Gratis Digitale Learning Community: Woensdag, 19 November 2025, 10h00

eKerk nooi jou uit na ons gratis Digitale 'Learning Community' op Woensdag 19 November 2025. Hierdie geleentheid word as ‘n vooraf-opgeneemde video aangebied. Jy kan die opnames kyk op 'n tyd wat vir jou werk tussen 19 November om 10:00 en 26 November om 10:00, waarna dit nie meer beskikbaar sal wees nie.
​
* VBO punte is slegs beskikbaar indien daar regstreeks saam gekyk word, 19 November van 10:00 - 12:30.
Ons program & sprekers sluit in:
Kunsmatige intelligensie, onsekerheid, oorlog, verdeeldheid...so klink Millennium Drie. Ons wêreld het die Millennium Drie binnegestap. Kerk gebeur ook hier. Hoe doen ons kerk relevant en aktueel? Hoe doen ons dit op die Jesus-manier? ’n Nuwe tyd waar kerkwees nie meer net in geboue en instellings vasgevang is nie, maar ook in digitale ruimtes, globale netwerke en vloeibare identiteite. Hoe lei ons die kerk in só ’n wêreld? Hoe leef ons geloof relevant en karaktervol te midde van hierdie veranderinge?
​
Ons hoofspreker by hierdie gratis aanlyn Learning Community op 19 November is die wêreldbekende skrywer, teoloog en toekomskenner, prof. Leonard Sweet. Saam met hom en die ander sprekers val die klem op eietydse kerkwees op die Jesus-manier.
As jy ’n leraar of leier is wat jou gemeente se pad in Millennium Drie wil help herbereken, registreer gerus en word deel van die gesprek.
01: Prof Stephan Joubert
10:00 – 10:30 Nie asketies nie maar esteties: Ek is deel van Jesus se relevante Verhaal.
Stephan Joubert herinner ons daaraan dat kerkwees nie ’n bysaak is in Millennium 3 nie, maar ’n kerndeel van ons roeping en identiteit. Hy wys hoe ons geloof nie vasgekeer hoef te wees in droogheid of askese nie, maar in die estetiese skoonheid en relevansie van Jesus se lewende verhaal. Met insig en passie wys hy hoe ons geloofspraktyke sinvol, aantreklik en lewensveranderend kan wees in ons tyd.
03: Dr Roedolf Botha
11:10 – 11:40 God se Woord in mensetaal
Hoe kan ons vandag die evangelie só kommunikeer dat mense dit werklik hoor, verstaan en beleef? Roedolf Botha wys hoe belangrik dit is om God se Woord in mensetaal oor te dra – eenvoudig, duidelik en relevant. Hy gebruik praktiese voorbeelde om te wys hoe ons die beginsels van goeie kommunikasie kan toepas, sodat die evangelie mense se harte en lewens raak in hulle alledaagse konteks.
02: Dr Pierre Engelbrecht
10:35 – 11:05 Pin Drops vir Millennium 3 Kerkwees: Jakobus se roetekaart vir geestelike leiers
Pierre Engelbrecht neem Jakobus se brief as ’n praktiese roetekaart vir geestelike leiers wat die uitdagings van Millennium 3 moet navigeer. Hy wys hoe leiers padwysers en rigting kan gee te midde van komplekse tye. Met helder voorbeelde laat hy sien hoe Jakobus se wysheid vandag steeds ’n betroubare gids is om geloofsgemeenskappe op koers te hou en om hoopvol te leef.
04: Prof Len Sweet
11:45 – 12:30 A Brave New Third Millennium--The Courage to Live Between Awe and Alarm, Wonder and Warning
Len Sweet skets hoe geloof lyk wat in die spanning van Millennium 3 leef – tussen ontsag en onrus, verwondering en waarskuwing. Hy roep ons op tot ’n geloofsbelydenis wat nie net woorde is nie, maar ’n lewensstyl van “lewe-doen”. Met sy kenmerkende kreatiwiteit wys hy hoe ons moed kan hê om Christus radikaal te volg in ’n wêreld vol nuwe uitdagings en geleenthede.

NG leraars kan VBO-punte ontvang
In samewerking met Excelsus sal hierdie leergeleentheid VBO-punte* toeken.
Indien jy vir VBO-punte kwalifiseer, sal Excelsus dit ná afloop aan jou aanlyn profiel koppel.
​
* VBO punte is slegs beskikbaar indien daar regstreeks saam gekyk word, 19 November van 10:00 - 12:30.


