top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


2023: Staan op!
Dr Koos Greeff, ’n tentmaker predikant by die NG Gemeente, Vredenburg, het onlangs, soos net hy kan, uit Esegiël 1 en 2 gepreek en my brein
Liezel Lüneburg
Dec 27, 2022


Dit gaan oor Jesus, nie oor ons nie
Die feesseisoen het reeds ’n paar weke gelede afgeskop, maar tans versnel dinge behoorlik. Tafels moet in gereedheid gebring word vir die groot Kersfeesete. Kos moet voorberei word en geskenke moet toegedraai word. Dis geen wonder dat hierdie dae vir party mense ’n spanningsvolle tyd is nie. Ma’s moet van vroeg tot laat vir familie en vriende regstaan; pa’s moet braai dat dit klap; kinders moet help huis skoonmaak… Miskien is dit nodig dat ons almal vandag net een tree terugs
Stephan Joubert
Dec 26, 2022


Moeg vir die gewone
Is jy moeg vir jou geloofslewe soos wat dit tans daar uitsien? Is dit vaal, vervelig en boonop ook hoogs voorspelbaar? Wel, dan is dit tyd d
Stephan Joubert
Dec 23, 2022


As ek niks het nie, kan ek nie gee nie
‘Nemo dat quod non habet’ is ‘n Latynse regsterm, wat letterlik beteken dat niemand iets wat hy nie het nie, kan verkoop of weggee nie....
Elmarie van der Westhuizen
Dec 21, 2022


Rusteloosheid en Rus
Toe ek nou die dag weer ‘n Sprite-advertensie sien, wat sê: Quench that Thirst, toe dink ek weer daaraan hoe eindeloos en bodemloos die...
Roedolf Botha
Dec 20, 2022


Kersfees is nie altyd ’n mens se speelmaat nie
Kersfeestyd is vir baie mense gelyk aan spandeertyd. Dan loop al daardie swaarverdiende geldjies soos stroop. Vreesloos bestorm mense die winkels asof dit die laaste keer is dat hulle dit ooit sal doen. Terwyl kasregisters op die maat van bekende Kersfeesmusiek oortyd werk, is mense in ’n kooplustige bui. Elke jaar gaan dit so. Elke jaar waarsku party predikers ook teen ’n “wêreldse" Kersfees. Party ander gaan selfs jaar na jaar so ver om te sê ons moenie eens hierdie fees vi
Stephan Joubert
Dec 19, 2022


Kyk op
Dis niks lekker om op die grond neer te slaan nie; veral nie as jy boonop met jou gesig eerste in die modder beland nie. Ken jy daardie gevoel? Weet jy van modder-lê? Doen jy dit deesdae gereeld? Het jy al gewoond geraak aan die seerkry-kante van die lewe? Wel, moenie dan net so bly lê nie. Draai ‘n slag om, want as jy nog kan omdraai, dan kan jy ook mos opkyk. En as jy kan opkyk, dan kan jy opstaan.
Stephan Joubert
Dec 16, 2022


Strome van lewende water
Strome van lewende water in aksie – dit was die voorreg, wat ek en Brink twee jaar gelede gehad het om te kon aanskou. Ons het saam met...
Alet Gardner
Dec 14, 2022


Hoeveel onse in jou pond?
“Hoeveel onse is daar in jou pond?” Dit is die vraag wat my ma gewoonlik vir my gevra het wanneer ek besluit het ons behoort iets te doen. My kinders verstaan nog minder van onse en ponde as ek, so hulle het die vraag vereenvoudig: “Wie almal?”
Siegfried Louw
Dec 13, 2022


Wees versigtig wat jy liefhet
“Amor mundi!” “Liefde vir die wêreld!” So het die kerkvader Augustinus gesê. In dieselfde asem het hy ook gesê ons moet versigtig wees wat ons liefhet. Hierdie einste woorde van Augustinus het die denker Hannah Arendt (1906-1975) so besig gehou dat sy uiteindelik ’n boek hieroor geskryf het. Volgens haar kan sulke liefde nooit geskoei wees op selfsug of haat nie. Onder andere omskryf Arendt boosheid as doelbewuste keuses om ander mense as oorbodig of irrelevant te verklaar. I
Stephan Joubert
Dec 12, 2022


Aanwesig
‘n Geprivatiseerde godsdiens waar ek my geloof in isolasie van die daaglikse werklikhede bedryf, is gevaarlik. Kort voor lank laat dit my glo dat die ganse wêreld boos is en te alle koste vermy moet word. Dan sien ek God later maar net as ‘n afwesige Huiseienaar wat eintlik nog net opdaag vir Bybelstudies en eredienste by die kerk, maar wat nie omgee wat elke dag in die wêreld gebeur nie. Wel, feit is dat God sy wêreld met oorgawe liefhet. Elke mense op planeet aarde het ‘n e
Stephan Joubert
Dec 9, 2022


Teen die einde van die jaar is ek opnuut dankbaar vir genade
Ek is dankbaar vir die Here se genade. Altyd, maar veral in hierdie tyd. Vanjaar was lank en hard, maar ek is dankbaar dat God se getrouheid elke dag verlig het. Ek is dankbaar dat ek nooit in 2022 met God vir Sy hulp hoef te onderhandel het nie. Of dat ek nie enige teenprestasies aan Hom hoef te gelewer het in ruil vir Sy hulp nie. Of dat ek beloftes aan Hom hoef te gemaak het, wat ek moes nakom om Sy guns te behou nie. Ek is dankbaar dat ek vanjaar ’n teks soos Romeine 11:3
Stephan Joubert
Dec 8, 2022


Leierskap in ‘n oogwenk
Daar is een saak, wat deur bekwame leiers bespreek word, wat deurslaggewend vir goeie leierskap is. Veral in vinnig veranderende tye is dit ‘n eienskap wat broodnodig is, maar wat na my mening, nie veel aandag kry nie. Die voormalige, legendariese Hoof Uitvoerende Beampte van General Electric, Jack Walsch, het dit “edge” genoem. Met “edge” het hy bedoel ‘n natuurlike momentele intuïsie, wanneer dit by besluitneming kom. Soms, in ‘n snelveranderende wêreld, moet ‘n besluit op
Roedolf Botha
Dec 7, 2022


Goeie raad vir moeilike tye
Die beste raad is gewoonlik die eenvoudigste. My oorlede skoonpa was iemand, wat goeie, wyse raad kon uitdeel. Stil, diepdenkend,...
Roedolf Botha
Dec 6, 2022


Die Here stel nie swaarkrytoetse op nie
Mense sê graag die Here gebruik slegte omstandighede om hulle te leer om meer afhanklik van Hom te wees. Maar is dit korrek? Doen die Here dit regtig? Ten minste leer die Bybel ons dat slegte omstandighede nie deur die Here veroorsaak word bloot net om sekere lesse vir ons te leer nie. Anders gesê, slegte dinge is nie God se skuld nie. Ons kan nie die vinger na Hom toe wys, as die lewe vol toetse en versoekings is nie. Jakobus 4 leer pertinent dat sulke slegte dinge deur mens
Stephan Joubert
Dec 5, 2022
bottom of page
