top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Mense is ook veilige hawens
Skepe het hawens nodig. Hier moet nuwe voorrade en passasiers aan boord geneem word. Hier moet herstelwerk gedoen word. Hier moet geskuil word, wanneer gevaarlike storms woed. Dieselfde geld vir onsself. Ons almal benodig hawens, waar ons veilig kan wees en waar noodsaaklike geestelike herstelwerk aan ons gedoen kan word. Ons almal kort ’n skuilplek, wanneer die stormwinde dreig om ons van koers af te waai. Waar is sulke hawens te vind? Vir seker by die Here. Hy is ons skuilp
Stephan Joubert
Apr 28, 2022


Is God toksies vir die samelewing?
“God is not great” is die titel, wat die beroemde ateïs, Christopher Hitchens, sy bekende boek gegee het. Hierdie woorde sinspeel...
Roedolf Botha
Apr 26, 2022


Jesus mors nie met woorde nie
In my kinderdae het dominees togas gedra, wanneer hulle preek. In sommige kerke het hulle ook ’n seremoniële lappie, bekend as ’n beffie, om hul nekke gedra. Toe iemand een keer vir ’n leraar vra hoekom hulle dit om hul nek dra, het hy droogweg opgemerk dat dit eintlik ’n servet is, “want ons is morsig met ons woorde!” Ongelukkig doen baie mense dit vandag nog - ek bedoel hulle mors met woorde. Hulle glo daardie persepsie: “Langer is beter!” Langer navorsing, langer nadenke,
Stephan Joubert
Apr 25, 2022


Ligloop vir selfsugtige kerkwees
Kerkwees gaan nie oor myself nie, nie eens amper nie. Dit gaan oor Christus en ander. Om my wil op ander mense af te dwing om soos ek te dink of presies soos ek die Here te dien, is om God se genadepad te versteur. Dis om geestelike geraas te maak. Terloops, ‘n mens noem dit selfsug!
Stephan Joubert
Apr 22, 2022


My uitkenningslied voor die Here
Die skryfster, Maria Popova, vertel hoe haar familie gedurende haar kinderjare ’n melodieuse uitkenningsteken vir mekaar gehad het. Wanneer een van hulle in ’n groot skare verlore geraak het, moes hulle net hierdie uitkenningsteken hardop fluit. Dan het ander familielede dadelik geweet waar hulle is. Sy sê haar pa se uitkenningsteken was die Beatles se “Yellow submarine.” Hierdie kenwysie het later verander in meer as ‘n uitkenningslied. Dit het verander in haar ouers se iden
Stephan Joubert
Apr 21, 2022


Spandeer tyd by God
“Think of a human friendship: How do we grow closer to someone on a human level? The most important way is by spending time with them –...
Elmarie van der Westhuizen
Apr 20, 2022


Van swaarkry na vreugde
Soms loop die lewe vreemde draaie. ‘n Mens verstaan nie altyd hoekom nie. Die enigste ding waarvan ek seker kan wees, is dat Jesus Christus my redder is. Wanneer jy voor ‘n geliefde se siekbed staan, worstel jy soms met moeilike vrae. Hierdie vrae het nie noodwendig antwoorde nie. Ek het tot die slotsom gekom dat ek dit nie moet vra nie. Hierdie gewaarwording het toe vir my vrede gegee. Wat help dit ek vra vrae wat nie antwoorde het nie? Dit veroorsaak net meer vrae en bring
Marietjie Joubert
Apr 19, 2022


Vreugde wen, want Jesus wen
Johannes 20:1-18 vertel vir ons van Jesus se eerste gesprek kort nadat Hy die dood gefnuik het. Dit gebeur vroeg daardie Sondag, wanneer Maria Magdalena by die graf opdaag. Sy hoor Iemand agter haar. Dit is Jesus. Haar eie hartseer veroorsaak egter dat sy Hom nie herken nie. Sy verwar Hom met die plaaslike tuinier. Fout, groot fout! “Waar is Jesus se liggaam?” vra sy vol droefheid. Toe spreek Jesus haar reguit op haar naam aan: “Maria!” Net dit. Dit ruk haar tot stilstand. Di
Stephan Joubert
Apr 18, 2022


Godsdienstige kontroleurs moet uit die pad staan
Paulus se woorde in 1 Korintiërs 14 oor die gawes word dikwels verkeerd gebruik om alle vorme van spontaniteit in die kerk aan bande te lê. Een of ander diepgewortelde behoefte aan kerklike beheer verander geestelike leiers op te veel plekke in geestelike polisiemanne, wat eksklusief wil besluit wie’s in en wie’s uit en wat’s reg en verkeerd. Nou ja, natuurlik moet sonde by die kerklike hekke gestuit word, soos wat Paulus in Handelinge 20 vra. Maar dit gebeur altyd by wyse va
Stephan Joubert
Apr 15, 2022


Een keer was ’n doodloopstraat die regte straat
Om op te eindig in ’n doodloopstraat, beteken jy het iewers verkeerd gery. Doodloopstrate is die verkeerde bestemming, as jy op pad is na ’n ander plek toe. Dit lyk of so-iets met Jesus in Jerusalem gedurende Paastydgebeur. Hy beland daar in ’n doodloopstraat, letterlik! ’n Houtkruis versper Sy pad daar.
Stephan Joubert
Apr 14, 2022


My woorde: bou ek op of breek ek af?
Kleintyd het ons graag in ‘n maatjie se autograph-boekie geskryf: Sticks and stones may break my bones but words can never hurt me. So...
Alet Gardner
Apr 13, 2022


Goeie gewoontes is ... wel, goed!
Eugene Peterson het altyd gesê dat God Homself primêr deur middel van drie agente openbaar, naamlik die skepping, die geskiedenis en...
Roedolf Botha
Apr 12, 2022


Die vreemde kroning van die Koning
Die lewe kan onverwags buite beheer raak. Nou die dag nog het ons gehoor van Russiese militêre oefeninge naby die grens van Oekraïne. Toe ontaard dit eensklaps in ’n bloedige, volskaalse oorlog. Net so het dinge ook eensklaps een Vrydagoggend buite beheer in Jerusalem geraak. Dit was daardie oggend toe Jesus aan die Romeinse goewerneur, Pilatus, uitgelewer is. Skielik wou al wat ’n mens is bloed sien - Jesus s’n! Die Paasfees, waarvoor al die pelgrims in daardie tyd in Jerusa
Stephan Joubert
Apr 11, 2022


Ander se voordeel is die enigste wagwoord
Die man, wat sekerlik die diepste geestelike ervarings van almal daar in die Korintiërgemeente gehad het, naamlik Paulus self, doen die verstommende deur sy eie ervarings met die Here nooit as bewys vir sy eie geestelike volwassenheid te gebruik nie. Dis juis oor hierdie punt dat die apostel en sy gemeente gedurig haaks was. Want hulle het gedurig bewyse van sy geestelike diepte in sy ervarings met die Here gesoek, soos wat Paulus later in 2 Korintiërs 10-13 vertel. Maar Paul
Stephan Joubert
Apr 8, 2022


Loop jy nog saam wanneer dinge suid draai vir Jesus?
Kort voor Paasfees het Jesus drie keer vir Sy dissipels gesê dat Hy in Jerusalem doodgemaak gaan word. So lees ons in Markus 8:31, 9:31 en 10:33-34. Dit was ’n reuse skok vir hulle, soveel so dat Petrus Hom summier in Markus 8:32 verbied het om sulke dinge te sê. Maar hierdie pad was die roete wat die Messias enduit moes bewandel. Jesus was met ’n kruis op pad na ’n baie moeilike afspraak in die stad van Dawid.
Stephan Joubert
Apr 7, 2022
bottom of page
