top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Hemelse lig in my lewe
‘n Paar dekades gelede kon ek, soos menige pasverloofde jong vrou, my verlustig in die talle klein liggies, wat die ring aan my vinger teen die oppervlaktes om my kon sprinkel. Die skoonheid van hierdie weerkaatste sonlig was vir my ‘n bewys van die wonder van sonlig, wat ek so maklik daagliks as vanselfsprekend aanvaar.
Alet Gardner
May 21


Wees die Here se lig, al word jy nie waardeer nie
“Omring jouself net met mense wat jou waardeer. Maak daardie mense jou vriende wat aan jou die nodige erkenning gee wat jy verdien.” Hierdie
Stephan Joubert
Mar 24


Leef vanjaar bitter lekker
“Bitter” is ’n gewilde woord. Of moet ek eerder sê: dit is ’n bitter gewilde woord. Dit gee eensklaps uitdrukking aan mense se seer en swaar
Stephan Joubert
Jan 20


Kersfeesliggies – Christus-lig
Kersfeesliggies is baie belangrik hier in die Noordelike halfrond, waar die wintersaande lank (en koud) kan wees. Dit was dus hartseer nuus
Alet Gardner
Dec 20, 2023


Gee jou lewe lig, Jesus S’n
“Die kamera is altyd op ons,” sê sy. “Hoe bedoel jy?” vra ek. “Ander mense se oog is altyd op ons.” Net so. Ek kon nie anders as om met haar saam te stem nie. Mense kyk mekaar gedurig uit. Of ons nou ry in die verkeerry en of ons iewers in ‘n tou staan - ander sien heeltyd raak wat ons doen. Ons is gedurig in mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself ook nie aan elke liewe kyk te steur nie, anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Jun 15, 2023


Wanneer die feestyd verby is…
Ek dink die meeste mense geniet die feestyd. Luilekker kuiers saam met vriende en familie, rustigheid by die see of in die Bosveld, geen wek
Helena Smith
Feb 7, 2023


ESKOM bring nie die lig nie
Suid-Afrika is vanaf Januarie 2022 tot en met die begin van Oktober reeds met 1 949 ure beurtkrag, wat oor 81 dae gestrek het, lamgelê. Dit is skrikwekkend en mense is nie net kwaad nie, maar ook doodsbenoud – die voorspelling vir 2023 lyk selfs erger en permanente donkerte lyk nou nie meer so onwaarskynlik nie.
Liezel Lüneburg
Nov 1, 2022


Grassny kan ‘n ligskyngebeure word
Een van die belangrikste dinge, wat die Gees in ons doen, is om ons diensbaar te maak. Hy gebruik ons as effektiewe spreekbuise vir Jesus in die klein dingetjies en in die oënskynlike toevallighede van ons daaglikse lewe. Nou die dag vertel iemand dat haar man vanweë werksdruk vir twee weke nie die gras gesny het nie. Toe sy sien iemand sny die nuwe bure se gras, het sy oorgestap en vir die “tuinhulp” gevra of hy ook hulle gras sal kom sny. Hy het ingewillig.
Stephan Joubert
Oct 14, 2022


Die Here los die ligte aan
“Ons los die ligte aan vir jou.” Onlangs het ek ‘n kolom, wat ek behartig in die Beeld, vertel hoe my ouers graag hierdie woord vir my gesê het as ek in die aand uitgegaan het. Trouens, dit was ’n normale opmerking in my ouerhuis. Hulle het dit ook gedoen. Elke slag wanneer ek tuis gekom het, was die ligte aan. Later het my vrou en ek dit ook spontaan vir ons kinders gesê en dit gedoen. My vrou sê dit nou nog vir my as ek in die aande iewers moet gaan praat.
Stephan Joubert
Sep 5, 2022


Een van Jesus se lewende tekste
In haar boek: “Oranges are not the only fruit” skryf Jeanette Winterson: “The trick is to turn your own life into something that has meaning for people whose experience is nothing like your own.” So moet ons as navolgers van die Here vir Hom leef. Ons lewe moet ’n leesbare verhaal wees in die teenwoordigheid van mense, wat dieselfde én anders as onsself leef en glo. So by so is ons elkeen se lewe ’n oop boek. Ander mense lees ons gedurig. En ons lees hulle. Van ons kant af mo
Stephan Joubert
May 17, 2021


God kyk ons raak
Ander mense se oë is altyd op ons. Of ons in ‘n tou staan by die winkel en of ons in ‘n geselskap sit - ander sien raak wat ons sê en doen. Ons is altyd binne mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself darem ook nie aan elke liewe kyk te steur nie. As party mense ons uitkyk, of as hulle ons op en af kyk, of as hulle ons middeldeur kyk, of as hulle stukkend kyk, is dit nie nodig om eindelose stres hieroor te hê nie. Anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Apr 26, 2021
bottom of page