top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Onskuldig! Ja, jy!
Hofsake gaan uiteindelik oor die vraag: Skuldig of onskuldig? Ook in die hemelse regsaal is dit die finale vraag. Ons almal sal hierdie vraag eendag moet aanhoor as ons voor God staan. Wel, hier’s slegte nuus: Niemand, wat hulle eie saak voor God op daardie dag behartig, gaan dit maak nie. Niémand nie! Ons almal is skuldig. “Guilty as charged,"sê Paulus in Romeine 3:1-20. Ons oortredings is hemelhoog opgestapel as getuienis teen ons. Nie een van ons doen genoeg goeie dinge om
Stephan Joubert
Jun 13


Red die wêreld
Geloof is nie privaatsake nie. Alles behalwe. Dis publiek. Nog meer, ons geloof moet ook aktivisties raak, wanneer God se mooi skepping link
Stephan Joubert
Apr 5, 2024


Anderkant donker Vrydag wag ’n groot Sondag
Baie predikers gebruik op Goeie Vrydag die woorde: It’s only Friday, but Sunday’s coming. Mag ek ook hierdie refrein gebruik, terwyl ons van
Stephan Joubert
Mar 25, 2024


Dit gaan nooit verby nie
2 Korintiërs 3 is verruklik mooi! Dit bruis van opwinding oor die Gees se nuwe werke, soos dat Paulus se bediening Moses s’n vervang het en
Stephan Joubert
Jun 23, 2023


Die oordeel is af
Wat ‘n fenomenale God dien ons nie! Tog het Hy gekies om Hom nie as ‘n komplekse God van wetenskaplike teorieë, syfers, dogmas of intellektu
Stephan Joubert
Apr 21, 2023


Die regte keuse is nie die maklike keuse nie
Nadav Ben-Yehuda was 300 meter van die kruin van Everest af, toe hy afkom op ’n Turk, Aydin Irmak, wat bewusteloos was. Nadav was egter op die punt om die jongste Israeli te word om die kruin te bereik, maar toe maak hy die keuse om eerder vir Irmak te help. Hy het geweet dat as hy dit nie doen nie, sou Irmak sterf. Onder uiters moeilike omstandighede het Nadav hom toe teen die berg afgedra. Hierdie terugtog het meer as nege uur geduur. Nadav het groot skade aan sy vingers op
Stephan Joubert
Sep 29, 2022


Jesus verloor alles om te wen
Tussen die jare 1904 -1906 was Ossip Bernstein die negende beste skaakspeler ter wêreld. In 1918 is hy in Moskou gearresteer, omdat hy geldelike advies aan vyande van die staat verskaf het. Toe is hy ter dood veroordeel. Die dag voor Bernstein se teregstelling het ’n senior offisier hom in die tronk herken. Hy het vir Bernstein tot ’n skaakwedstryd uitgedaag, met die belofte dat sy lewe gespaar sou word, indien hy sou wen. Bernstein het dit maklik reggekry. Sy lewe is gespaar
Stephan Joubert
Sep 8, 2022


Meld aan en help dat lewens gered word
Volodymyr Zelensky, die leier van die Oekraïne, is gevra hoe sou hy ’n oorwinning beskryf in die skrikwekkende oorlog met Rusland. Toe antwoord hy: “Victory is being able to save as many lives as possible.” Tot soveel as 10 miljoen van sy land se mense het reeds gevlug volgens sommige skattings. Hulle stede is aan flarde geskiet. Hulle huise is verwoes. Vroue en kinders slaap in openbare sale in buurlande terwyl hulle
Stephan Joubert
Jul 21, 2022


Doen die hiernoumaals reg, dan is die hiernamaals vanself uitgesorteer
Die hemel en hoe om daar te kom, is vir party mense die somtotaal van die Bybelse boodskap. Dit gaan vir hulle eintlik net oor die hiernamaals. Die hiernoumaals, waar ons tans leef, is blykbaar nie so belangrik nie. Hierdie fout sluip in, omdat hulle die Nuwe Testament se groot klem op Jesus as die Here miskyk. Al wat baie mense eintlik oor Jesus leer, is dat Hy die Verlosser is wat moet sorg dat mense eendag in die hemel kom. Goddank, Jesus doen dit ook, maar Hy is heel eers
Stephan Joubert
Jun 23, 2022


Staan in die Wind, die regte Een
Pinksterdag was glad nie windstil nie. Alles behalwe. Op daardie dag het die Heilige Gees se magtige wind teen stormsterkte in Jerusalem begin waai. Hierdie wind het al die gelowiges, wat daar bymekaar was, getref, soos wat Handelinge 2 vertel. Dadelik het hierdie groepie mense, wat deur die Gees se wind en vuur vervul is, vreesloos oor God se groot dade begin praat. Hulle eie tonge het in ’n oogwink losgeraak. Hemelse krag, daardie soort waaroor die Ou Testamentiese profete
Stephan Joubert
May 26, 2022


Die vreemde kroning van die Koning
Die lewe kan onverwags buite beheer raak. Nou die dag nog het ons gehoor van Russiese militêre oefeninge naby die grens van Oekraïne. Toe ontaard dit eensklaps in ’n bloedige, volskaalse oorlog. Net so het dinge ook eensklaps een Vrydagoggend buite beheer in Jerusalem geraak. Dit was daardie oggend toe Jesus aan die Romeinse goewerneur, Pilatus, uitgelewer is. Skielik wou al wat ’n mens is bloed sien - Jesus s’n! Die Paasfees, waarvoor al die pelgrims in daardie tyd in Jerusa
Stephan Joubert
Apr 11, 2022


Is jy betyds?
In sy nuutste Heilige Gees artikel vra Stephan Joubert of jy betyds is vir God se groot planne van vandag?
Stephan Joubert
Apr 16, 2021


Verandering is permanent
Na Paulus se tragiese beskrywing van sommige Christene se gedrag jeens mekaar in 1 Korintiërs 6:1-8, vertel hy hoe God in ons almal, wat gewas is in die bloed van die Lam, se lewens kom ingryp het. Nou is ons van ons tone tot by ons krone oorgemaak, nuutgemaak, gekoop, afgesonder en eenkant gesit vir die Here. Nou het die Gees ons kom verander tot die permanente uitstalvenster van die Here se genadegawes. Nou is ons anders, nuut, vars!
Stephan Joubert
Mar 19, 2021


Gekoop!
Paulus gebruik ‘n aantal aangrypende beelde oor Jesus en die Gees se werk in 1 Korinthiërs 6:18 - 20. Hy sê eerstens in vers 20 dat ons gekooptes is. Ons behoort nie langer aan onsself nie. Dis presies wat dit beteken as jy iets vir jouself gekoop het, nie waar nie? Dan is daardie item die eiendom van jouself as die nuwe eienaar. Nou ja, Jesus het ons op ‘n dag op die markplein van die sonde raakgeloop, toe ons bankrot in ons eie sondes daar uitgehang het. Toe het Hy ons met
Stephan Joubert
Jan 1, 2021


Hy sorg dat dit werk
As mens so rondom jou kyk en sien hoedat kerke by die dag kwyn, dan wil jy vra: “Waar gaan dit alles heen?” En dan wonder jy dalk ook in jou hart hoe jyself sal staande bly tot op die einde? Maar die goeie nuus is dat God nooit die werke van sy hande laat los nie. Hyself bring mense tot geloof en Hyself bly enduit deur sy Gees by ons elkeen. In Filippense 1:6 skryf Paulus op ‘n treffende manier dat God die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit sal deurvoer tot op die dag
Stephan Joubert
Aug 21, 2020
bottom of page