top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


“Wie is ek?” is nie die belangrikste vraag nie
Dis asof almal daarop uit is om hierdie vraag te beantwoord. Wie is ek? Wat is my gawes? Wat moet ek doen? Waarom is ek hier? Dis alles...
Roedolf Botha
Apr 11, 2023


Geen “pity party” nie, want Jesus is terug
In Engels praat mense soms van ’n “pity party”. Dit gebeur wanneer jy jouself eindeloos jammer kry. Dit gebeur wanneer jy begin glo niemand se lot is so swaar soos joune nie. Dit gebeur wanneer jy voel niemand kry jou jammer genoeg, terwyl jyself in jammerkry-laagte vasgeval het nie. Presies so-iets gebeur met die dissipels daardie eerste Sondagaand na Jesus se kruisiging. Hulle eerste “aanddiens” het maar droewig afgeskop, soos wat Johannes 20:19-24 vir ons vertel. Hulle het
Stephan Joubert
Apr 10, 2023


Om te huil en te lag
Soms wil jy net huil oor al die sinnelose geweld en hartseer in die lewe. Jesus het dit regtig gedoen. Hy het op ‘n dag hardop gehuil oor ‘n
Stephan Joubert
Apr 7, 2023


Hardkoppigheid is nie ’n deug nie
Jare gelede gaan kuier ek by ’n vriend in die hospitaal. Daar vertel hy my toe hoe die persoon in die bed langs hom pas op sy krukke buitekant toe gestrompel het om daar te gaan rook. Dit was kort nadat ’n deel van sy been afgesit is as gevolg van gangreen, wat veroorsaak is deur sy rookgewoontes. Daardie ou was dus letterlik besig om sy liggaam op te rook. Nogtans het hy hardkoppig hiermee volhard.
Stephan Joubert
Apr 6, 2023


Vergifnis – ‘n aflosstokkie
Wanneer ek iemand anders vergewe, is dit eintlik “’n bewys van God se genade” in my. (Heidelbergse Kategismus – Sondag 51, vraag 126)....
Alet Gardner
Apr 5, 2023


Om in God se skaduwee te leef
Om in iemand anders se skaduwee te leef, het ‘n baie negatiewe konnotasie. Daar is egter Iemand in wie se skadu ek graag permanent wil bly.
Helena Smith
Apr 4, 2023


Die kruis is nie ‘n vroom fotosessie nie
Selfies saam met bekendes is gewild. Almal wil graag foto’s saam met hulle helde hê. Nog altyd wil mense in die teenwoordigheid van bekendes gesien word. In die era voor kameras was dit ook die geval. Gaan kyk maar na baie skilderye van Jesus se kruisiging deur die eeue, dan sien jy hoeveel mense het hulleself laat inverf in tonele van Sy kruisiging. Koninklikes en magshebbers het gedurig rondom Hom by Sy kruisiginggestaan. In vandag se taal sou ons sulke skilderye die selfie
Stephan Joubert
Apr 3, 2023


Klein is groot
Klein is nou die nuwe groot in God se koninkryk. Ek besef dit opnuut, toe ek onlangs die Britse liedjieskrywer, Martyn Joseph, se woorde oor
Stephan Joubert
Mar 31, 2023


Vol van jouself of vol van die Here?
Tydens ’n staatsbesoek aan Moskou ’n paar jaar gelede het die goue roltrap van die koning van Saudi-Arabië se vliegtuig skielik onklaar geraak. Ja, jy het reg gelees. Sy vliegtuig het ’n ingeboude roltrap. Toe moes die arme koning op eie stoom verder teen die trappe afstap. Dit was glo ’n groot publieke verleentheid vir al sy amptenare. Genadiglik is so ’n goue-roltrap-lewe darem nie alle vername mense se lot nie. Dink maar aan die oud-Amerikaanse president, Jimmy Carter, wie
Stephan Joubert
Mar 30, 2023


Ompaaie is goed vir ons groei
Ek en my vrou ry nou die Sondag terug na ‘n naweek weg. Ons ry gereeld dié pad. Die rit neem gewoonlik bykans twee en ‘n kwart uur op die...
Roedolf Botha
Mar 28, 2023


Vanaf verveeld tot gelowig
Die strokieskat, Garfield, is bekend vir al sy spitsvondighede. In een strokie sê sy eienaar, Jon Arbuckle, hyself is met sy lewe verveeld. Dan dink Garfield hy is ook verveeld met Jon se lewe! Verveeldheid is volop. Amper niemand kan meer vir vyf minute lank net stilsit sonder om hulle selfone te gryp en iets op sosiale media te soek om hulle verveeldheid aan te spreek nie. Verveeldheid tref selfs al vir jong kindertjies, wat gedurig met hul selfone sit en speel aan etenstaf
Stephan Joubert
Mar 27, 2023


Mors jy jou tyd?
“Jy mors jou tyd!” sê iemand by ‘n kerk onlangs vir ‘n jongmens, wat ‘n jaar van sy lewe afstaan saam met ‘n jeugspan van ‘n groot kerk om i
Stephan Joubert
Mar 24, 2023


Vertrou die Here ook met jou slaap
Wie van ons het nie al vir ’n paar oomblikke ingesluimer tydens ’n lesing, ’n opvoering, of ’n fliek nie? Of dalk tydens ’n kerkdiens? Maar dit kos moed om te doen wat die skaakkampioen van die wêreld, Magnus Carlsen, gedoen het. In 2014, tydens ‘n skaakwedstryd teen Viswanathan Anand om die wêreldkroon, het hyself ’n vinnige uiltjie geknip. Fotos en video’s hiervan het wêreldwyd opslae gemaak.
Stephan Joubert
Mar 23, 2023


Ses nodige verhoudings vir leierskap
Transformasieprosesse is moeilik en kompleks om te lei. Dinge blyk nie altyd so eenvoudig te wees soos wat dit van “bo” af lyk nie. Wanneer ‘n mens begin met ‘n strategie van vernuwing, dan is daar gewoonlik verskeie stemme, wat opgaan waarna ‘n mens moet luister. Sommige van hierdie stemme is krities en ander is weer ondersteunend. ‘n Leier moenie net bewus wees van hierdie groepe in jou gemeente of maatskappy nie, maar moet ook in gesprek met hulle wees om seker te maak dat
Roedolf Botha
Mar 22, 2023


Wat op, moet af: Lewe op die berg is tydelik
ʼn Berg is ʼn fantastiese natuurverskynsel, wat gebore word uit ʼn magtige sameloop van omstandighede. Die majestueuse Himalajas, byvoorbeeld,
Liezel Lüneburg
Mar 21, 2023
bottom of page
