top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Jou vrae verf jou geloof in ’n hoek in, of nie!
“Doen jy genoeg vir die Here?” As ek dit vir jou sou vra, is ek seker jy sal dadelik sê: “Nee!”
Stephan Joubert
Mar 8, 2021


Vry van bitterheid
Bitterheid byt jou twee keer… nee, eintlik sommer drie, vier, vyf maal … Dit gebeur die eerste keer as iemand jou skade aandoen; die tweede keer as jy dit onthou; die derde keer as jy met woede daaraan terugdink en die vyfde en twintigste keer as jy dit nogmaals in jou kop herhaal. Of dit dalk vir die dertigste keer oorvertel. Bitterheid maak jou ‘n slaaf van diegene wat jou benadeel het. Jy verander in hulle slagoffer. Dalk het hulle al lankal vergeet van die seer, wat hulle
Stephan Joubert
Mar 5, 2021


Dit is makliker om met God te praat as met party mense
Dit is makliker om in gebed met God te praat as met sommige mense. Want: God luister, maar mense luister nie aldag nie. God hoor, maar party mense maak net of hulle hoor.
Stephan Joubert
Mar 4, 2021


Instinktiewe reaksie
My wyse moeder het in die grootmaak van haar sewe kinders ‘n paar dinge in ons ingeprent. Een daarvan was wat om in geval van ‘n brand te...
Alet Gardner
Mar 3, 2021


Pas op vir die vlak kant!
Die vermoë om te onderskei tussen fake news en dit wat eg is, waarheid en leuen, goeie inligting en nonsens, het ‘n uiters belangrike...
Roedolf Botha
Mar 2, 2021


Sonder die regte “nee” kan daar nie ’n regte “ja” wees nie
Almal weet dit. Nogtans jaag massas mense hulleself dood op die paaie. Baie mense jaag hulleself ook stokflou in die res van die lewe. Wanneer ek soms vir mense vra om hulle leefspoed in kilometer per uur uit te druk, sê baie hulle leef ver anderkant 120 km/h. Dit is té hoog. Ons is nie masjiene nie. Ons is nie gemaak om aanhoudend buite die spoedgrens te leef nie. Iewers gaan ons gesondheid knak onder sulke snelhede, waarteen ons gedurig rondhardloop na wie weet waarheen. On
Stephan Joubert
Mar 1, 2021


Vermy binnegevegte
Konflik is ‘n onnodige maar lastige probleem in die kerk. Soms is dit direk, openlik en ander kere weer onder die oppervlak, latent. Daar’s te veel hiervan in kerklike kringe. Dit hoort nie tussen Geesgevulde mense tuis nie. Nee, Christene hoef nie altyd saam te stem nie. Dis vals. Mense verskil een of ander tyd. Maar die vraag is hoe ons verskil. Gee ons aan mekaar ruimte om ons opinies te lug en op ‘n geestelik volwasse manier vir mekaar te sê ons stem nie saam nie? Of gaan
Stephan Joubert
Feb 26, 2021


Hoe meer ons groei in ons geloof, hoe groter is Christus
In “Prince Caspian,” die tweede boek in die Narnia-reeks van die bekende skrywer C. S. Lewis, vind daar ‘n mooi gesprek tussen Aslan die leeu (wat Christus verteenwoordig) en een van die dogtertjies in hierdie verhaal plaas. As sy vir Aslan na ‘n lang tyd raakloop, sê sy vir hom dat hy groter geword het. Hierop antwoord Aslan haar: “That is because you are older, little one.” “Is jy dan nie groter nie?” vra die dogtertjie hom. Dan antwoord hy: “I am not. But every year you gr
Stephan Joubert
Feb 25, 2021


2020 se beste boeke
Hierdie is die lys van beste boeke vir 2020 soos saamgestel deur The Gospel Coalition. C. S. Lewis (Learning in War-Time) het die vraag gevra of dit die moeite werd is om tydens ‘n oorlog te studeer.
Coen Slabber
Feb 24, 2021


Respek (of eerder ‘n verlies daaraan)
Ek wonder die laaste ruk oor respek. Seker maar omdat respek so dun gesaai is in ʼn samelewing, waar ons daagliks gekonfronteer word met erge misdaad, korrupsie, lippetaal sonder konstruktiewe optrede, rassehaat, xenofobie en nog meer as wat enige mens kan verduur. Volg maar net die skokkende getuienis voor die Zondo-kommissie en dit is genoeg om enige gevoelens van respek te blus.
Liezel Lüneburg
Feb 23, 2021


Die huwelik hoort steeds in die paradys
Carmen LaBerge vertel in haar boek, “Speak the Truth: How to bring God back into Every Conversation”, dat daar in 2017 reeds 31 seksuele identiteite in New York was wat deur anti-diskriminasiewetgewing beskerm was. God verstaan egter nie sy kinders se identiteit in terme van derduisende seksualiteite van hierdie aard nie. Hy is op rekord in die Bybel dat man en vrou sy handewerke is. Mans en vroue is sy beelddraers. Nogtans setel ons identiteit heel eerste in Jesus.
Stephan Joubert
Feb 22, 2021


Tempels moet soos tempels lyk!
Dit is belangrik dat ons vandag nog eens vir mekaar sê dat die Heilige Gees permanente en eksklusiewe regte op ons lewens het, omdat ons aan Christus behoort. Ons is Syne hier en nou en vir altyd. Hy is ons nuwe Eienaar, omdat Jesus ons tussen die sonde gaan uitsnuffel het en ons toe met sy kosbare bloed gekoop het. Van daardie oomblik af is ons lewens onder hemelse bestuur. God woon voltyds in ons. Daarom kan ons nie doen wat ons wil of leef soos ons wil nie. Die Here duld d
Stephan Joubert
Feb 19, 2021


Om die son vas te hou
Elke keer as ek aansluit by God se besigtigingstoer deur die skepping saam met sy kneg Job vanaf Job 38, is ek van vooraf verstom. Hier hoor ek oor en oor hoe genadig en groot God is. Ek lees hier hoe Hy met Sy eie hande die aarde en die hemele kunstig aanmekaar gesit het. Sy almag en sy liefde skitter en skyn helderder as die son in al sy reuse handewerke.
Stephan Joubert
Feb 18, 2021


Die geheime taak van ‘n leier
In die vele boeke oor leierskap word daar allerhande take en vaardighede van leiers beskryf. Daar word gepraat oor transformasie-leierskap, die passie van ‘n leier, emosionele intelligensie, verhoudingsvaardighede, tegniese vermoëns, strategiese insig, wysheid en nog baie meer. Daar is egter een ding wat ek nog bitter min gehoor het en tog behoort dit myns insiens deel van die kern van ‘n leier se roeping te wees.
Roedolf Botha
Feb 17, 2021


Dankbaarheid is lewensveranderend
Die boek, The Salt Path, vertel die ware verhaal hoe die Engelse skryfster, Raynor Winn en haar man, 630 myl op die South West Coast Path...
Elmarie van der Westhuizen
Feb 17, 2021
bottom of page
