Gratis Digitale Learning Community: Woensdag, 24 Junie 2026, 10h00

eKerk nooi jou uit na ons gratis Digitale 'Learning Community' op Woensdag 24 Junie 2026. Hierdie geleentheid word as ‘n vooraf-opgeneemde video aangebied. Jy kan die opnames kyk op 'n tyd wat vir jou werk tussen 24 Junie om 10:00 en 1 Julie om 10:00, waarna dit nie meer beskikbaar sal wees nie.
​
* VBO punte is slegs beskikbaar indien daar regstreeks saam gekyk word, 24 Junie van 10:00 - 12:30.
Ons program & sprekers sluit in:
Wat beteken dit om só te leef en te lei dat ander mense moed kry, nuwe moontlikhede raaksien en self begin groei? In hierdie Learning Community dink ons saam oor inspirerende leierskap wat nie net op groot oomblikke staatmaak nie, maar in gewone geloof, integriteit, verbeelding, deelname en menslikheid gestalte kry. Ons gesels oor leierskap wat mense help sien, beweeg en word: mense wat die wêreld rondom hulle anders leer bewoon omdat iemand hulle op ’n dieper manier geïnspireer het.
01: Ds Michelle van Tonder
10:00 – 10:20 Doodgewone integriteit as die hart van buitengewone inspirasie
03: Dr Pierre Engelbrecht
10:50 – 11:20
Leer uit God se môre: Paulus se leierskapspraktyk in Romeine 8
05: Prof Stephan Joubert
11:25 – 12:15 Inspirerende leiers tap self uit die Bron van inspirasie
02: Dr Johan Beukes
10:20 – 10:50
Seldsame leiers inspireer wanneer hulle saam deel word van ongewone oplossings
04: Dr Tom Smith
11:20 – 11:25
Leiers in die gewone: om te speel en lag

NG leraars kan VBO-punte ontvang
In samewerking met Excelsus sal hierdie leergeleentheid VBO-punte* toeken.
Indien jy vir VBO-punte kwalifiseer, sal Excelsus dit ná afloop aan jou aanlyn profiel koppel.
​
* VBO punte is slegs beskikbaar indien daar regstreeks saam gekyk word, 19 November van 10:00 - 12:30.


