top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die tweeledigheid van leierskap
In hulle boek, The Dichotomy of Leadership, verduidelik Jocko Willink en Leif Babin, hoe daar ‘n gewoonlik ‘n tweeledigheid aan leierskap is, wat min kontemporêre leiers verstaan. Hulle verduidelik dat individuele leiers gewoonlik na die een of ander kant van twee pole toe leun ten opsigte belangrike leierskapsbeginsels. Dis vir leiers moeilik om werklik gebalanseerd te wees. Die ideaal sou wees dat elke individuele leier ‘n wyse balans sou vind tussen hierdie pole.
Roedolf Botha
Sep 22, 2021


Maatslag
Het jy al ooit bestuur terwyl jy nies? As jy teen 120km per uur ry en jy nies, bestuur jy byna 20 meter met jou oë gesluit. Dit is één ding om te sê jy kan iets toe-oë doen. Dit is ʼn ander ding om ʼn een-ton-voertuig te bestuur terwyl jy nie kan sien nie. Gewoonlik is dit in orde, want jy onthou hoe daardie twintig meter voor jou gelyk het.
Siegfried Louw
Sep 21, 2021


Kyk anders, glo reg
Rondom 1847 was Ignaz Semmelweis ’n dokter in ‘n Weense hospitaal, waar bykans 10% van die vroue in een kraamsaal aan infeksie gesterf het. Toe kom hy agter dat mediese studente, wat daar opgelei word, eers disseksies doen as deel van hul opleiding in anatomie, voordat hulle met bevallings gaan help. Sy gevolgtrekking was dat hulle bakterieë oordra, omdat hulle hande nie deeglik genoeg ontsmet was nie. Toe hulle dít begin doen het, was die sterftesyfer in die kraamsaal binne
Stephan Joubert
Sep 20, 2021


Toerusters
Die doel van geestelike leiers is nie om al die werk self te doen nie. Dit is nie daardie leiers, na wie Paulus in Efesiërs 4:11 verwys, se werk om almal se krisisse op te los nie, vir elke sieke te bid, mense heeltyd tuis te besoek, vergaderings te lei, basaars te reël en almal se vriend te wees nie. Nee, geestelike leiers is deur die Gees afgesonder om toerusters te wees. Hulle moet gelowiges toerus om elkeen hul eie bedienings vol te staan tot opbou van Christus se liggaam
Stephan Joubert
Sep 17, 2021


Dit gaan oor getrouheid, nie oor sukses nie
Die Amerikaanse senator Mark Hatfield het een keer besoek gebring aan Moeder Teresa in Indië. Terwyl hulle daar in Kalkutta tussen siek en sterwende kinders rondbeweeg het, was Hatfield oorweldig deur die omvang van die lyding wat sy en haar werkers daagliks in die gesig moes staar. “How can you bear the load without being crushed by it?” het hy haar uiteindelik gevra. Dadelik het Moeder Teresa geantwoord: “My dear Senator, I am not called to be successful, I am called to be
Stephan Joubert
Sep 16, 2021


Meningsverskille en sterk standpunte: hoe hanteer ek dit?
‘n Vriendin vertel hoe sy onlangs in ‘n kuier saam met ander vriendinne baie ongemaklik gevoel het, toe haar siening oor die...
Elmarie van der Westhuizen
Sep 15, 2021


Vernedering is nie die einde van jou wêreld nie
In sy nuutste My Wêreld nuusbrief skryf Roedolf Botha oor vernedering en dat dit nie die einde van jou wêreld is nie.
Roedolf Botha
Sep 14, 2021


Hoe nader aan God, hoe stiller!
Thomas Aquinas (1225 -1274) word beskou as een van belangrikste denkers en teoloë, wat die wêreld nog opgelewer het. Hy was legendaries vir sy harde werk en vir sy skerpsinnige nadenke. Sy nederigheid en sy toewyding aan God was ook wyd en syd bekend. Teen die einde van sy kort, maar invloedryke lewe, het Aquinas God egter so intens beleef dat hy nie woorde oorgehad het om hieroor te praat nie. Aquinas het die laaste paar maande van sy lewe in stilte deurgebring. Sommiges mee
Stephan Joubert
Sep 13, 2021


Die regte mense kom ook in geskenkpapier
Wanneer mens oor die Gees en Christus se werk nadink, dan staan jy gedurig verstom. Veral wanneer jy in ‘n teks soos Efesiërs 4:7-16 vasloop, want hier vertel Paulus van Christus se triomftog. Nadat Hy hier op aarde getriomfeer het, het Hy Sy oorwinningstog in die hemel voortgesit. As bewys van Sy oorwinning het Jesus onder andere geskenke aan ons uitgedeel. Maar die mees verrassende van hierdie geskenke, wat Hy uitgedeel het, is dat dit mense is, nie dinge nie. Ons dink mees
Stephan Joubert
Sep 10, 2021


Leef binne-in Jesus se verhaal
Thomas Aquinas (1225 -1274) word beskou as een van belangrikste denkers en teoloë, wat die wêreld nog opgelewer het. Hy was legendaries vir sy harde werk en vir sy skerpsinnige nadenke. Sy nederigheid en sy toewyding aan God was ook wyd en syd bekend. Teen die einde van sy kort, maar invloedryke lewe, het Aquinas God egter so intens beleef dat hy nie woorde oorgehad het om hieroor te praat nie. Aquinas het die laaste paar maande van sy lewe in stilte deurgebring. Sommiges mee
Stephan Joubert
Sep 9, 2021


Leierskap is uitdagend
Leierskap vereis toewyding, dryfkrag en harde werk. Hoe kan jy oor die langtermyn lei sonder om uit te brand? Daar is Bybelse beginsels, wat ons kan help om ons koninkrykmissie te vervul sonder om uit te brand. Hierdie kritiese waarhede sentreer om vyf gebiede: teenwoordigheid, doel, planne, volharding en mense.
Coen Slabber
Sep 8, 2021


Mirjam se lied
Op verskeie plekke in die Bybel lees ons van vroue, wat die Here se lof besing. Ons lees van die lofsang van Maria, nadat sy gehoor het sy is swanger met die seun van God. Ons lees van die lofsang van Hanna, nadat sy Samuel na die tempel toe gebring het om saam met Eli agter te bly. Hanna het hom afgebid van die Here en uit dankbaarheid kom offer by die tempel.
Marietjie Joubert
Sep 7, 2021


Is God nog aan die stuur van sake?
“Hoekom gaan party mense dood aan Covid, maar ander mense oorleef?” “Het God hulle lewe se strepies getrek?” Hierdie tipe vrae is deesdae volop. Wel, daar is geen abstrakte gesprek aan die gang in die Bybel oor hoekom God die dood partykeer toelaat en ander kere nie. Of oor getrekte strepies nie. Deur die eeue heen het die kerk egter vasgeval in sulke gesprekke, wat rondom die Christendom afgespeel het oor die noodlot, voorsienigheid, en dies meer. Van toe af is gelowiges met
Stephan Joubert
Sep 6, 2021


Baie geskenke vir baie mense
Wanneer die Here geskenke uitdeel, dan gee Hy nie klanksisteme, kerkgeboue, rekenaarskerms, elektroniese sangborde of musiekinstrumente aan die kerk nie. Nee, dan gee Hy lewende mense aan ander mense. Mense is die Gees se geskenke aan Sy kerk. Paulus noem hulle vervolgens in 1 Korintiërs 12:28 - 30 in volgorde van hulle impak: apostels, profete, leraars, wonderwerkers, genesers, helpers, ensovoorts. Nee, Paulus sê nie dat hierdie ‘n rangorde is, asof hierdie gawes tot statusv
Stephan Joubert
Sep 3, 2021


Bou jou lewe op Rots wat nooit wankel nie
“I’ll huff and I’ll puff and I’ll blow the house down.” Onthou jy nog wolf se bekende woorde, kort voordat hy twee van die drie varkies se huisies omgeblaas het wat van strooi gebou was? Maar die derde een se huisie was van steen gebou. Daarom was wolf se asem dié keer nie sterk genoeg nie. Nou ja, groot krisisse blaas deesdae kliphard aan wie weet hoeveel mense se lewenshuise. Baie se hoop word deur Covid, misdaad en armoede weggeblaas. Hulle geluk, drome en veiligheid gaan
Stephan Joubert
Sep 2, 2021
bottom of page
