top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Tegelyk onbekend en bekend
Aan die een kant is die Gees so bekend en bemind as wat kan kom. Miljoene mense die wêreld oor ken Hom persoonlik. Aan die ander kant is Hy weer vir hordes mense ‘n vreemdeling. Die rede: baie wil Hom nie as eregas in hul lewens ontvang nie. Hulle het nie eens ‘n idee wie die Heilige Gees is nie, omdat hulle nie oop is vir Sy spesiale werking nie. Daarom sien hulle Hom nie in die geloof raak nie. Nog erger, daarom ken hulle ook nie Sy vrymakende werk nie. Wat ‘n tragedie! Hoe
Stephan Joubert
Jun 10, 2022


Geloof gebeur op die Here se terme
Geloof is nie ’n selfverbeteringprogram nie. Geloof help jou nie maar net om ’n beter mens te word nie. Dit laat jou volgens Jesus se beginsels leef. Sy standaard is baie hoog. Sy standaard is dié van selfopofferende liefde. Sy liefde veroorsaak dat jy jouself prysgee in diens van God en ander. Sy liefde veroorsaak dat jy jou voorkeure, jou gerief, jou keuses, en jou leefroetes aanpas by dit wat God eer en wat ander mense bevoordeel. Dit veroorsaak dat jou keuses nie langer o
Stephan Joubert
Jun 9, 2022


Besluite, besluite!
Passiwiteit is nie ‘n opsie vir ‘n leier nie. Leiers staan (met reg) daarvoor bekend dat hulle aktief is, momentum skep en vorentoe beweeg, al is dit soms stadig en tydsaam. Daarom is gesonde leiers nie bang vir die neem van besluite nie. Hoe groter die droom, organisasie, of doelwitte, hoe meer omvangryk en kompleks kan besluite egter raak. Trouens, die kwaliteit van ‘n bepaalde span of leier se leierskap kan in ‘n groot mate in verband gebring word met die kwaliteit van bes
Roedolf Botha
Jun 8, 2022


Al van Jesus gehoor?
Godsdiens is gedurig in die spervuur en gewoonlik word die Christelike geloof ook sommer onder dieselfde kam geskeer. Onlangs het iemand...
Roedolf Botha
Jun 7, 2022


Jesus kry jou veilig tuis
Michael Murphy was ’n Navy Seal in die Amerikaanse weermag. Op 28 Junie 2005 het hy sy eie lewe opgeoffer om ‘n medesoldaat, Marcus Luttrell, se lewe te red, toe hulle deur 40 Taliban soldate in Afghanistanvasgekeer is. Op 13 Julie is hy in die VSA in die Calverton National Cemetry begrawe. Terwyl sy ma, Maureen, daardie dag na haar motor teruggestap het, het ’n teksboodskap skielik op haar selfoon verskyn. Dit was ’n teksboodskap, wat haar einste seun Michael vier maande tev
Stephan Joubert
Jun 6, 2022


Die Trooster / Helper is by ons
Bouers werk gewoonlik onder groot druk. Skaars is een gebou voltooi, dan verskuif hulle na ’n nuwe bouperseel om weer van voor af te begin. Die Heilige Gees is ook aan die bou in al Sy kinders se lewens. Die goeie nuus is dat Sy bouprogram in ons lewe nooit tot ’n einde kom nie. Hy verskuif nooit uit ons lewe na ‘n ander perseel toe nie. Ons is onder lewenslange aanbouing en herskepping van die Gees. Boonop gebruik Hy die heel beste boumateriaal. As die hemelse Meesterbouer b
Stephan Joubert
Jun 3, 2022


Intimiteit is deel van God se plan
Niks is meer taboe nie. “Anything goes,” soos wat die Engelse sou sê. Elke fliek, elke storie, elke sepie moet een of ander rowwe bedtoneel of twee inhê. Menslike liggame het verbruikersartikels geword. Seks sonder intimiteit is egter niks anders nie as drang-aangedrewe vermaak. Dit is om ander mense te behandel as blote “lyfverskaffers.” Sulke onbeheersde seksuele gedrag raak gou-gou verslawend. Statistieke vertel hoe sulke verslawings skrikwekkend toeneem onder jongmense en
Stephan Joubert
Jun 2, 2022


Jy is deel van God se storie
Vir baie lank het ek geworstel met die vraag: wat is God se doel met my lewe? Waar pas ek by God se storie in? Ek was ‘n vrou, ‘n ma, ‘n onderwyseres en vriendin, maar soms het dit gevoel asof ek nog iets moes doen om my lewensdoel te vervul. Toe kom wys God my dat alles eintlik so eenvoudig is, dat ek in my daaglikse handel en wandel my doel kan uitleef.
Helena Smith
May 31, 2022


Al is jy al een, is jy nie alleen nie
Verlede week het ons juis saam nagedink oor hoe duur Josef se integriteit hom gekos het. Hy het in die tronk beland, omdat hy nie toegegee het aan Potifar se vrou se versoekings nie. Josef was al een daar in die Egiptiese tronk wat in die lewende God geglo het, maar hy was definitief nie alleen nie. Genesis 39:20-23 vertel vir ons dat, terwyl Josef in die tronk was, was die Here by hom. Nog meer, Hy het Josef Sy troue liefde daar laat ondervind. Dit het gemaak dat die tronkbe
Stephan Joubert
May 30, 2022


Onder permanente bearbeiding
Wat ‘n belofte gee Jesus nie hier in Johannes 14 oor die Gees nie. Hierdie aardskuddende woorde volg kort voor Sy lyding en dood, wanneer Jesus Sy dissipels eenkant onderrig. Jesus maak dit eerstens duidelik dat Hy met die Vader self sal gaan praat om die Gees na alle gelowiges toe te stuur. Dis Sy waarborg aan Sy volgelinge kort voor Sy lyding en Sy vertrek hemel toe.
Stephan Joubert
May 27, 2022


Staan in die Wind, die regte Een
Pinksterdag was glad nie windstil nie. Alles behalwe. Op daardie dag het die Heilige Gees se magtige wind teen stormsterkte in Jerusalem begin waai. Hierdie wind het al die gelowiges, wat daar bymekaar was, getref, soos wat Handelinge 2 vertel. Dadelik het hierdie groepie mense, wat deur die Gees se wind en vuur vervul is, vreesloos oor God se groot dade begin praat. Hulle eie tonge het in ’n oogwink losgeraak. Hemelse krag, daardie soort waaroor die Ou Testamentiese profete
Stephan Joubert
May 26, 2022


Generasie Alfa
In Matteus 16 lees ons ‘n interessante gesprek. Jesus vra vir sy dissipels: Wie sê die mense is die Seun van die Mens? (vers 13). Hulle antwoord deur die verskillende stories, wat hulle gehoor het, te herhaal: Sommige sê Johannes die Doper, ander Elia en ander weer Jeremia of een van die profete. Sonder om hierop te reageer, vra Jesus toe: Maar julle, wie sê julle is Ek?
Coen Slabber
May 25, 2022


Hoeveel is genoeg?
Sommige mense (soos ek) eis darem heeltemal te veel van die lewe. Ek het nog altyd gewonder oor die eerste paar woorde van Psalm 23,...
Roedolf Botha
May 24, 2022


So lyk die lewe van ’n geseënde
Die Here se seën op Sy kinders se lewe bring ook seën vir almal rondom hulle, soos wat Genesis 39:1-5 vertel. Hier hoor ons hoe Potifar, die hoof van die spesiale magte van die Farao, vir Josef as slaaf gekoop het. Omdat die Here by Josef was, het dit baie goed met hom in die huis van sy eienaar gegaan. Potifar het ook opgemerk die Here is by Josef. Toe het hy vir Josef oor sy hele huishouding aangestel. Van toe af het die Here die huis van die Egiptenaar geseën. Die seën van
Stephan Joubert
May 23, 2022


Geestelike intelligensie
Gepas en ordentlik - dis die vereiste wat Paulus stel vir alle byeenkomste van gelowiges. Nee, Paulus is nie teen die vrye werking van die Heilige Gees nie, maar hy laat ook nie toe dat selfsug in die naam van godsdiens die oorhand kry nie.
Stephan Joubert
May 20, 2022
bottom of page
