top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ek het oorgenoeg van alles wat saak maak
Wanneer laas het jy gehoor dat mense sê hulle het genoeg? Ek bedoel genoeg geld, genoeg kos, genoeg inkomste, genoeg klere, veiligheid, vriende, tyd, vakansie, geloof, besittings, geleenthede, kennis, vryheid, geluk, gesondheid ...? Elke keer wanneer die vraag van genoeg ter sprake is, het niemand genoeg nie. Mense kort altyd nog iets … net nog ’n bietjie meer geld … net nog ’n bietjie meer tyd … net nog ’n ekstra kans. Net nog iets.
Stephan Joubert
Sep 19, 2022


Hoe meer jy wil hê, hoe meer is jy ’n slagoffer van jou besittings
Prediker 5:9-14 deel agt lesse oor die goor gevolge van ‘n eindelose najaag van besittings. Nee, die Prediker is glad nie gekant teen geld of rykdom nie. Alles behalwe. Hyself was welvarend, maar hy weet hoe gevaarlik dit is wanneer geld ons baas word. Dan verander ons in lewenslange slawe hiervan.
Stephan Joubert
Jun 20, 2022


Hê minder, hê oorgenoeg!
Alexander die Grote, het op ‘n keer besoek afgelê by die filosoof Diogenes (412-323 vC). Hy het buite Korinte in ’n houtvat gebly. Alexander het gevra wat hy nodig het. Toe antwoord Diogenes: “Wat jy van my af weggevat het, kan jy nie weer teruggee nie.” Alexander het dadelik gevra wat hy bedoel. Hierop het Diogenes geantwoord: “Jy staan in my son.” Diogenes het kennelik min nodig gehad.
Stephan Joubert
Mar 24, 2022


Ek het méér as genoeg
Ek onthou hoe ‘n bekende Amerikaanse “celebrity” ‘n paar jare gelede iets gesê het, wat meer verstommend is as die “groot” uitdrukkings, waarvoor hy bekend geraak het, soos bv.: “I’ll be back.” Of daardie immergroene: “Hasta la vista, baby!” Ja, jy weet van wie ek praat. Dit is daardie kleurryke liggaamsbouer-akteur-politikus, Arnold Schwarzenegger. O ja, ek praat van die volgende opmerking wat hy kwyt geraak het, toe hy mense wou oortuig dat ekstra geld hulle nie gelukkiger
Stephan Joubert
Feb 8, 2021


As jy vir twee dinge moet bid…
Spreuke 30:7-9 bevat een van die min gebede in die boek Spreuke. Die Spreukeskrywer bid net vir twee dinge. Die eerste een is opregtheid. Hy weet God kan leuens en onwaarhede nie uitstaan nie. Of valsheid nie. Tweedens bid hy ook vir ’n doodgewone lewe- hy wil nie te arm of te ryk wees nie. Die rede: rykes steun graag op hulle rykdom. Hulle het niks of niemand nodig nie, ook nie vir God nie. Daarom verloën party van hulle die Here. Armes, daarteenoor, kry dikwels so swaar dat
Stephan Joubert
May 7, 2020


Daar’s nie genoeg plek in jou hart vir dubbele lojaliteite nie
Die wêreld waarbinne die Bybel ontstaan het was ’n wêreld propvol dooie gode en godinne. Dit was vir baie mense in daardie tyd vreemd om te moes hoor daar is net een ware God. Tog is dit nie net die reine waarheid nie; dit is ook bevrydend. Om ’n horde gode te moet dien is sieldodend. Letterlik! Jesus het gesê ons kan nie vir twee here tegelyk werk nie. Ons kan nie dubbele lojaliteite hê nie. Ons harte beskik nie regtig oor sulke kapasiteit nie.
Stephan Joubert
Apr 23, 2020


Dit gaan nie oor geld nie, dit gaan oor onsself
Vrygewigheid is die wagwoord vir enige Christen. Dit behoort spontaan, aanhoudend en maklik te gebeur. Toe nie! Suinigheid wen
Stephan Joubert
Feb 20, 2020
bottom of page
