top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Vanaf geraasbesoedeling tot musiek vir ander se ore
Almal praat deesdae oor lugbesoedeling en waterbesoedeling. Onlangs het ek ’n vreemde ander vorm van besoedeling beleef. Dit was naamlik toe iemand in ’n ry voor my by die lughawe homself vervies het vir ‘n personeellid, wat blykbaar te hard met haar kollega gesels het. Kliphard het hy vir haar verduidelik sy pleeg geraasbesoedeling, of “noise pollution”, soos wat hy dit in Engels genoem het. Bygesê, ons almal was verstom oor die man se klipharde vermaning. “Van geraas tot ge
Stephan Joubert
Mar 20, 2023


Genade = die Gees Persoon-lik!
Nee, dis glad nie so volop in ons dag as wat ‘n mens dink nie! Ek praat van genade. Vra maar vir Maarten Luther, die groot hervormer, wat ja
Stephan Joubert
Mar 17, 2023


Vlug reg as jy die slag moet!
“Ek het niks om weg te steek nie,” sê iemand in ’n film. “Jy is gelukkig,” antwoord iemand anders, “want almal steek iewers ’n paar geheime weg.” Dit het my herinner aan ’n verhaal, wat op 16 Junie 1901 in die Washington Post verskyn het. George D. Aldrich het hier ’n storie gedeel wat hy by Arthur Conan Doyle gehoor het. Conan Doyle het een keer vir sy vriende gesê almal het teen ouderdom 40 'n geraamte in die kas. Toe besluit hulle om hierdie stelling te toets. Hulle het 'n
Stephan Joubert
Mar 16, 2023


Die krag van die klein dingetjies
Gedurende die Covid-pandemie en gepaardgaande inperking het die Amerikaanse ontwerper van Xbox, soos baie van ons, besluit om ook brood...
Alet Gardner
Mar 15, 2023


Tande kners gaan nie help nie
Don’t hate your enemies, it affects your judgment. So sê Michael Corleoni, Mafia-baas in die derde Godfather-fliek. Hy sê dit aan een van...
Roedolf Botha
Mar 14, 2023


Die bokshandskoene vir die hemelse bokskryt is weggepak
“God het die verkeerde persoon uitgesoek vir ’n geveg met Homself.” Dit het iemand op sosiale media kwytgeraak, toe hy vir God aangevat het. Die meeste mense, wat sulke mondgevegte met die Here aanknoop, ken Hom nie regtig nie. Hulle veg teen ’n karikatuur. Sulke veglustiges beskou God as ’n tipe “Bruce Almighty”, soos wat Hy uitgebeeld word in die 2003 film met dieselfde naam. In hierdie film, waarin Jim Carrey en Morgan Freeman die hoofrolle speel, word God juis voorgestel
Stephan Joubert
Mar 13, 2023


Sommer so gebeur kerk
“Om te dink ek moes 70 jaar oud word, voordat ek kerk sien werk.” So skryf ‘n dame nou die dag aan my. Dis iemand wat haar lewe lank elke So
Stephan Joubert
Mar 10, 2023


Doen partykeer niks nie
“Doen net iets!” Jy hoor dit gereeld. Om niks te doen nie, is vir baie mense sinoniem met lui wees. Of met die ontduiking van verantwoordelikhede. Nogtans is niksdoen partykeer die regte opsie. Partykeer moet jy eers die kat uit die boom kyk, voordat jy enigiets doen. Jou dade het dikwels onvoorsiene gevolge. Soms draai goedbedoelde dade sleg uit. Hoe lui daardie Engelse gesegde nou weer: “No good deed goes unpunished.”
Stephan Joubert
Mar 9, 2023


Gejaagdheid – is dit God se plan vir my lewe?
“You must ruthlessly eliminate hurry from your life.” - Dallas Willard In die boek Through the Looking Glass van Lewis Carroll, hardloop...
Elmarie van der Westhuizen
Mar 8, 2023


Avatar: The way of water
Ek is nie besonder lief vir 3D-flieks nie. Hulle maak my gewoonlik moeg en gee my ‘n kopseer. Met Avatar: The way of water was dit egter and
Siegfried Louw
Mar 7, 2023


Op hartverloor se vlakte
Partykeer verloor mense hulle harte, terwyl hulle nog leef. Dan word hulle harteloos hard en wreed. Presies dit het gebeur met die berugte Russiese leier, Josef Stalin (1878-1953). Daar word vertel hoedat hy by sy eerste vrou, Ekaterina, se begrafnis in 1907 gesê het sy was die enigste persoon, wat sy hart sag gemaak het. Met haar dood het sy laaste gevoelens van medelye gesterf. Van toe af het hy verander in ’n hartelose leier wat ook miljoene van sy eie mense doodgemaak het
Stephan Joubert
Mar 6, 2023


Word ‘n kind
Vele wyshede kom uit onskuldige kindermonde, nie waar nie? Miskien moet ons meermale na hulle luister. Nee, miskien moet ons ook self weer e
Stephan Joubert
Mar 3, 2023


Oppas vir daardie rooi knoppie in jou lewe
Het jy ook ‘n rooi knoppie in jou kop? Ek praat van daardie denkbeeldige rooi knoppie wat jou laat ontplof van woede, wanneer dit gedruk word? Daardie rooi knoppie gaan soms af as mense op jou senuwees werk. Of as hulle krap waar dit nie jeuk nie. As jy sommer vinnig aan ’n paar mense en situasies kan dink wat jou eie temperatuur in sulke rooi knoppiesones injaag, dan weet jy jy kort meer geduld.
Stephan Joubert
Mar 2, 2023


Op pad na die kruis: Hoe Jesus gevolg moet word
Ons reis verder op die hakke van Jesus deur Lukas se Evangelie. Ons begin tydens hierdie Ekerk Lewendig Bybelreis, by Lukas 18.
Roedolf Botha
Mar 1, 2023


Soos ‘n timmerman
Daar is nog iets wat my opgeval het toe ek Indiana Jones and the Last Crusade gekyk het. Dit het te make met ‘n soektog na die holy...
Roedolf Botha
Feb 28, 2023
bottom of page
