top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Onbedreigd
Ons leef in ‘n tyd waar verdraagsaamheid die wagwoord is en waar die waarheid altyd ‘n paar ekstra kante het. Nou ja, wanneer die Gees in ons lewens werk, is ons nie bang vir ander opinies nie. Ons word nie uit ons geloof geskud elke keer wanneer iemand die Christendom aanvat, of wanneer ateïste hulle ongeloof in ons omgewing bely nie.
Stephan Joubert
Aug 12, 2022


Van A-Z is my lewe genade-aangedrewe
Daardie goeie dinge, wat ons vir die Here moet doen, kry ons nie aldag gedoen nie. Ons struikel soms. Ons maak partykeer droog. Tog weet ons dit gee nooit aan ons die reg om in sondes rond te lê te nie. Inteendeel! Ons weet ons moet reg leef. Ons het geen verskoning as ons dit nie doen nie. Nogtans weet ons God het ons onvoorwaardelik lief. Daarom steun ons so swaar op Sy genade. Met alles in ons hou ons vas aan Hom, watons elke keer genadig is.
Stephan Joubert
Aug 11, 2022


Vergaderings
Vergaderings is ‘n groot deel van ‘n leier se lewe. Daarom is ek altyd verstom om te hoor dat mense nie van vergaderings hou nie, of dat leiers vergaderings beskou as onproduktief. Toe ek een keer aan die Hoof uitvoerende beampte, vir wie ek destyds gewerk het, voorstel dat ons meer vergaderings behoort te hou, het hy gesê dat hy eenvoudig “te veel werk het om heeldag in vergaderings te sit”. Nog ‘n keer toe dieselfde Hoof uitvoerende beampte saam met die Bestuurspan in ‘n ve
Roedolf Botha
Aug 10, 2022


Swak keuses wat jou naam skade doen
As Christen word ‘n mens soms onder ‘n vergrootglas dopgehou. Elke ding wat jy doen, word gesien en bespreek. Hierdie besprekings gaan definitief nie oor hoe oulik jy as Christen optree nie. Jy word aan flarde geskeur en nog geskop vir die doodskoot ook. Kortom, jou dade en optrede word dopgehou. Die slegte is dat ons verkeerde keuses maak en dan dra ons die gevolge van ons dade.
Marietjie Joubert
Aug 9, 2022


Sit dit af, sit dit af!
So het Johannes Kerkorrel op sy dag gesing. Dit geld vandag nog, veral wat sosiale media betref. Selfone het te veel mense se nuwe base geword. Sosiale media het verander in baie mense se voltydse nuwe kuierplekke. “I’d rather text than talk” - dit is deesdae die kodefrase vir miljoene mense op die planeet. Digitale afstand is die nuwe veilige afstand tussen mekaar. Baie mense verkies om eerder per whatsapp met mekaar te gesels, as een tot een. Oog-tot-oogkontak is veels te e
Stephan Joubert
Aug 8, 2022


Meer as oppervlakkige kennis gevra
Om maar net klakkeloos te sê die Bybel is God se Woord, is lankal nie meer genoeg nie! Dit was inderwaarheid nog altyd onvoldoende. Sulke belydenisse moet keer op keer opgevolg word met die regte kennis van daardie einste Woord, wat die hartklop van die Christelike geloof vorm. Jy en ek moet self weer ontdek dat die Christendom nie gebou is op naïewe waarhede, wat deur primitiewe mense geglo is nie. Hulle geloof was ook nie net ‘n gewaagde sprong in die donkerte nie. Ware gel
Stephan Joubert
Aug 5, 2022


Respek onbeperk
Respek vir God en respek vir mense is een van die pilare, waarop die evangelie rus. Die Bybel omskryf dit ook met die meer bekende woord: liefde. Liefde is sinoniem met respek. Liefde is agting vir God en vir ander. Tog sukkel baie gelowiges hiermee, veral as hulle te doene kry met mense, wat nie in God glo nie of wat die Bybel afkraak. Hoe dan gemaak? Moet ons dan stilbly en maak asof sulke verkeerde dinge ons nie pla nie? Of moet ons sulke mense daar en dan op hulle plek si
Stephan Joubert
Aug 4, 2022


Hoe hanteer ek geestessiektes van ander om my?
Die UK-gebaseerde liefdadigheidsorgansasie, Kintsugi Hope, beywer hulle vir groter begrip, empatie en ondersteuning vir lyers aan...
Elmarie van der Westhuizen
Aug 3, 2022


Eskom is nie die probleem nie…
Kyk, die tempo waarteen mense vandag kla, is besig om kosmiese proporsies aan te neem! Die rede? Eskom! Het ons alweer nie vanaand krag...
Roedolf Botha
Aug 2, 2022


Krag vir daardie groot moegheid
Die lewe het nogal ‘n manier om krapmerke op jou liggaam en jou gees agter te laat. Jy kom dit op verskillende maniere agter. Jou lyf kreun en kraak al hoe meer terwyl die lewensjare meer word. Jy herstel nie so vinnig soos altyd na ‘n groot siekte nie. Jy beweeg ’n klein bietjie stadiger. Dit voel ook of jou geheue jou te veel kere in die steek laat. Tog gebeur dit nie net met mense wat ouer word nie. Jesaja 40 vertel vir ons dat selfs die jongmanne moeg en afgemat raak. Moe
Stephan Joubert
Aug 1, 2022


Van kennis tot begrip
Kennis en feite verander nie noodwendig mense se lewens nie. Vra maar vir kerklikes, wat week na week in kerke met hope inligting gebombardeer word. Daar’s weekliks ‘n stapel nuwe kerklike afkondigings, nog ‘n preek of twee om te verteer, die kinders se nuwe lesse in die kategeseklas en noem maar op. Help dit? Ek’s nie heeltemal so seker nie. Blote inligting is wel ... presies net dit - inligting! Eers wanneer harde feite met insig vervang word, dan vind egte geestelike leer
Stephan Joubert
Jul 29, 2022


Die dwaasheid van die kruis is God se krag
As ekself ’n godsdiens moes uitdink, sou ek definitief nie die Christelike geloof uitgedink het nie. Jesus se aardse pad is net te vreemd, te vernederend, en te anders as dié van enige ander godsdiens. Paulus besef dit baie goed wanneer hy in 1 Korintiërs 1:18-25 skryf die kruis van Jesus is dwaasheid vir die Grieke, en aanstootlik vir die Jode. Die Grieke het geweet hulle gode kan eintlik nie ly onder hulle nie. Hulle gode is net te sterk en vol glorie. Die Jode weer het gem
Stephan Joubert
Jul 28, 2022


Die wapenrusting van God
Die hart is bedriegliker as alles; dit is ongeneeslik. Wie kan die hart verstaan? (Jeremia 17:9) Al my pogings om eienaarskap van my sondes te aanvaar, is strydig met my vermoë om te aanvaar wat Christus vir my gedoen het. Hy is gekruisig, juis omdat ons nie volle verantwoordelikheid vir ons sondes kan neem nie. Martin Luther het hierdie denkfout hanteer
Coen Slabber
Jul 27, 2022


Aanbidding: Wie of wat?
Een deel van ‘n kerkdiens, wat vir my heerlik is, is die lofprysing en aanbidding. Ek sing hartlik saam en geniet die kalmte en rustigheid, wat dit vir my bring. Nadat ek onlangs die boek, “The air I breathe”, van Louie Giglio gelees het, het ek agtergekom dat ek nie regtig geweet het waaroor lofprysing en aanbidding regtig gaan nie. Ek het agtergekom dat lofprysing en aanbidding nie net net tot die kerk beperk is nie, maar dat ek ‘n lewe van aanbidding moet lei.
Helena Smith
Jul 26, 2022


Hoe om vir langer as 14 dae gelukkig te wees
Abd al-Rahman III was die leier van Cordoba tussen die jare 912-961. Sy onderdane was baie lief vir hom. Sy vyande het hom gevrees. Hy was skatryk en magtig. Toe hy egter op 70 jarige ouderdom al die dae van sy lewe bymekaar tel wat oorgeloop het van geluk, kon hy slegs veertien sulke dae identifiseer. Wag! Briek net vir ’n oomblik en lees dit weer: Abd al-Rahman III kon net veertien super-gelukkige dae identifiseer in sy lewe, ten spyte van al sy rykdom en mag!
Stephan Joubert
Jul 25, 2022
bottom of page
