top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Evalueer jou geloof
Hoe kan jy jou geloof evalueer? Lees gerus hoe Roedolf Botha ons help in sy nuutste My Wêreld nuusbrief.
Roedolf Botha
Aug 31, 2021


God is nie net ’n Beloftemaker nie
Mense sê graag hulle staan op die Here se beloftes. Dit is reg, mits hulle ewe veel staan op die res van die Bybel. So nie, as hulle slegs aan God se beloftes vashou en niks verder weet van alles, wat Hy in die Bybel doen of sê nie, verskraal hulle Hom tot ’n hemelse Beloftemaker.
Ons almal moet die volgende Bybelse feit in ons geloofslewe baie ernstig opneem: God is nie net ’n Beloftemaker nie. Hy het het reeds Sy belangrikste beloftes van redding en genade in Christus waar
Stephan Joubert
Aug 30, 2021


Alles is spesiaal
Die Heilige Gees gee aan elkeen van ons een of meer genadegawes. Hierdie genadegawes sluit die sogenaamde “buitengewone” dinge in, soos die doen van wonders, asook “gewone” dinge, soos dienslewering, omgee en onderrig. Maar eintlik is dit maar net ons as mense wat sulke onderskeidings maak. Die volle waarheid is dat alles, wat God gee, spesiaal en kosbaar is. Elke ontvanger behoort sy of haar gawes as buitengewoon te beskou. Dit kom immers van God af. Volgens die Bybel is daa
Stephan Joubert
Aug 27, 2021


Dank daardie goor leermeesters af
Toe ek lees van ’n tennisspeler, wat sy afrigter afgedank het, dink ek daar’s ook ’n paar “leermeesters” in my lewe, wat finaal die trekpas moet kry. Ek praat eerstens van my foute. Vir te lank het ek die spreekwoord geglo: “’n Mens moet uit jou foute leer.” Hierdie leermeester het my eintlik wys gemaak ek moet aanhou foute maak om aan te hou leer. Of so-iets! Jesus vertel my van ’n baie beter Leermeester, die Heilige Gees. In Johannes 14:26 hoor ek Hy lei ons in die waarheid
Stephan Joubert
Aug 26, 2021


Is ek ‘n boom of ‘n bossie?
Alet Gardner skryf in haar nuutste artikel oor Psalm 1:3 en vra of jy ‘n boom of ‘n bossie is?
Alet Gardner
Aug 25, 2021


Wat elke leier nodig het: stilte en afsondering
Die genesing vir ons raserige, besige en deurmekaar wêreld is stilte en afsondering. Ons moet die neiging om altyd haastig te wees, breek. Stilte en afsondering is instrumente, wat God gebruik om ons siele te herstel. Dit sluit in dat ons weg van ander moet wees. Terwyl jy meer volwasse word, kan jy in ‘n skare mense die vernuwende krag van afsondering ondervind. Jy kan ‘n verbintenis met God ervaar selfs in ‘n luidrugtige wêreld.
Coen Slabber
Aug 25, 2021


Hoe reageer jy as jou wêreld geskud word?
In Julie vanjaar is die inperkingsmaatreëls verskerp, daar was proteste en plundery in Kwazulu Natal en Gauteng en boonop was dit yskoud in die meeste dele van die land. Dit was nie net die spreekwoordelike storm in 'n teekoppie nie, dit was érg! In 'n groot gedeelte van Pretoria was daar toe ook 'n kragonderbreking gedurende een van die koudste weke van die dekade. Toe ek 'n vriendin, wat ook deur die kragonderbreking geraak is, vra hoe dit gaan, was haar ongelooflike posit
Helena Smith
Aug 24, 2021


Gewone mense maak vir die Here saak
Die evangelies vertel om elke hoek en draai vir ons hoe Jesus omgee vir stukkendes, uitgeworpenes, afgeskryfdes en randfigure. In Markus 2 sê Jesus juis ook dat Hy nie gekom het vir mense, wat meen hulle is op die regte pad nie, maar vir sondaars. Maar dit beteken nie dat ons eers supersondaars moet wees voordat Jesus ook kans sien om ons laste en oortredings op Sy skouers te tel nie. Ons hoef nie eers ’n rowwe lewe te geleef het nie. Ons hoef nie ‘n duiwelaanbidder of ‘n dwe
Stephan Joubert
Aug 23, 2021


Kyk die gawes van die Gees reguit in die oë
Daar is geen teenvoeter vir ‘n deeglike kennis van God se Woord nie. Om sinvol oor die Gees se gawes te praat en dit reg in jou eie lewe aan te wend, is dit noodsaaklik dat jy op hoogte moet wees met wat die Bybel hieroor sê. Daarom moet jy die volgende Bybeltekste asseblief deeglik gaan deurlees: 1 Petrus 4:6 - 8, Romeine 12:7 - 8; 1 Korintiërs 12:28 - 31; Efesiërs 4:11, en 1 Petrus 4:6 - 8. Hierdie is die vier vernaamste teksgedeeltes in die Bybel oor die gawes van die Gees
Stephan Joubert
Aug 20, 2021


God hou meer van ons as andersom
God hou meer van ons as andersom. Ons sing graag dat ons die Here lief het, maar te veel kere laat ons Hom in die steek. Dikwels gee ons meer vir onsself om as vir Hom. Ons stel ons eie belange te veel kere bokant God s’n. Nogtans, al het ons die Here nie altyd lief genoeg nie, het Hy ons onvoorwaardelik lief. Niks kan enigiets hieraan verander nie. Sy liefde strek vanaf Jesus se kruis tot in die verste ewigheid. Sy liefde het geen einde nie. Nie eens ons klein geloof, ons st
Stephan Joubert
Aug 19, 2021


Die dinamika van bemagtiging
Volgens die sakekonsultant, Etsko Schuitema, is versorging en groei die twee hoof-verantwoordelikhede van ‘n leier jeens sy volgelinge of werknemers. Die tweede punt, groei, kan volgens Schuitema nie sonder bemagtiging plaasvind nie. Almal van ons is bekend met die term bemagtiging. Wanneer ek so na leiers se interaksie met hulle mense kyk, dan wonder ek soms of sommiges werklik verstaan wat die woord beteken.
Roedolf Botha
Aug 18, 2021


Kompleksiteit vra vir verdraagsaamheid
Roedolf Botha skryf in sy nuutste My Wêreld nuusbrief oor kompleksiteit wat vra vir verdraagsaamheid
Roedolf Botha
Aug 17, 2021


Ek is dankbaar vir genade … regtig, ek is!
Ek is dankbaar vir genade. Nee, dit is nie net ’n cliché nie. Ek is my ganse lewe verskuldig aan die oorvloedige, gratis-en-verniet genade van God. Ek is so bly ek hoef nie met Hom te onderhandel om Sy guns te probeer wen nie. Of enige teenprestasies aan Hom te lewer in ruil vir Sy hulp nie. In die woorde van Miga 6:6 - 8 hoef ek ook nie gedurig reuse offers en duur geskenke na die Here toe te neem om Sy goedkeuring te behou nie. Ek weet Hy het my eerste lief gehad, nog lank
Stephan Joubert
Aug 16, 2021


Geskenkuitdeler
Lees gerus Stephan Joubert se nuutste Heilige Gees artikel "GeskAs deel van die Heilige Gees se “liggaamsbouprogram” om Sy kerk uit die intensiewe eenheid te kry, deel Hy geskenke aan ons uit, soos wat Paulus in 1 Korintiërs 12:1 - 11 vertel. Paulus noem hierdie geskenke genadegawes (“charismata” in Grieks). Elke Christen ontvang minstens een gawe by die Here. Nou ja, net ter wille van duidelikheid: Gawes is al ons talente wat ons tot God se eer en tot ander se voordeel gebru
Stephan Joubert
Aug 13, 2021


Wees ’n lewende antwoord vir die Here
Eers was dit ver. Nou is dit naby. Ek praat van dié Virus. Vroeër het ander mense dit gekry. Nou gebeur dit sommer hier in ons eie huis. Skielik moet ons almal die dood, wat op ons eie voorstoeppe opgedaag het, hanteer. COVID is nie grappies nie. Ja, dit is verlede jaar se nuus dat die koronavirus die wêreld onherroeplik verander het. Maar hier in 2021 voel ons elkeen dit al hoe meer aan ons eie lywe. Ook is dit nie nuwe nuus dat daar derduisende godsdienstige verklarings is
Stephan Joubert
Aug 12, 2021
bottom of page
