top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Weerspreek God Homself?
Kan God iets totaal anders sê as wat Hy in die Bybel sê? Kan Hy Homself weerspreek? Ek vra dit vir myself af as ek sien hoe dikwels Hy buite verband aangehaal word. Sommiges hou daarvan om slegs een frase of een vers in die Bybel uit die oorspronklike konteks te verwyder en dit dan te hergebruik, soos wat dit hulle pas. Dit gebeur gereeld met tekste, soos Jeremia 29:11, Romeine 8:28 en baie ander. Toe ek dit een keer gewaag het om vir iemand te sê hy haal ‘n Bybelvers totaal
Stephan Joubert
Jun 2


Moenie die Bybel gebruik soos wat jy wil nie
Mense se eindelose vermoë om elke denkbare kolletjie in die lewe te verbind, net soos wat hulle wil, om antwoorde te kry, is stokoud. Dit is
Stephan Joubert
Jul 11, 2024


Dis tyd om te dink
Ek onthou toe ek nog ‘n kind was, was daar ‘n program op die TV, genaamd Beste Professor. Dit het gehandel oor ‘n universiteitsprofessor, wa
Roedolf Botha
Jan 16, 2024


Ons onkunde oor God is dalk ons blinde kol
Wanneer die woord “sonde” opduik, dink mense gewoonlik aan morele oortredings. Immoraliteit, diefstal, dronkenskap en sulke dinge is dadelik
Stephan Joubert
Sep 11, 2023


Dink reg, anders is jy weg
Jy hoef regtig nie Einstein se brein te hê om te weet hierdie jaar is uitdagend nie. Om steeds koersvas te volhard hier in Septembermaand, b
Stephan Joubert
Sep 4, 2023


Van kennis tot begrip
Kennis en feite verander nie noodwendig mense se lewens nie. Vra maar vir kerklikes, wat week na week in kerke met hope inligting gebombardeer word. Daar’s weekliks ‘n stapel nuwe kerklike afkondigings, nog ‘n preek of twee om te verteer, die kinders se nuwe lesse in die kategeseklas en noem maar op. Help dit? Ek’s nie heeltemal so seker nie. Blote inligting is wel ... presies net dit - inligting! Eers wanneer harde feite met insig vervang word, dan vind egte geestelike leer
Stephan Joubert
Jul 29, 2022


Nie net woorde nie
Ons leef in ‘n wêreld van informasie-oorlading. Kan jy glo dat ‘n naweekuitgawe van die bekende New York Times meer inligting bevat as wat ‘n gemiddelde persoon tydens sy of haar ganse leeftyd in die sewentiende eeu moes baasraak. Daagliks word daar meer as vyf biljoen SMS’e rondgestuur, sewe miljoen webblaaie tot die internet toegevoeg, 500,000 virtuele “blogs” op MySpace bygevoeg en noem maar op. Inligting oorspoel ons van alle kante en dit lê ons lam. So bevind navorsers.
Stephan Joubert
Jul 22, 2022


Wat ‘n wonderlike reënboog van genade!
Wanneer die Here my vrymaak sodat my aandag onselfsugtig begin wegskuif na ander mense toe, dan ontdek ek ‘n splinternuwe wêreld. Dan loop ek in God se reënboog van genade vas, as ek sien hoe Hy mense met unieke gawes oorlaai. Dan sien ek hoe Hy aan een gelowige ‘n besondere gawe van wysheid gee om op die regte tyd die regte ding te sê. Of hoe die Gees aan iemand anders die vermoë gee om die regte insig in God se wil te hê. Ook sien ek midde in Sy genadereënboog mense, wat di
Stephan Joubert
Oct 1, 2021


Kyk die gawes van die Gees reguit in die oë
Daar is geen teenvoeter vir ‘n deeglike kennis van God se Woord nie. Om sinvol oor die Gees se gawes te praat en dit reg in jou eie lewe aan te wend, is dit noodsaaklik dat jy op hoogte moet wees met wat die Bybel hieroor sê. Daarom moet jy die volgende Bybeltekste asseblief deeglik gaan deurlees: 1 Petrus 4:6 - 8, Romeine 12:7 - 8; 1 Korintiërs 12:28 - 31; Efesiërs 4:11, en 1 Petrus 4:6 - 8. Hierdie is die vier vernaamste teksgedeeltes in die Bybel oor die gawes van die Gees
Stephan Joubert
Aug 20, 2021


“Die oom bid my hamburger koud”
“Pappa, die oom bid my hamburger koud!” Dit was een dogtertjie se woorde tydens ’n lewenslange gebed van een van die grootmense net voor ’n ete. Toe was daar omtrent konsternasie. Van sulke lang gebede gepraat - ek onthou hoedat die bekende prediker, D. L. Moody, een keer ‘n lewenslange bidder onderbreek het. Aan die einde van een van sy dienste het iemand in die gehoor opgestaan en baie lank gebid. Later het Moody toe opgestaan en vir die ander mense gesê dat, terwyl hierdie
Stephan Joubert
Jun 21, 2021


Word wyser. Doen dit op die Here se manier
Wysheid kom met die grysheid. So sê die ou spreekwoord. Spreuke 16:31 sê juis dat grys hare soos ’n kosbare kroon is vir mense wat weet hoe om reg te leef. Soms daag grysheid egter alleen op sonder al die nodige wysheid. Party mense word nie mooier ouer nie. Hulle raak sommer net omgesukkeld. Hulle is nukkerig en ongepoets. Hulle sê wat hulle wil, wanneer hulle wil. Hulle skryf venynige briewe in koerante. Hulle kritiseer alles en almal van vroeg tot laat. Sulke bitterheid ge
Stephan Joubert
Apr 19, 2021


Geen beter wêreld anderkant COVID-19, tensy…
Party buig. Ander dink dit is uitverkopery. Almal baklei met almal oor wie se lewens maak die meeste saak. O ja, en dan is daar ook nog die immer gewilde “vir of teen die president” gesprekke. Om nie van die Amerikaanse president te praat nie. Die temperatuur styg. Amper niemand hoor mekaar nie. So voel dit as jy na publieke media en sosiale media kyk. Nog erger: presies dieselfde tipe debatte herhaal net so tussen baie Christene. Oor en weer maak godsdienstiges mekaar af as
Stephan Joubert
Jul 27, 2020


Studente van die begin af
Een van die bekendste tekste oor die Gees se werk is Handelinge 2:42. Dit vertel van die radikale verandering wat die Gees te weeg gebring het in die Christelike gemeenskap in Jerusalem. Wat my veral aangryp van hierdie Geesvervulde gemeenskap, is dat hulle hulleself eerstens toewy aan die leer van die apostels. In gewone Afrikaans gesê, hulle het dadelik aangemeld as studente in die apostels se Bybelskool!
Stephan Joubert
May 22, 2020
bottom of page