top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Nie net woorde nie
Ons leef in ‘n wêreld van informasie-oorlading. Kan jy glo dat ‘n naweekuitgawe van die bekende New York Times meer inligting bevat as wat ‘n gemiddelde persoon tydens sy of haar ganse leeftyd in die sewentiende eeu moes baasraak. Daagliks word daar meer as vyf biljoen SMS’e rondgestuur, sewe miljoen webblaaie tot die internet toegevoeg, 500,000 virtuele “blogs” op MySpace bygevoeg en noem maar op. Inligting oorspoel ons van alle kante en dit lê ons lam. So bevind navorsers.
Stephan Joubert
Jul 22, 2022


Meld aan en help dat lewens gered word
Volodymyr Zelensky, die leier van die Oekraïne, is gevra hoe sou hy ’n oorwinning beskryf in die skrikwekkende oorlog met Rusland. Toe antwoord hy: “Victory is being able to save as many lives as possible.” Tot soveel as 10 miljoen van sy land se mense het reeds gevlug volgens sommige skattings. Hulle stede is aan flarde geskiet. Hulle huise is verwoes. Vroue en kinders slaap in openbare sale in buurlande terwyl hulle
Stephan Joubert
Jul 21, 2022


‘n Rusplek langs die pad vir tuisverpleërs
Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe...
Alet Gardner
Jul 20, 2022


Gee aandag, eerder as om afgelei te word
Ervaring leer ons dat iets soos toegewyde en konstante fokus ‘n groot uitdaging blyk te wees in ons samelewing. Daarom is een van die...
Roedolf Botha
Jul 19, 2022


So leef iemand wat God se hart roer
Marietjie, my beste helfte, vertel nou die dag hoedat ’n dame wat sy ken, en wat dit self nie finansieel breed het nie, by ’n supermark ’n tweede myl gestap het vir iemand anders. Dit was ’n bejaarde man wat hulpeloos daar voor die winkel rondgestaan het. Toe vra hierdie dame spontaan vir hom wat het hy nodig. “Dis my vrou se verjaarsdag, en ek kan nie eers vir haar ’n verjaarsdagkoek koop nie,” het die 86 jarige man verleë geantwoord. Toe gaan koop sy net daar R800 se kos vi
Stephan Joubert
Jul 18, 2022


Die waarheid het nie baie kante nie
Sommige mense het die vermoë om alles in die lewe ingewikkeld te maak. Hulle sien altyd net probleme raak, nooit oplossings nie. Gelukkig is daar darem baie ander, wat oor die gawe beskik om dinge te vereenvoudig. Maar nou ja, Albert Einstein het ook op ‘n dag gesê: “We must keep things as simple as possible, but never simpler!” Miskien is die uitdaging om dinge nie heeltyd nog ingewikkelder te maak nie, maar om dit terselfdertyd ook nie te oorvereenvoudig nie.
Stephan Joubert
Jul 15, 2022


Raak geduldiger
Geduld gebeur nie spontaan vir die meeste van ons nie. Om geïrriteerd te wees is ’n baie makliker opsie. Geduld is hier in ons dag so skaars as wat kan kom. Ek wens ons almal kon wegkom met die verskoning dat dit ander mense se skuld is dat ons so sukkel met geduld. Die res maak dit regtig vir ons moeilik om geduldig te wees. Maar ons kan nie. Die Here vra geduld van ons elkeen. Daarom moet ons dit gedurig van Hom afbid. Daarna moet ons dit aanhoudend inoefen.
Stephan Joubert
Jul 14, 2022


Wanneer leiers moet konfronteer…
Konfrontasie en vermaning is eenvoudig deel van ‘n leier se werk. Selfs van uiters goeie en verhoudingsensitiewe leiers is dit waar. Of ‘n spesifieke leier passievol glo in ‘n diensbare leierskapstyl, demokratiese leierskap, pannekoekstyl leierskap, empatiese leierskap of transformasieleierskap, dit maak geen verskil aan die feit dat op die een of ander tydstip, gaan die leier iemand moet aanspreek, teregwys of ten minste konfronteer nie. Die konfrontasie kan wees as gevolg
Roedolf Botha
Jul 13, 2022


“Bevoorregting”: Polities verkeerd
Ek is bevoorreg. Tot so ʼn mate dat ek elke slag, as ek iemand in ellendige omstandighede sien, met groot hartseer skuldig voel: Die gogo met vier Pick ‘n Pay-sakkies in haar hande en ʼn huilende baba op die rug; die gryskop madala, wat op twee afgeleefde krukke aansukkel, twee kilometer van die staatshospitaal af; die leerder, wat met ʼn kortbroek aan en sonder ʼn baadjie in sig, deur die dik, wit ryp skool toe stap; en die magdom mense wat elke middag vir die bus staan en wag,
Liezel Lüneburg
Jul 12, 2022


Navolgers van Christus is nie toeskouers nie
“Baie mense dien nie meer die Here nie.” “Dit gaan sleg omdat die mense van Suid Afrika nie vir God eerste stel nie.” “As mense net terugkeer na die Here toe, sal Hy ons land seën.” “As mense net wil kerk toe kom, sal dit beter gaan met ons mense.” Elke keer as ek sulke uitdrukkings hoor, is ek uitasem. Ek meen, wanneer sal diegene wat sulke dinge sê, tevrede wees?
Stephan Joubert
Jul 11, 2022


Skuldig!
Skuldig! Dis die Gees se aanklag jeens die nie-gelowige wêreld. Elkeen, wat Christus die rug toekeer, word deur Hom skuldig bevind. Dis die Gees se werk om namens die hemel waarheid en leuen te onderskei. Hy ken die verskil tussen navolgers van Christus en diegene, wat Hom verwerp, die beste van almal.
Stephan Joubert
Jul 8, 2022


“Onthou jy my?” Of is die vraag eerder: “Onthou Ek jou?”
“Onthou jy my?” Ek moet sê, ek vrees hierdie vraag. Dikwels moet ek al teenoor sulke vraagstellers erken dat my geheue my in die steek gelaat het. As ek in mense vasloop wat ek veronderstel is om te ken, maar ek doen nie, is ek aldag verleë. In elk geval, eendag in die toekoms gaan hierdie einste vraag: “onthou jy my?” baie gewild wees. Jesus sê in Matteus 7 dat baie mense hierdie vraag vir Hom gaan vra op die heel laaste dag. Hulle sal by Hom wil weet of Hy nog weet wie hull
Stephan Joubert
Jul 7, 2022


Gee ek toe aan pessimisme?
“The pessimist sees difficulty in every opportunity. The optimist sees opportunity in every difficulty.” - Winston Churchill As ons na...
Elmarie van der Westhuizen
Jul 6, 2022


Hancock, die evangelie en die aard van liefde
Waarom is dit dat soveel mense, wat sê dat hulle in liefde glo, dit nie regkry om liefde volledig te beleef nie? Gelowige pa’s, wat in...
Roedolf Botha
Jul 5, 2022


Aandag, vandag is ’n goeie Maandag!
Skietvoorvalle waar indiwidue losbrand op skares, neem by die dag toe regoor die wêreld. Dit is veral Amerika wat deurloop. Na vyf agtereenvolgende naweke dat sulke skietvoorvalle plaasgevind het, is die naweek van 24-26 Junie 2022 gekenmerk deur tien afsonderlike voorvalle. Gedurende hierdie wilde naweek is 7 mense doodgeskiet en 46 gewond. Sulke skietvoorvalle vind ook gereeld plaas in Suid Afrika. In die laaste week van Junie is vier mense in Kaapstad doodgeskiet in vermee
Stephan Joubert
Jul 4, 2022
bottom of page
