top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Reboot jouself vir 2021!
Het jy al ooit met jou skootrekenaar gesit en werk en ‘n program oopgemaak, wat nie wil laai nie? Trouens, soms vries die hele ding en...
Roedolf Botha
Feb 16, 2021


Veilige mense asook die regte reisgenote is God se lewende geskenke aan jou
Dit is nie aldag dat mense vir mekaar sê: “Ek voel veilig by jou nie!” Dit lyk my veilige mense is omtrent ewe skaars as veilige plekke hier in ons land. Veilige mense is diegene by wie jy jou hart groot kan oopmaak. By wie jy net jouself kan wees. Dit is diegene by wie jy jou hart kan uitstort sonder om bang te wees hulle sal dit aan ander gaan oorvertel. Sulke mense is kosbaarder as goud. Hulle is die Here se geskenke, wanneer die lewe hard en swaar is. Hulle is die Here se
Stephan Joubert
Feb 15, 2021


Een met die Here
1 Korintiërs 6 is ‘n aangrypende hoofstuk. Dit vertel van die slegte dinge, wat daar in die Korintiër-gemeente gebeur het, soos dat sommiges hulle opgehou het met prostitusie. Dit het Paulus baie omgekrap. Daarom dat hy nou ‘n groot geestelike beginsel vir hulle leer, naamlik dat as Jesus jou gekoop het en die Gees sy intrek in jou lewe geneem het, dan is jy een met die Here. Dan is jy lewenslank Syne. Dan behoort nie net jou siel aan Hom nie, maar ook jou liggaam. Daarom dat
Stephan Joubert
Feb 12, 2021


Oppas vir al die regte danspassies
Ek het een keer die verhaaltjie gelees van ‘n Indiaan, wat gereeld saam met ander Indiane hulle tradisionele reëndans uitgevoer het, maar sonder enige sukses. Toe hy by sy pa gaan kla dat hierdie danse geen effek het nie, het hy geantwoord: “Julle is meer besorg oor die verskillende danspassies, wat julle moet uitvoer, as oor die doel van julle dans!”
Stephan Joubert
Feb 11, 2021


Konflik
Almal van ons kom op een of ander stadium konflik teë. Dit is niks nuut nie. Dink maar aan die konflikte in die vroeë kerk en die konflik tussen Jesus en die Joodse wetsgeleerdes. Konflik is ‘n gegewe in die lewe. Konflik op sigself is nie sonde nie, maar sonde mag die oorsaak van die konflik wees. Ons kan ook sondig deur die manier waarop ons op konflik reageer. Wyse leiers weet hoe om konflik te hanteer. In Handelinge 15 word die probleem of nie-Jode eers Jode moet word voo
Coen Slabber
Feb 10, 2021


Jazz en Vonke
Lank gelede het ek Sondae tydens middagete in ʼn hotel by die see klavier gespeel. Ek kon nooit lekker uitvind of ek die mense rustig gemaak het en of ek hulle vinniger laat eet het nie. Maar een ding het ek oor foute agter die klawers geleer: As jy ʼn fout maak, herhaal dit ʼn paar keer. Dan noem jy dit “jazz”.
Siegfried Louw
Feb 9, 2021


Ek het méér as genoeg
Ek onthou hoe ‘n bekende Amerikaanse “celebrity” ‘n paar jare gelede iets gesê het, wat meer verstommend is as die “groot” uitdrukkings, waarvoor hy bekend geraak het, soos bv.: “I’ll be back.” Of daardie immergroene: “Hasta la vista, baby!” Ja, jy weet van wie ek praat. Dit is daardie kleurryke liggaamsbouer-akteur-politikus, Arnold Schwarzenegger. O ja, ek praat van die volgende opmerking wat hy kwyt geraak het, toe hy mense wou oortuig dat ekstra geld hulle nie gelukkiger
Stephan Joubert
Feb 8, 2021


Heiligheid wen
Te veel kere wen sonde in godsdienstiges se lewe. Ek moet eerlik wees, dis nie vir my lekker om gedurig in die koerante te lees van nog ‘n godsdienstige wat een of ander groot misstap begaan het nie. Die Gees verlang heiligheid in ons lewe. Hy verander ons van godsdienstiges tot voltydse, lojale navolgers van Jesus. Godsdiens en ware navolging van Christus is daarom nie een en dieselfde saak nie.
Stephan Joubert
Feb 5, 2021


Tel jou woorde, tel hul een vir een
Om een of ander rede meen sommige mense dat “mondsondes”, soos kwaadpraat, goor taal en skinder nie so ernstig is soos daardie eintlike “groot sondes” soos owerspel, korrupsie of dronkenskap nie. Daar is al wie weet hoeveel kerklike verslae opgestel oor die jongste openbare sondes van die dag. Maar, vreemd genoeg, beskou godsdienstiges dit nooit eintlik as ‘n ramp, wanneer mense orals van mekaar kwaadpraat of mekaar met hulle skerp tonge aan flarde skeur nie. In hierdie tyd v
Stephan Joubert
Feb 4, 2021


Stiltetyd in pandemietyd – maak dit ‘n verskil?
Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar, ‘n jaar soos nog nooit tevore in ons leeftyd nie. Dis amper nie eens meer lekker om op sosiale...
Alet Gardner
Feb 3, 2021


Moenie na my luister nie!
Hoe korrek dink jy is jou eie opinie? Elkeen van ons huldig ons persoonlike opinie sekerlik omdat ons dink dat dit ‘n goeie en gesonde...
Roedolf Botha
Feb 2, 2021


God laat ons snak na ons asem
In sy boek, The arithmetic of life and death (2001), kyk George Shaffner vanuit ‘n wiskundige hoek na die lewe. Hy bereken onder andere dat die wiskundige moontlikheid vir jouself om daardie 23 kromosome, waaroor jyself beskik, van jou ma te geëerf het, gelyk is aan een in tien miljoen. Dieselfde geld vir die 23 kromosome wat jy van jou pa gekry het. As jy hierdie twee vermenigvuldig, kom jy tot die slotsom dat vir jou, om jyself te kon wees, gelyk is aan die wiskundige moont
Stephan Joubert
Feb 1, 2021


Geniet ook die Gees se daaglikse versorging
My pa het dikwels vir my gesê: ‘Eet stadiger. Geniet jou kos!’ Ek het dikwels gewonder hoekom hy dit vir my sê, maar toe ek groter word, het ek opgelet hoe hy sy kos geniet. Dit was asof hy homself afgeskakel het van almal rondom hom, terwyl hy die tekstuur van elke happie kos geproe en veugdevol geëet het.
Stephan Joubert
Jan 29, 2021


Is Jesus se vriende ook jou vriende?
Spreuke sê ons moet dwase vermy. Ook moet ons uit die pad bly van skelms en skurke. Dit beteken egter nie ons moet almal systap met wie ons verskil nie. Ek praat nou van diegene van wie ons verskil oor geloof en ander kwessies in die lewe. Hiervan gepraat: hoeveel mense wat anders glo en leef as jyself, beskou jou as ‘n vriend van hulle? Of is jy dalk so vroom dat geen sondaar ooit naby jou wil kom nie? Jesus het vreemde vriende gehad. Hy word juis in Matteus 11:19 deur die g
Stephan Joubert
Jan 28, 2021


Kenmerke van gemeentes wat weer sal bou
Vir die afgelope paar maande doen gemeentes alles moontlik om waarskynlik die moeilikste seisoen in bediening te navigeer. Dit was beslis ‘n ingewikkelde tyd. Nou is dit tyd dat gemeentes weer moet bou.
Coen Slabber
Jan 27, 2021
bottom of page
