top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Moenie dat woede jou skroefdraad beskadig nie
Skroefdraad word beskadig as ’n skroef of ’n bout skeef vasgedraai word. Ons almal het ook sulke skroefdraad rondom ons siel wat partykeer strip, soos wat die Engelse sou sê. Ek praat van al daardie onverwerkte, negatiewe emosies wat binne-in ons weggesteek is. Partykeer kom dit onverwags na die oppervlak as iemand ’n sarkastiese opmerking teenoor ons kwytraak.
Stephan Joubert
Dec 1


Hardkoppigheid is nie ’n deug nie
Jare gelede gaan kuier ek by ’n vriend in die hospitaal. Daar vertel hy my toe hoe die persoon in die bed langs hom pas op sy krukke buitekant toe gestrompel het om daar te gaan rook. Dit was kort nadat ’n deel van sy been afgesit is as gevolg van gangreen, wat veroorsaak is deur sy rookgewoontes. Daardie ou was dus letterlik besig om sy liggaam op te rook. Nogtans het hy hardkoppig hiermee volhard.
Stephan Joubert
Apr 6, 2023


Ons bou nie ons lewens in ‘n fabriek nie
Ons lewe is nie ’n produk wat iewers in ‘n fabriek op ‘n vervoerband aanmekaar gesit word nie. Ons ontwerp dit nie haarfyn op ‘n tekenbord, en daarna bou ons dit stelselmatig van hierdie plan af nie. Ons lewens speel af in die regte lewe. Ons het al baie kere beleef ons maak ons planne, maar dan gebeur daar onvoorsiene dinge op die lewenspad. Daarom weet ons dat ons met God moet rekening hou.
Stephan Joubert
Jun 1, 2020
bottom of page
