top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Oppas, God se Naam is gekloon
God se naam is op almal se lippe, maar Hy is nie in almal se lewens nie. Om elke hoek en draai gebruik mense deesdae die Here se naam in die openbaar. Wag, hulle het dit afgewater na ’n stopwoord wat net soos Sy naam klink. Hollywood doen dit. Sportstrerre doen dit. Kuiergaste doen dit. Werksmense doen dit. God se naam is gekloon. Dit het ’n stopwoord vir derduisende mense geword. Of ’n uitroepteken. Of selfs nog erger - 'n lelike woord. Hierdie lippetaal het te veel mense se
Stephan Joubert
Oct 8, 2020


Wanneer ek die dikmond ouer kind is
Wanneer ek na die gelykenis van die verlore seun kyk, sien ek so maklik net die dankbare vader wat sy dwalende, vuil seun tegemoet...
Alet Gardner
Oct 7, 2020


Van vervelig na opwindend
In 'n Australiese studie lees ek dat die gemiddelde mamma 228 vrae op 'n dag beantwoord. Kinders vra vrae. Hulle wil weet en leer. Vierjarige dogtertjies vra die meeste vrae, ongeveer 390 per dag. Mammas moet bronne van inligting wees en moet al die vrae kan beantwoord.
Marietjie Joubert
Oct 6, 2020


Om te buig is een ding; om te volg is iets heeltemal anders
Om te buig voor God vra ’n kniebuiging. Om Hom te volg vra ’n totale koersverandering van jou ganse lewe. Om te buig voor God is ’n verklaring. Om Hom te volg is ’n voltydse manier van leef.
Om te buig voor die Here vra ’n oomblik of twee van jou tyd. Om Hom te volg vra al jou tyd en jou voltydse lojaliteit.
Stephan Joubert
Oct 5, 2020


Die naakte waarheid
Het jy ook al van “die naakte waarheid” gehoor? Interessante uitdrukking, of hoe? Dis seker omdat leuens altyd klere aanhet. Of dalk omdat halwe waarhede graag met pantoffels rondloop. Ook omdat wit leuentjies toe al die tyd pikswart is. In elk geval, die waarheid hoef nooit opgetooi te word nie. Dit kan helder lig hanteer. Dit steek nooit iets weg nie. Waarheid is oop en bloot, sigbaar, deursigtig, want dit word deur die Gees gedra en bevestig.
Stephan Joubert
Oct 2, 2020


Moenie ly onder jouself nie
“Jy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.” Dit het ek ’n onderwyser op skool een keer vir ’n klasmaat hoor sê. Toe al het dit vir my na ’n ernstige siekte geklink. Ek het gewonder of mens ‘n daarvan kan doodgaan. Inderdaad! Nou ja, dalk nie fisies nie, maar innerlik wel. Om minder waarde in jou eie oë te hê as wat die Here aan jou toeken, of as dit wat jy aan jouself behoort toe te ken, is suiwer lyding.
Stephan Joubert
Oct 1, 2020


Wat sê die Bybel oor leierskap?
Daar is baie boeke beskikbaar om Christen-leiers te help. Natuurlik moet ons hulle lees en uit hulle leer, maar die beste gids vir belangrike sake, soos leierskap, bly die Bybel. Die Bybel is nie ons persoonlike boek oor leierskap nie, maar daar is baie Bybelse tekste wat ons baie van leierskap leer. Die Bybel is nie primêr ‘n handboek oor leierskap nie.
Coen Slabber
Sep 30, 2020


Kansellasie kultuur of genadekultuur?
Ons leef vandag in ‘n vreemde kultuur wat mens in Engels noem cancel culture. Cancel culture is wanneer jy jou ondersteuning van ‘n ander...
Roedolf Botha
Sep 29, 2020


So glo jy mooi in Babilon
As daar een boek in die Bybel is wat gelowiges moet ken in hierdie tyd, dan is dit 1 Petrus. Hierdie brief is geskryf aan gelowiges wat...
Stephan Joubert
Sep 28, 2020


Praat waarheid
Ons is soms te sag op die waarheid. Ons skroom nie om leuens te vertel om ons uit verknorsings te kry nie. Wanneer ons vergeet om iets vir iemand te doen, dan sê ons maklik iets soos: “ek het jou in die hande probeer kry, maar jy was nooit tuis nie.” As ons onverwags in iemand vasloop wat ons nie eintlik wil sien nie, raak ons woorde kwyt soos: “Ek dink baie aan jou.” Is dit die waarheid? Of dalk ‘n noodleuen? Wel, feit is, daar is nie iets soos noodleuens nie, dis als net le
Stephan Joubert
Sep 25, 2020


Kuns is ook een van God se stemme
Daar word vertel dat ’n Nazi offisier een keer ’n besoek gebring het aan die beroemde kunstenaar Pablo Picasso. Dit was tydens die Duitse magte se besetting van Parys gedurende die tweede wêreldoorlog. Hy was gefassineer deur Picasso se “Guernica.” Dit is ’n skildery wat die lyding van mense en diere in hierdie Spaanse dorp uitbeeld na afloop van ’n Duitse en Italiaanse bombardement. “Is dit jou werk?” het die offisier vir Picasso gevra. “Nee, dit is julle werk!” het Picasso
Stephan Joubert
Sep 24, 2020


Leierskap wat die pad oorsteek
“In ‘n tyd van ongekende politieke en kulturele spanning, hoe reageer jou generasie kerkleiers op wat gebeur in ons land?” So vra ‘n vriend my onlangs. Hy het lankal die kerk verlaat, maar hou haar nog van ‘n afstand af fyn dop. Hy is nie alleen nie. Duisende Suid-Afrikaanse Millennials en Gen-X, en selfs hier en daar ‘n paar Boomers, het die kerk verlaat oor institusionele besluite, of die gebrek daaraan.
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Sep 23, 2020


Wankel
Die water uit my bottel proe soet. Ek los my fiets teen die witkaree sodat die asem makliker kan terugkeer. Met die volgende watersluk gewaar ek die ou man oorkant die pad. Hy betree ʼn houtleer. So een plankie op ʼn slag, met ʼn ruspose na elke klim. Sy bruin broek is netjies geplooi. Die groen kerkhemp is nie meer oral ewe groen nie en sit ook nie meer oral ewe gemaklik nie. Maar ook die hemp het geen plooi nie.
Siegfried Louw
Sep 22, 2020


Ek is ’n rugsteker, maar God is nie
“Moenie mense vertrou wat jou ingedoen het nie.” “Ek gee mense net een kans." As hulle droogmaak vertrou ek hulle nooit weer nie. Ek hoor sulke tipe opmerkings so baie dat ek moet aanvaar mense glo dit regtig. Dan wonder ek wat sou gebeur as God sulke beginsels op ons toepas? Wat sou ons maak as Hy ons net een kans sou gee?
Stephan Joubert
Sep 21, 2020


Liefde versus naakte vrees- ken jy die verskil?
Waar die Gees aan die werk is, raak mense regtig vry. Dis trouens een van die kenmerke van sy werk dat Hy mense van kop tot tone vrymaak om God lief te hê. Wanneer slaafse godsdiens egter nog die oorhand het, verander mense in oordeelsaankondigers. Hulle sien gewoonlik God se straf om elke hoek en draai. In sulke kontekste triomfeer sondesnuffelaars en kenners van al die nuutste oordele wat God binnekort gaan losgelaat het op almal wat nie na Hom luister nie. Daar is predikin
Stephan Joubert
Sep 18, 2020
bottom of page
