top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Waarheid is nie ’n seermaakmiddel nie, dis ‘n geneesmiddel
As jy die waarheid padlangs wil hoor, dan moet jy met klein kindertjies gesels. Dit besef ek onlangs toe ek vir ons vriende se seuntjie sê hy het groter geword sedert ek hom laas gesien het. Net daar antwoord hy my: “En oom het ouer geword.” Ons as grootmense is veels te omsigtig met die waarheid. Of dalk te polities korrek. Ons wil net nie hê ander mense moet aanstoot neem nie, veral nie diegene, wat deesdae so maklik “aangestoot” voel nie.
Stephan Joubert
Nov 17, 2022


Leierskap en Innovasie
Almal sal saamstem dat die stimulering van kreatiwiteit en innovasie ‘n uiters belangrike deel van ‘n gesonde leier se rol is. Hoe anders kan ‘n leier kop bo water hou en steeds sy mense effektief lei in ‘n wêreld, wat voortdurend verander? Die basiese beginsels van leierskap bly sekerlik dieselfde, terwyl nuwe planne en beter strategieë voortdurend bedink moet word. Vir ‘n laaste keer put ons uit die nuwe boek van Hermann du Plessis, Lead with Intent, ‘n paar waardevolle ins
Roedolf Botha
Nov 16, 2022


Vasbyt … amper daar!
Groot was my verbasing toe ek aan die begin van Oktober sien dat winkelsentrums reeds Kersfeesversierings het. Toe die skole ‘n week later begin en ons tydens ‘n personeelvergadering hoor wat alles tydens die vierde kwartaal moet gebeur, het ek dadelik angstig geraak. Ek dink hierdie tyd van die jaar is almal gespanne oor wat nog moet gebeur. Ons is oormoeg of dalk uitgebrand, omdat die jaar so vinnig tot ‘n einde haas. Net toe ek goed moedeloos was oor alles wat nog moet vo
Helena Smith
Nov 15, 2022


Oppas dat stereotipes jou lewe oorneem
Iemand vertel nou die dag op ‘n openbare platform dat ’n bekende filmster arrogant is. Hierdie ster het geweier om met ’n jong meisie te praat, terwyl hy saam met iemand geëet het. Sy het ongevraagd afgestap op die ster en haar selfoonnommer in sy hand gestop. Hy wou egter nie haar selnommer aanvaar nie. Nou is daardie “Top Gunner” blykbaar ongeskik op grond van een insident. Toe ek dit lees, dink ek by myself dis presies hoe stereotipes gevorm word. ’n Enkele interaksie met
Stephan Joubert
Nov 14, 2022


Drie sinne
As jy wil vorentoe groei in jou verhoudings met die Heilige Gees, asook met jouself en ander mense, dan is daar drie sinsnedes, wat jy dadelik jou eie moet maak. Nommer 1: “Ek weet nie.” Nommer 2: “Ek het ‘n fout gemaak.” Nommer 3: “Ek het van standpunt verander.” Al drie wys jy’s nie te groot in jou eie oë nie. Soms weet jy eenvoudig net nie. Vra maar vir Paulus, wat in 2 Korintiërs 4 ruimtelik erken dat hy nie al die antwoorde gehad het nie. Trouens, hy sukkel soms om God s
Stephan Joubert
Nov 11, 2022


Kleur die lewe in met geloof, hoop en liefde
Sowat vyftien dae na ons geboorte begin ons om tussen kleure te onderskei. So leer die slim mense ons. Vir die res van ons lewe is ons dan deur kleur omring. Geen wonder dat ons vir ons kinders van kleinsaf leer om in te kleur nie. Hulle kleurlose inkleurboeke moet met behulp van kleurkryte lewe kry. Ongelukkig pak baie van ons ons kleurkryte weg, wanneer ons groot word. Fout! Die lewe kort kleur. Dit kort die geloofskleure van geloof, hoop en liefde. Deur die Here se goedhei
Stephan Joubert
Nov 10, 2022


Oordeel versigtig
“Judge Softly” “Pray, don’t find fault with the man that limps, Or stumbles along the road. Unless you have worn the moccasins he wears,...
Elmarie van der Westhuizen
Nov 9, 2022


Anti-kwesbaar
‘n Wind doof ‘n kers uit, maar laat ‘n vuur floreer. Ons moet ‘n vuur wees, nie ‘n kers nie. So praat Nassim Taleb, ‘n populêre filosoof...
Roedolf Botha
Nov 8, 2022


Nie deur skuldgevoelens nie, maar deur Christus
Skuldgevoelens is ’n gewilde hefboom. Baie mense gebruik dit om ander te beweeg om sleg of skuldig te voel,of om dankbaar te wees of betrokke te raak. Hulle vertel graag vir jou hoe arm, siek, en benadeeld ander mense is. Hierna sê hulle vir jou dat jy moet dankbaar wees jy staan nie in daardie mense se skoene nie.
Stephan Joubert
Nov 7, 2022


Luister na die regte mense
Kan jy glo dat jou godsdiens jou soms blind kan maak vir ‘n wyer kyk op God se genade? Ja, inderdaad! Jy kan maklik vasval in jou selfgemaakte godsdienstige agendas, waarbinne jy maar net jou eie lysie sondes van vroeg tot laat aanspreek en jou standaardoplossings vir die kerk en die wêreld se probleme op die tafel neersit. Maar dit kan jou soms blind maak vir ‘n wyer kyk op die Gees se werk. Daarom het jy ‘n paar goeie vriende baie naby aan jou nodig.
Stephan Joubert
Nov 4, 2022


Wees gereed om ’n superheld te wees as God op jou knoppie druk
Jy hoef regtig nie spesiale kragte te hê om ’n superheld te wees nie. Doodgewone helde is steeds die wêreld vol. Dit is daardie pa, wat in Natal se see duik en sy kind red, maar wat ongelukkig self verdrink. Dit is die vrou in Centurion, wat ’n hulpsentrum vir mishandelde vroue begin, nadat sy vroeër self vir dood agtergelaat is na gesinsgeweld. Dit is een seun, wat plaasaanvallers se koeëls vat om sy ouers se lewens te red. Dit is die taxibestuurder, wat langs die pad stop o
Stephan Joubert
Nov 3, 2022


ESKOM bring nie die lig nie
Suid-Afrika is vanaf Januarie 2022 tot en met die begin van Oktober reeds met 1 949 ure beurtkrag, wat oor 81 dae gestrek het, lamgelê. Dit is skrikwekkend en mense is nie net kwaad nie, maar ook doodsbenoud – die voorspelling vir 2023 lyk selfs erger en permanente donkerte lyk nou nie meer so onwaarskynlik nie.
Liezel Lüneburg
Nov 1, 2022


Nog meer goeie nuus, asseblief
“Julle moet meer teen sonde preek,” sê iemand in die publiek. “Vandag se jongmense het nie meer ’n sondebesef nie. Dit moet weer by hulle ingedril word.” Iemand anders antwoord toe: “Ek dink ons moet nog meer oor Christus preek!” “Nee, dit is omdat die kerk sag geword het op sonde dat dit so sleg gaan,” kom die reaksie. Terwyl ’n leraar my vertel van hierdie gesprek, wat hy iewers in die publiek beleef het, wonder ek hoekom meen sommiges dat nog meer klem op sonde en op alles
Stephan Joubert
Oct 31, 2022


Bou reg
“Hoe kan ek oorleef as Eskom die kragtariewe verhoog, as inflasie buite beheer styg en as kos onbetaalbaar duur word?” wonder jy. Voel jy ook dat die skerp kante van die lewe ses - stroop daar op jou eie voorstoep wen? Nou ja, dit hang natuurlik af van watter meetinstrumente jy gebruik om jou eie geluk of ongeluk mee te meet. As dit net met al daardie lang Y-dinge te make het – wat jy ry, waar jy bly en wat jy elke maand in geldterme kry - dan gaan jy bes moontlik met ‘n paar
Stephan Joubert
Oct 28, 2022


‘n Skild van geloof en ‘n Coke blikkie
My “skild van geloof” (Efesiërs 6:16) het onlangs dringend onderhoud nodig gehad. Moedeloos gesukkel met dringende dokumentasie, wat ek...
Alet Gardner
Oct 28, 2022
bottom of page
