of maatskappy. ‘n Kultuur van ‘n maatskappy is die oorsaak dat sekere dinge (goed of sleg) spontaan en natuurlik gebeur. Die kultuur is die soms ongeskrewe, narratiewe aksies, beginsels en beleide,
Roedolf Botha
May 18, 2022


Rassisme: Kaktus in die vrugteslaai
Daar is min dinge so lekker soos vrugteslaai: Mango, papaja, spanspek, kersies, bloubessies, macadamianeute en mintblare, bedruip in tropiese vrugtesap. Voeg nou ʼn paar kaktusse by en meng dit goed en die sappige, stroopsoet vrugteslaai verander in ʼn oneetbare spul op die komposhoop…
Liezel Lüneburg
May 17, 2022


So leef ek stylvol vir die Here
Ek vergelyk myself nooit met ander mense wat op sekere gebiede van die lewe slegter daaraan toe is as ek nie. Nooit gebruik ek hulle omstandighede om myself of ander rondom my aan te spoor om meer dankbaar te wees nie. Ek leer by die Here self om dankbaar te wees, nie by ander mense wat goor omstandighede beleef nie. Ek is nie ’n lewende dreigement, wat gedurig vir almal vertel dat ons dankbaar moet wees nie. Ek IS dankbaar. Ek staan elke dag dankbaar op. Ek leef elke dag dan
Stephan Joubert
May 16, 2022


Nog eens, heilige chaos!
Terwyl te veel kerklike aktiwiteite doodveilig en voorspelbaar is, is die regte lewe daarbuite meestal onveilig en onvoorspelbaar. Die lewe is soms chaoties, seer en swaar. Mense se lewens val daarom nie ordelik uitmekaar nie. Dinge loop nie beskaafd buite beheer nie. Sommiges hou maar net ‘n vroom front voor, maar chaos kenmerk hierdie woeste lewe waarbinne ons leef. Storms woed. Donker wolke rol in. Chaos volg op die hakke van armoede, siekte, misdaad, wanvoeding, gebroke f
Stephan Joubert
May 13, 2022


Geen ouderdomsbeperking op geloof nie
“Jongmense kom nie meer kerk toe nie,” hoor ek iemand sê. “Hoe gaan ons tieners bereik met die evangelie?” vra iemand anders. Terwyl almal hieroor praat, onthou ek dat ek iewers gelees het die woord “teenager” het eers in 1673 in ‘n Engelse leksikon verskyn. Die idee van generasiegapings het eers vanaf die negentiende eeu af opgeduik. Toe besef ek opnuut dat die Bybel nooit in terme van ouderdom dink, wanneer die uitleef van geloof ter sprake is nie. Anders gesê, mense is noo
Stephan Joubert
May 12, 2022


Goedheid (kindness)
Daar is ‘n groot verskeidenheid wonderlike maniere, waarop ek goedheid teenoor ander kan bewys. Ek kan bv. vir iemand se koffie betaal,...
Elmarie van der Westhuizen
May 11, 2022


Die Narsissus-effek
Die slim mense maak dit duidelik dat narsisisme drasties aan die toeneem is. Opnames toon aan dat maatskappye, instansies en veral ook...
Roedolf Botha
May 10, 2022


Gedetailleerd getrou aan die Here!
Die St. Paul’s Katedraal is ’n belangrike baken in Londen. Die grafsteen van Christopher Wren, die argitek van hierdie indrukwekkende gebou, is ook hier te sien. ‘n Latynse opskrif hierop, as deel van die herinnering, lui as volg: “Indien jy ‘n monument ter herinnering aan hom soek, kyk rondom jou.” Wat ‘n getuigskrif! Dit laat my wonder watter woorde reg aan ons elkeen se lewe sal laat geskied as eendag nie meer hier is nie? Ek hoop nie dit is iets soos: “Hy het lewenslank n
Stephan Joubert
May 9, 2022


Die verskil tussen heilige chaos en gewone chaos
Christene is te bang vir chaos. Miskien is dit omdat ons in die kerk grootgemaak is met ‘n vrees vir die onbekende en vir die “sondige wêreld” daarbuite. Ek onthou hoeveel male kerkraadslede al vir my gesê het om tog nie die mense te ontstel nie. Seker daarom dat ‘n leraar onlangs, toe ek genooi is om by sy gemeente te kom preek, vir my gevra het om nie sy lidmate ongemaklik te laat voel nie!
Stephan Joubert
May 6, 2022


Ons weier dat hoop verlore raak wanneer oorlog opdaag
“I’m fed up to the ears with old men dreaming up wars for young men to die in.” So het George McGovern gesê. Inderdaad! Ons harte skeur as ons sien watter wreedhede in die Oekraïne gepleeg word. Niemand is ooit wenners, wanneer oorlog uitbreek nie. Die grootste verloorders is uiteindelik al die onskuldiges, wat in die kruisvuur beland. Dit herinner my aan die tragiese woorde van Openbaring 18:22-24, wat vertel hoedat oorlog alle skoonheid vernietig.
Stephan Joubert
May 5, 2022


My lewe van seën
In 2020, terwyl die wêreld deur inperkings lamgelê was as gevolg van die Covid pandemie, het Kari Jobe, Cody Carnes en Elevation Worship...
Alet Gardner
May 4, 2022


Eerste Ervarings
Nie alle eerstes is lekker nie. ʼn Eerste see-vakansie, valskermsprong, halfmarathon of musiekkonsert is gewoonlik lekker. Of om jou eie eerste motor vir die eerste keer te bestuur. Natuurlik is dit ook lekker om vir die eerste keer op jou eie die paaie in te vaar nadat jy jou bestuurslisensie gekry het.
Siegfried Louw
May 3, 2022


Vanaf arme Willem tot goeie Gaius
“Arme Willem.” Nee, ek ken nie vir Willem nie, in elk geval nie hierdie Willem wat ons so jammer kry nie. Maar ons het heelwat van hom gehoor, terwyl ons in ‘n tou in ’n openbare plek gestaan het. Iewers agter ons het mense hardop gesels. Hulle het oor Willem gepraat. Dit het geklink asof hy net mooi niks kon reg doen nie. Dis toe dat my vrou saggies opmerk: “Arme Willem!” Dalk het daardie mense nie besef dat almal rondom hulle ook na hulle gesprek moes luister nie. Of dalk h
Stephan Joubert
May 2, 2022


Ordelikheid beteken iets anders
Die Heilige Gees as Hemelse Gawe gee verskillende hemelse gawes aan alle Christene. Daar is nie net een groep gawes nie. Die Heilige Gees gee altyd dié gawes aan ons, wat ons vandag nodig het om God te verheerlik en ander te dien. Elke gelowige se gawe(s) is noodsaaklik vir die effektiewe funksionering van die kerk. Daarom moet ons sorg dat ons dit tot voordeel en opbou van mekaar aanwend. Die Heilige Gees gee Sy oorvloedige liefde in ons harte sodat ons met woord en daad vir
Stephan Joubert
Apr 29, 2022
bottom of page
