top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Vanaf outomaties na bewustelik
Hoeveel dinge doen ons elke dag outomaties, terwyl ons gedagtes eintlik op ander plekke ronddwaal? Die meeste van die tyd is ons nie eens be
Stephan Joubert
Feb 3, 2023


As ek moet byt, dan byt ek vas
“Dit is maklik vir jou om te sê die Here sorg, want jy het genoeg om van te leef.” Hierdie woorde steek nou nog vas in my gedagtes. Daardie persoon, wat dit vir my gesê het, het my laat besef dit is makliker om sekere dinge te sê, wanneer jyself nie ‘n krisis op daardie spesifieke terrein beleef nie. Dit is maklik om te sê mense moenie moedeloos raak, wanneer jyself nie moedeloos is nie. Of om te sê mense moenie twyfel, as jou eie geloof sterk is nie. Of om te sê die Here sal
Stephan Joubert
Feb 2, 2023


Twyfel hoort by Jesus
“Ek twyfel aan my geloof.” Jy gaan dit dikwels hier in 2023 hoor. Maar wag, dit is nie net ’n probleem, wat in hierdie nuwe jaar by ons gaan wees nie. Johannes, die Doper, het homself ook kort voor sy eie dood hier bevind. Hy is in die tronk gegooi, omdat hy die heerser van Galilea, Herodes Antipas, openlik gekritiseer het oor sy sondes. Sy lewe was oor en verby. Daar in die dodesel het hy gewonder oor sy eie geloof en oor Jesus. Maar toe maak Johannes sy probleem Jesus s’n.
Stephan Joubert
Jan 30, 2023


Dis nie sommer net ophou glo nie
Nee, jou geloof is nie so broos soos wat sommige mense jou wil laat glo nie. Ek praat nou van diegene wat gedurig wil ophou glo as moeilikhe
Stephan Joubert
Jan 27, 2023


Vang hulle as hulle val
Lank gelede, op 17 Oktober 1938, het die bekende Time Magazine vertel van ’n man, genaamd Joseph Figlock. Hy was ’n straatveër in Detroit, Michigan, wat nie minder nie as twee keer deur ’n vallende baba getref is. In 1937 het dit die eerste keer gebeur, toe ’n baba vanaf die vierde verdieping van ’n gebou geval het en bo-op hom beland het. Die baba en hyself het dit oorleef. In 1938 het ’n tweejarige seuntjie, genaamd David Thomas, ook uit ’n gebou geval en nogmaals bo-op Fig
Stephan Joubert
Jan 26, 2023


Kersfees is vir elke dag van die jaar
“I Wish It Could Be Christmas Everyday" is 'n Kersliedjie, wat deur die Britse rockgroep, Wizzard, die eerste keer in Desember 1973...
Elmarie van der Westhuizen
Jan 25, 2023


Suid-Afrikaners en kollektiewe depressie: Praktiese raad
Ek vermoed dat menige Suid-Afrikaner aan ʼn tipe “kollektiewe depressie” ly as gevolg van ʼn reeks traumatiese ondervindings wat die land die
Liezel Lüneburg
Jan 24, 2023


Ek vat vyf in 2023
Ek kies die volgende vyf lewensbeginsels in 2023: Wees stil. Ek gaan myself oefen om nog meer te wag op die Here, soos wat daar in Habakuk 2:20 staan. Hy leer my dat die hele aarde voor God in Sy heilige tempel moet stil moet wees. Daarom gaan ek elke dag ’n stilhouplek in my lewe inbou. Wees vrygewig. Ek gaan my gedurig herinner aan Jesus se woorde: “Dit is beter om te gee as om te ontvang.” (Handelinge 20:35) Ek wil vanjaar geken word aan ‘n oop hart en oop hande, eerder as
Stephan Joubert
Jan 23, 2023


Stereotipes
Stereotipes is dodelik en omtrent elke keer verkeerd! Tog bepaal daardie einste stereotipes, wat ons in ons koppe oor ander mense ronddra, h
Stephan Joubert
Jan 20, 2023


Draai vorentoe - draai na God toe
Jy verloor jou morele kompas, wanneer jy selfgesentreerd leef. Dit is aan die orde van die dag wanneer jy gedurig dink: “What’s in it for me?” Dan verander ander mense rondom jou in pionne, wat jy op jou eie skaakbord rondskuif om jouself te bevoordeel. Dan word God se rol in jou lewe aangepas tot die Een, wat jou eintlik net moet seën en voorspoedig maak. Dan dien jy die Here sodat … sodat Hy dinge vir jou moet doen wat jyself nodig het. Dan dien jy die Here nie ten spyte va
Stephan Joubert
Jan 19, 2023


WSJD – ‘n armbandjie of ‘n leefstyl?
Grootwordtyd was ek met ‘n liefdevolle pa geseën. Etenstyd saam met ‘n gesin van sewe kinders was selde stresvol. Ten spyte van die feit...
Alet Gardner
Jan 18, 2023


My kompas vir 2023
Die eerste Petrusbrief bied lewensbelangrike padwysers vir ons as kinders van die Here oor hoe om vir Hom te leef in ’n nie-gelowige wêreld. Hier is ’n paar lewensbelangrike tekste, wat vanjaar as my eie kompas gaan dien (aangehaal uit: Die Nuwe Nuwe Testament): 1 Petrus 2:21: “Dit is julle roeping: Christus het vir julle gely. So het Hy vir julle ‘n voorbeeld gegee, sodat julle in Sy voetspore kan volg.”
Stephan Joubert
Jan 16, 2023


Verbruikers
Nou die dag praat ‘n internasionale kerkleier in die Ooste by ‘n samekoms van kerkleiers en waarsku die mense teen die gevare van globalisas
Stephan Joubert
Jan 13, 2023


Wag reg - wag op die Here
Om op die Here te wag, is ‘n afgeskeepte geestelike dissipline. Doen dit vanjaar, maar doen dit reg. Moenie slegs wag op diens van die hemel se kant af nie; wag op God. Doen dit elke dag. Doen dit orals. Wag aktief en gelowig op die Here. Dit sal die fokus van jou lewe verskuif. Onbelangrike dinge en kleinlikhede sal dan minder van jou tyd opneem. Dit, wat punte tel op die Here se terrein, sal dan meer op die voorgrond wees.
Stephan Joubert
Jan 12, 2023


Stil leierskap
Elke leier van ‘n organisasie, gemeente of departement moet besluit hoe ‘n mens die organisasie gaan help om sterk en weerstandig en nie broos nie te wees. By sterk word bedoel dat die maatskappy enige lukrake, onvoorspelbare skokke, skuiwe en veranderings in die eksterne omgewing die hoof kan bied. Baie maatskappye lyk op die oog af sterk, omdat hulle baie wins maak en vinnig groei, veral kleiner besighede. Wanneer ‘n onvoorspelbare gebeurtenis, soos Covid, egter tref, dan v
Roedolf Botha
Jan 11, 2023
bottom of page
