top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Gesonde bewondering van mekaar is belangrik
Soms voel ek dat die fliekindustrie na Covid, nog nooit weer werklik uit die as opgestaan het nie. Dis maar ‘n persoonlike gevoel. Die een f
Roedolf Botha
May 21, 2024


Wat bind ons saam?
In die onlangse fliek, Big George Foreman, skuil daar verskeie interessante lewenslesse. Soos voorheen verduidelik handel die fliek oor die
Roedolf Botha
Oct 10, 2023


Hoeveel onse in jou pond?
“Hoeveel onse is daar in jou pond?” Dit is die vraag wat my ma gewoonlik vir my gevra het wanneer ek besluit het ons behoort iets te doen. My kinders verstaan nog minder van onse en ponde as ek, so hulle het die vraag vereenvoudig: “Wie almal?”
Siegfried Louw
Dec 13, 2022


Van selfopbou na mekaar-opbou
Daar’s niks mee verkeerd dat ek omsien na my eie geloofsopbou nie. Ek moet dit juis doen. Hier op die vlak van persoonlike geloofsopbou hoort die spreek-in-tale-gawe volgens Paulus tuis. Maar die fokus van die gawes van die Gees is nie ten eerste my eie geloofsopbou nie. Gawes gaan oor ander; dit gaan oor mekaar opbou. Profesie is daarom so belangrik.
Stephan Joubert
Mar 25, 2022


Swerm
Het jy al daardie eienaardige swerms spreeus gesien? Spreeus vorm soms spontane, vervormde swerms om hulle aanvallers te verwar. Dit is dan nie meer gewone swerms nie. Hierdie “murmurations of starlings” is asemrowend om te aanskou. Wetenskaplikes is steeds besig om die misterie van hierdie swerms te ontrafel.
Siegfried Louw
Mar 8, 2022


Elkeen is onmisbaar
In die wêreld is daar ‘n gewilde spreekwoord: Niemand is onmisbaar nie. Wel, dit geld nie volgens Paulus in Jesus se aardse liggaam nie. Hier is elke ledemaat onmisbaar. Net soos wat ‘n gesonde liggaam nie enige ledemate kan ontbeer nie, net so kan die kerk nie sonder elke lid behoorlik funksioneer nie. Maar ons het al so gewoond geraak aan ‘n siek kerk in die intensiewe eenheid met een of twee leraars, wat soos dwarrelwinde van vroeg tot laat rondhardloop en ‘n klein groepie
Stephan Joubert
Oct 29, 2021


‘n Verskeidenheid uit die hande van Een
1 Korintiërs 12:4 - 6 is aangrypend. Dit vertel in geen onduidelike taal nie dat die drie-enige God self aktief by die uitdeel van die gawes aan Sy kinders betrokke is. Kyk net: in vers 4 verwys Paulus na die een Gees, wat ‘n verskeidenheid van genadegawes uitdeel. In vers 5 hoor ons van een Here, wat verskillende dienste uitdeel, terwyl vers 6 weer vertel van verskillende werkinge, wat van een God afkomstig is. Het jy die patroon raakgesien? Dit gaan oor Een wat baie gee. Ee
Stephan Joubert
Sep 24, 2021


Toerusters
Die doel van geestelike leiers is nie om al die werk self te doen nie. Dit is nie daardie leiers, na wie Paulus in Efesiërs 4:11 verwys, se werk om almal se krisisse op te los nie, vir elke sieke te bid, mense heeltyd tuis te besoek, vergaderings te lei, basaars te reël en almal se vriend te wees nie. Nee, geestelike leiers is deur die Gees afgesonder om toerusters te wees. Hulle moet gelowiges toerus om elkeen hul eie bedienings vol te staan tot opbou van Christus se liggaam
Stephan Joubert
Sep 17, 2021


Baie geskenke vir baie mense
Wanneer die Here geskenke uitdeel, dan gee Hy nie klanksisteme, kerkgeboue, rekenaarskerms, elektroniese sangborde of musiekinstrumente aan die kerk nie. Nee, dan gee Hy lewende mense aan ander mense. Mense is die Gees se geskenke aan Sy kerk. Paulus noem hulle vervolgens in 1 Korintiërs 12:28 - 30 in volgorde van hulle impak: apostels, profete, leraars, wonderwerkers, genesers, helpers, ensovoorts. Nee, Paulus sê nie dat hierdie ‘n rangorde is, asof hierdie gawes tot statusv
Stephan Joubert
Sep 3, 2021


Verskeidenheid en eenheid
Die groot les wat Paulus vir ‘n verskeurde kerk in Korinte wil leer, is dat die liggaam van Christus hier op aarde, oftewel Sy kerk, soos wat ons dit noem, een is. Christus se kerk is ‘n organiese eenheid. Hier val die klem nie op elke afsonderlike ledemaat nie, maar op die liggaam as geheel. Daarom is dit elke ledemaat se funksie om die groter prentjie raak te sien en in diens te staan van die ganse liggaam. Tussen Christus se mense gaan dit nie oor elkeen se uniekheid, wat
Stephan Joubert
Aug 6, 2021


‘n Gemeente in die intensiewe eenheid
Daar het ’n vreemde ding in Korinte gebeur. ‘n Klompie snaakse liggame het skielik hul opwagting daar gemaak. Wat ‘n vreemde gesig was dit nie: ‘n spul oë op ‘n hoop; dan weer ‘n klomp neuse, ore, wysvingers - noem maar op. Die skokkendste van alles was dat hierdie vreemde lywe in die kerk te siene was. Wat was die rede hiervoor? Wel, sommige gemeentelede het begin dink hulle is die belangrikste. Daarom moes al die aandag op hulleself val - op al hulle indrukwekkende gawes en
Stephan Joubert
Jul 30, 2021


Jy moet jou naaste liefhê soos jouself
Die afgelope tyd het ek weer diep bewus geword van hierdie gebod. Hierdie is die grootste gebod! Soms dink ek dit gaan by die een oor in en dan sommer by die ander oor uit. Dit haak nêrens vas nie. Ons het nie velcro tussen die ore nie.
Marietjie Joubert
Mar 23, 2021


Kenmerke van gemeentes wat weer sal bou
Vir die afgelope paar maande doen gemeentes alles moontlik om waarskynlik die moeilikste seisoen in bediening te navigeer. Dit was beslis ‘n ingewikkelde tyd. Nou is dit tyd dat gemeentes weer moet bou.
Coen Slabber
Jan 27, 2021


Vriendskap
Ons leef in vreemde tye. Die Korona virus het ons lewens omgekeer. Ons worstel met verlange na baie dinge. Vir party is dit ‘n ou wyntjie of ‘n koue bier om die braaivleisvuur. Vir ander is dit die verlange na geliefdes, kinders of ouers. Een ding is egter gemeenskaplik. Ons verlang na ons vriende. In Eksodus 33 praat die Here met Moses. Hulle praat van aangesig tot aangesig soos vriende. Moses het nie die Here se gesig gesien nie. God het Moses egter so hoog aangeslaan as Sy
Marietjie Joubert
Aug 25, 2020


Geesvervulde gemeenskappe groei
Christus waarborg dat waar Hy deur sy Gees aan die werk is, daar groei sal plaasvind. Nee, nie in die eerste plek numeriese groei nie, maar groei in mense se verhouding met God. Om geestelike te groei, beteken om te vorder in jou liefde vir God en jou toewyding aan Hom. Dit beteken ook om te vorder in jou verhoudings met ander. Maar groei beteken ook dat nuwe mense gereeld tot inkeer kom, soos wat Handelinge 2:47 vertel.
Stephan Joubert
Jul 24, 2020


Almal deel in die fees
Almal is ingesluit. Christenskap is inklusief. Dit is nie net vir ‘n paar uitgesoektes bedoel nie. Nee, almal is in Jesuse se genade visier - jonk en oud, naby en ver, Jode en nie-Jode. Jesus sluit niemand uit nie. As die Gees kom, moet almal eenvoudig in sy feesvierings deel. Daarom dat die hele wêreld na die moeder van alle partytjies uitgenooi is. Daar is nog genoeg plek oor by hierdie feesmaal, soos wat Jesus in Lukas 14 vertel.
Stephan Joubert
May 8, 2020


Almal word vol
Die Gees is nie vir enkelinge bedoel nie, maar vir almal. Die Gees verdeel nie, maar verenig. Hy onderskei nie tussen Christene nie
Stephan Joubert
Mar 20, 2020


Een toegangspad
‘n Toeganspad is lewensbelangrik. Sonder ‘n ingang na jou huis of kantoor toe, gaan jy nooit daar uitkom nie. Wel, dieselfde geld vir die pa
Stephan Joubert
Feb 21, 2020


Mure val
Vroeër, toe ons nie Christene was nie, was ons daar buite in die koue. So vertel Paulus in Efesiërs 2:11-18. Maar toe gebeur daar ‘n wonderwerk. Toe kom haal Jesus ons daar uit die donker van ons eie verlorenheid. En toe doop Hy ons in sy nuwe liggaam in deur die Heilige Gees. Van daardie dag af het ons ‘n toekoms. Jesus se kruisdood het dit alles moontlik gemaak.
Stephan Joubert
Feb 14, 2020


Een in Hom
Eeenheid oorroep verskeidenheid in die kerk. Daarom dat die kerk nooit ‘n kliek van enersdenkendes mag wees nie. Die kerk is nie net ‘n vers
Stephan Joubert
Feb 7, 2020
bottom of page