top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Kleur die lewe in met geloof, hoop en liefde
Sowat vyftien dae na ons geboorte begin ons om tussen kleure te onderskei. So leer die slim mense ons. Vir die res van ons lewe is ons dan deur kleur omring. Geen wonder dat ons vir ons kinders van kleinsaf leer om in te kleur nie. Hulle kleurlose inkleurboeke moet met behulp van kleurkryte lewe kry. Ongelukkig pak baie van ons ons kleurkryte weg, wanneer ons groot word. Fout! Die lewe kort kleur. Dit kort die geloofskleure van geloof, hoop en liefde. Deur die Here se goedhei
Stephan Joubert
Nov 10, 2022


Oordeel versigtig
“Judge Softly” “Pray, don’t find fault with the man that limps, Or stumbles along the road. Unless you have worn the moccasins he wears,...
Elmarie van der Westhuizen
Nov 9, 2022


Anti-kwesbaar
‘n Wind doof ‘n kers uit, maar laat ‘n vuur floreer. Ons moet ‘n vuur wees, nie ‘n kers nie. So praat Nassim Taleb, ‘n populêre filosoof...
Roedolf Botha
Nov 8, 2022


Nie deur skuldgevoelens nie, maar deur Christus
Skuldgevoelens is ’n gewilde hefboom. Baie mense gebruik dit om ander te beweeg om sleg of skuldig te voel,of om dankbaar te wees of betrokke te raak. Hulle vertel graag vir jou hoe arm, siek, en benadeeld ander mense is. Hierna sê hulle vir jou dat jy moet dankbaar wees jy staan nie in daardie mense se skoene nie.
Stephan Joubert
Nov 7, 2022


Luister na die regte mense
Kan jy glo dat jou godsdiens jou soms blind kan maak vir ‘n wyer kyk op God se genade? Ja, inderdaad! Jy kan maklik vasval in jou selfgemaakte godsdienstige agendas, waarbinne jy maar net jou eie lysie sondes van vroeg tot laat aanspreek en jou standaardoplossings vir die kerk en die wêreld se probleme op die tafel neersit. Maar dit kan jou soms blind maak vir ‘n wyer kyk op die Gees se werk. Daarom het jy ‘n paar goeie vriende baie naby aan jou nodig.
Stephan Joubert
Nov 4, 2022


Wees gereed om ’n superheld te wees as God op jou knoppie druk
Jy hoef regtig nie spesiale kragte te hê om ’n superheld te wees nie. Doodgewone helde is steeds die wêreld vol. Dit is daardie pa, wat in Natal se see duik en sy kind red, maar wat ongelukkig self verdrink. Dit is die vrou in Centurion, wat ’n hulpsentrum vir mishandelde vroue begin, nadat sy vroeër self vir dood agtergelaat is na gesinsgeweld. Dit is een seun, wat plaasaanvallers se koeëls vat om sy ouers se lewens te red. Dit is die taxibestuurder, wat langs die pad stop o
Stephan Joubert
Nov 3, 2022


ESKOM bring nie die lig nie
Suid-Afrika is vanaf Januarie 2022 tot en met die begin van Oktober reeds met 1 949 ure beurtkrag, wat oor 81 dae gestrek het, lamgelê. Dit is skrikwekkend en mense is nie net kwaad nie, maar ook doodsbenoud – die voorspelling vir 2023 lyk selfs erger en permanente donkerte lyk nou nie meer so onwaarskynlik nie.
Liezel Lüneburg
Nov 1, 2022


Nog meer goeie nuus, asseblief
“Julle moet meer teen sonde preek,” sê iemand in die publiek. “Vandag se jongmense het nie meer ’n sondebesef nie. Dit moet weer by hulle ingedril word.” Iemand anders antwoord toe: “Ek dink ons moet nog meer oor Christus preek!” “Nee, dit is omdat die kerk sag geword het op sonde dat dit so sleg gaan,” kom die reaksie. Terwyl ’n leraar my vertel van hierdie gesprek, wat hy iewers in die publiek beleef het, wonder ek hoekom meen sommiges dat nog meer klem op sonde en op alles
Stephan Joubert
Oct 31, 2022


Bou reg
“Hoe kan ek oorleef as Eskom die kragtariewe verhoog, as inflasie buite beheer styg en as kos onbetaalbaar duur word?” wonder jy. Voel jy ook dat die skerp kante van die lewe ses - stroop daar op jou eie voorstoep wen? Nou ja, dit hang natuurlik af van watter meetinstrumente jy gebruik om jou eie geluk of ongeluk mee te meet. As dit net met al daardie lang Y-dinge te make het – wat jy ry, waar jy bly en wat jy elke maand in geldterme kry - dan gaan jy bes moontlik met ‘n paar
Stephan Joubert
Oct 28, 2022


‘n Skild van geloof en ‘n Coke blikkie
My “skild van geloof” (Efesiërs 6:16) het onlangs dringend onderhoud nodig gehad. Moedeloos gesukkel met dringende dokumentasie, wat ek...
Alet Gardner
Oct 28, 2022


Doen die evangelie “laagdrempelig”
Onlangs moes ek ’n draai in Nederland maak. Toe gaan loer ek in by vriende, wat onlangs soontoe verhuis het. Hulle leer my toe ‘n mooi Nederlandse woord, wat ek nog nooit gehoor het nie: “laagdrempelig.” Hierdie woord beteken iets soos toeganklik of maklik verstaanbaar. In elk geval, Nederlandse gemeentelede het vir my vriend, wat self nou ook ‘n leraar daar is, vertel dat sy preke altyd “laagdrempelig” moet wees. Die teenoorgestelde hiervan is sekerlik dan hoogdrawend. Daari
Stephan Joubert
Oct 27, 2022


Ons het mekaar nodig
“Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val, wat alleen is, is daar...
Elmarie van der Westhuizen
Oct 26, 2022


Die einde is nie die einde van die wêreld nie!
Soms word ons angsvlakke bepaal deur ons swak teologie of ongesonde klemme op sekere Bybels-teologiese sake. Ek slaan veral in koue koors...
Roedolf Botha
Oct 25, 2022


Nie behoefte-aangedrewe nie
“You can’t always get what you want.” So sing Mick Jagger en die Rolling Stones. Inderdaad! Ons kan nie altyd kry wat ons wil hê nie. Daarom is baie mense ongelukkig, want hulle is “wants and needs driven”, soos wat die Engelse dit sou sê. Hulle leef behoeftegedrewe. So ’n leefwyse is ’n bodemlose put. Behoeftegedrewe mense het nooit genoeg nie. Daar is altyd nog iets, wat hulle kortkom voordat hulle regtig gelukkig in hulle eie oë kan wees. Hulle glo dat die volgende item op
Stephan Joubert
Oct 24, 2022


Maandag ook
Terwyl die wêreld 27 triljoen SMS’e elke jaar rondstuur, 60% jongmense hulle verhoudings via selfone en Instagram bou en beoefen en rekenaarverkope in Suid-Afrika met meer as 12% per jaar groei, is ons iewers langs die pad besig om ‘n stukkie menswees in te boet. Ons eindelose beheptheid met nuwe tegnologiese speelgoed en ons gedurige behoefte om vermaak te word, veroorsaak dat ons, ons Godgegewe verstandelike vermoëns en ons dienbare verkwansel.
Stephan Joubert
Oct 21, 2022
bottom of page
