top of page

Die onpopulêrste boodskap ooit: Word ‘n voetewasser

  • Alet Gardner
  • 8 hours ago
  • 2 min read

Dis ‘n ongelooflike eer as iemand voor my kom kniel om as ‘n teken van respek / waardering my voete te was, maar ook onbeskryflik “humbling”. Om egter die kniel- en waswerk te doen, is nie so eenvoudig nie. Veral nie wanneer die een wie se voete gewas moet word, beslis geen eerbetoon verdien nie. My huweliksmaat, wat my gedurig kritiseer en verkleineer, my tienerkind, wat my sonder respek behandel, my pa / ma wat my nooit gewys het wat liefde is nie, moontlik ‘n vriend of kennis, wat my bitterlik teleurgestel het.  


Jesus Christus, die seun van God, is hierin my voorbeeld en inspirasie. Hy het geweet dat Sy dissipels se voete waarskynlik nie te skoon was nie, dat hulle Hom binnekort sou verlaat, en dat Judas Hom sou verraai. Hy het nogtans opgestaan, Sy oorkleed (Sy waardigheid) uitgetrek en die nederige voorskoot van ‘n dienskneg om Hom gebind. Daarna het Hy Judas se voete saam met dié van Sy ander dissipels gewas. Hiermee het Hy Sy groot liefde bewys en ook Sy dissipels aangemoedig om hierdie selfde gesindheid van liefdevolle diensbaarheid aan die dag te lê, sonder om erkenning daarvoor te verwag,  


Maar enige omgeedaad, wat ek met nederigheid en respek aan ‘n ander bewys, sou ook as die ekwivalent daarvan gesien kon word. Om eenvoudig net onvoorwaardelike liefde te bewys en daardeur vergifnis te impliseer, het Susan gereeld haar man se seer rug masseer, terwyl hy nog in ‘n buite-egtelike verhouding betrokke was. Sonder om erkenning daarvoor te verwag. Hierdie “voetewas” mag net nie deur manipulasie gedryf word nie. Dit moet ‘n manier wees waarop Jesus se onvoorwaardelike liefde gedemonstreer word. Hy is die Een wat op Sy tyd vrug op hierdie liefdesoffer gee.  


“Selfs Ek, die Seun van die mens, het nie gekom sodat almal My moet bedien nie. Ek het gekom om ander te dien. Daarom het Ek my lewe gegee sodat baie mense daardeur weer God se eiendom kan word.”

  • Markus 10:45 DB



“The things Jesus did were the most menial of everyday tasks, and this is an indication that it takes all of God’s power in me to accomplish even the most common tasks in His way. Can I use a towel as He did? Towels, dishes, sandals, and all the other ordinary things in our lives reveal what we are made of more quickly than anything else.” – Oswald Chambers


Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page