top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Aanwesig
‘n Geprivatiseerde godsdiens waar ek my geloof in isolasie van die daaglikse werklikhede bedryf, is gevaarlik. Kort voor lank laat dit my glo dat die ganse wêreld boos is en te alle koste vermy moet word. Dan sien ek God later maar net as ‘n afwesige Huiseienaar wat eintlik nog net opdaag vir Bybelstudies en eredienste by die kerk, maar wat nie omgee wat elke dag in die wêreld gebeur nie. Wel, feit is dat God sy wêreld met oorgawe liefhet. Elke mense op planeet aarde het ‘n e
Stephan Joubert
Dec 9, 2022


Teen die einde van die jaar is ek opnuut dankbaar vir genade
Ek is dankbaar vir die Here se genade. Altyd, maar veral in hierdie tyd. Vanjaar was lank en hard, maar ek is dankbaar dat God se getrouheid elke dag verlig het. Ek is dankbaar dat ek nooit in 2022 met God vir Sy hulp hoef te onderhandel het nie. Of dat ek nie enige teenprestasies aan Hom hoef te gelewer het in ruil vir Sy hulp nie. Of dat ek beloftes aan Hom hoef te gemaak het, wat ek moes nakom om Sy guns te behou nie. Ek is dankbaar dat ek vanjaar ’n teks soos Romeine 11:3
Stephan Joubert
Dec 8, 2022


Leierskap in ‘n oogwenk
Daar is een saak, wat deur bekwame leiers bespreek word, wat deurslaggewend vir goeie leierskap is. Veral in vinnig veranderende tye is dit ‘n eienskap wat broodnodig is, maar wat na my mening, nie veel aandag kry nie. Die voormalige, legendariese Hoof Uitvoerende Beampte van General Electric, Jack Walsch, het dit “edge” genoem. Met “edge” het hy bedoel ‘n natuurlike momentele intuïsie, wanneer dit by besluitneming kom. Soms, in ‘n snelveranderende wêreld, moet ‘n besluit op
Roedolf Botha
Dec 7, 2022


Goeie raad vir moeilike tye
Die beste raad is gewoonlik die eenvoudigste. My oorlede skoonpa was iemand, wat goeie, wyse raad kon uitdeel. Stil, diepdenkend,...
Roedolf Botha
Dec 6, 2022


Die Here stel nie swaarkrytoetse op nie
Mense sê graag die Here gebruik slegte omstandighede om hulle te leer om meer afhanklik van Hom te wees. Maar is dit korrek? Doen die Here dit regtig? Ten minste leer die Bybel ons dat slegte omstandighede nie deur die Here veroorsaak word bloot net om sekere lesse vir ons te leer nie. Anders gesê, slegte dinge is nie God se skuld nie. Ons kan nie die vinger na Hom toe wys, as die lewe vol toetse en versoekings is nie. Jakobus 4 leer pertinent dat sulke slegte dinge deur mens
Stephan Joubert
Dec 5, 2022


Die goeie lewe
Hoe klink jou eie definisie van die goeie lewe; daardie soort lewe wat jou tuis laat voel? Wel, ‘n oorsese studie het onlangs bevind dat die gemiddelde persoon van veertig jaar die goeie lewe primêr identifiseer met groot huise, die regte motors; ‘n vakansiehuis en vakansies by eksotiese plekke. Vir die onder-veertigs hou die goeie lewe weer verband met die regte voorkoms, styl, voertuie, elektroniese speelgoed, en besoeke aan die regte uithangplekke.
Stephan Joubert
Dec 2, 2022


Systap daardie dodelike duo
Wat as ek die volgende een is met wie iets sleg gebeur? Wat as dit nie reën nie? Wat as die onderwys in duie stort, die misdaad toeneem, kerke liberaal word…? Te veel mense bou hulle lewe op sulke “wat as”-scenarios. Hoe meer jy met sulke negatiewe scenarios werk, hoe meer wen dinge, soos kommer en negatiwiteit, in jou lewe. Natuurlik mag jy ook vrae oor die toekoms vra.
Stephan Joubert
Dec 1, 2022


Kersfees
Elke jaar as die Kersversierings en groot Kersbome in die winkels verskyn, raak ek opgewonde. Ek hou van Kersfees. Dit is ‘n besondere tyd van die jaar. Die kleure is warm en uitnodigend, dis bekend en maak jou hart sommer warm. Hier in Afrika, waar ons ‘n somerkersfees hou, is dit so ‘n bietjie anders as in die noordelike halfrond. Ons beplan volgens die weer en ons spyskaarte verskil dalk, maar ons is lief om ook die feesdag voluit te vier.
Marietjie Joubert
Nov 29, 2022


Daar’s nog plek in die dissipels se boot
Ek wens ek kon daardie nag aanboord gewees het van die visserskuit, waarvan Johannes 21 vertel. Hier lees ek hoedat ’n paar van Jesus se dissipels teruggekeer het na Galilea kort na Sy opstanding uit die dood. Hulle het toe besluit om te gaan visvang. Onder andere was Nataniël aan boord. Toe hyself vir die eerste keer gehoor het van Jesus daar in Johannes 1, was sy vraag: “Kan daar iets goeds uit Nasaret kom?” Maar toe ontmoet Nataniël vir Jesus . “Rabbi, U is die Seun van Go
Stephan Joubert
Nov 28, 2022


Almal doen dit
Jy ken die nuwe wagwoorde: “Almal doen dit; daarom kan ek ook.” “As niemand by stopstrate of verkeersligte stop nie, hoekom moet ek dit doen?” “As niemand hulle aan iemand anders steur nie, hoekom moet ek dit doen?” Hierdie vrae is die nuwe wagwoorde, die nuwe manier van leef vir te veel mense in ons land. Hoekom moet ek dit dan vandag oorweeg om heeltemal anders as “almal” te wees. Wel, omdat ek nie “almal” se slaaf is nie en ook omdat “almal” dikwels verkeerd is.
Stephan Joubert
Nov 25, 2022


Moenie dat nood jou leer bid nie, laat die Here jou leer
“Nood leer bid.” So lui die spreekwoord. Moenie dit met toe oë glo nie, want dan gaan jy altyd bid soos wat jy in tye van nood bid. Dan gaan al jou gebede eintlik net om jou eie nood draai. Of om jou behoeftes. Doen eerder wat Jesus se dissipels in Lukas 11 gedoen het. Gaan vra vir Jesus om jou te leer bid. Hy is die regte Leermeester. Hy sal vir jou die “Ons Vader”-gebed leer bid. Dan sal jy weet gebed gaan heel eerste oor God se eer en oor sy koninkryk. Dan sal jy elke dag
Stephan Joubert
Nov 24, 2022


Brandbom – vergifnis
‘n Onvergeetlike foto: ‘n naakte negejarige dogtertjie, wat op 8 Junie 1972 gillend reguit na die kameraman toe hardloop, weg van die...
Alet Gardner
Nov 23, 2022


Beter Saam!
Een van die voordele daarvan om in Suid-Afrika te woon, is die rykdom van wysheid en tradisies wat daar in die groot verskeidenheid mense...
Roedolf Botha
Nov 22, 2022


Moenie dreig om dankbaar te wees nie. Doen dit net!
Almal praat daaroor as ‘n leraar ophou glo, maar niemand prys die Here, wanneer derduisende leraars aanhou glo nie. Almal praat daaroor wanneer een kerklike skynheilig is, maar niemand is bly dat die meeste gelowiges opreg leef nie. Dit lyk my slegte nuus kry selfs al in die kerk die oorhand oor goeie nuus. Keer asseblief dat so iets met jou gebeur. Hoe?
Stephan Joubert
Nov 21, 2022


Ons dra sy handtekening
Ek onthou hoedat Gandalf iewers in The Lord of the Rings-sage sê dat ons nie die tye kan kies waarbinne ons gebore word nie. Maar dan voeg hy by: “But we are responsible for the time that is given to us.” Sjoe, dis ware woorde. Baie van ons sou dalk elders wou geleef of gebly het. Of in ‘n ander, meer vreedsame tyd in die wêreldgeskiedenis gebore gewees het. Dis egter alles net drome. Ons leef juis hier in millennium drie in ‘n wêreld met chaos en skoonheid, dood en lewe, hoo
Stephan Joubert
Nov 18, 2022
bottom of page
