top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Weerkaatsers
Sekerlik een van die heel mooiste tekste in die ganse Bybel oor die Gees se werk is 2 Korintiërs 3:18. Dit vertel dat jy en ek, wat deel is
Stephan Joubert
Jul 7, 2023


’n Teleurstelling en ’n teleurgestelde … of nie!
’n Wyle gelede vertel iemand my dat aan 'n Bybelstudiegroep by haar werk onttrek het. Alles daar het om die betrokkenes se groot geestelike deurbrake, hulle spesiale gebedsverhorings en die jongste profesieë, wat hulle sou ontvang het, begin draai. Sy het gevoel sy is nie geestelik genoeg nie. Maar haar seepbel het behoorlik gebars, toe hierdie vroom Bybelstudiegroep nie betrokke wou raak by ’n nie-gelowige kollega, wat geldelik en emosioneel swaargekry het nie. Sy was teleur
Stephan Joubert
Jul 6, 2023


Die voorreg om vir ander te bid
“My ma en pa was 35 jaar getroud, voordat my pa die Here aangeneem het. My ma het aangehou bid ten spyte van sy (en hulle kinders) se...
Elmarie van der Westhuizen
Jul 5, 2023


Jesus-volgelinge moet strooipoppe verbrand
Ek kyk nou die dag hoe die teoloog, Tom Wright, ‘n lesing gee, waarna hy deelneem aan ‘n vraag- en antwoordsessie by ‘n universiteit....
Roedolf Botha
Jul 4, 2023


Kom huis toe - alles is vergewe!
Die bekende skrywer, Ernest Hemingway, vertel in “The Capitol of the World” van ‘n seun, genaamd Paco, wat na ‘n woordewisseling met sy pa pad gee uit sy ouerhuis. Later gaan die bedroefde pa orals in Spanje na sy kind soek, maar sonder enige sukses. Uiteindelik plaas hy ’n advertensie in ‘n dagblad in Madrdid, El Liberal,met die woorde: “Paco, meet me at Hotel Montana. Noon Tuesday. All is forgiven.” Maar die pa was nie voorbereid op die reaksie, wat sy advertensie tot gevol
Stephan Joubert
Jul 3, 2023


Vryheid
Die Gees en vryheid loop hand aan hand. Maar wat beteken hierdie vryheid presies? Paulus spel dit deur die loop van 2 Korintiërs 3 op verski
Stephan Joubert
Jun 30, 2023


Die lewe is nie regverdig nie, maar God is by ons
By die dag neem swaarkry toe. Elke dag hoor jy van nog mense, wat gekaap is. Of van nog mense, wat al hulle geld verloor het omdat skelms toegeslaan het op hulle bankrekenings. Mense sê orals vir mekaar die lewe is moeilik. Baie voel asof God van hulle vergeet het. Ongelukkig is die lewe nie aldag regverdig nie. Opregte mense verloor soms alles, wat hulle besit, terwyl skurke en skelms floreer. Die wiel is veronderstel om te draai, soos wat sommiges graag sê, maar dit doen ni
Stephan Joubert
Jun 29, 2023


Lag gelowig
In ’n onlangse boek oor die impak van humor vertel Jennifer Aaker en Naomi Bagdonas van ’n stukkie navorsing wat bevind ’n gemiddelde vierjarige kind lag amper 300 keer per dag, terwyl dit ’n veertigjarige ’n volle tien weke neem om 300 keer te lag. Eina! Hoor weer: dit neem ’n volwassene 70 dae om soveel te lag soos wat ’n klein kindjie in een dag lag.
Stephan Joubert
Jun 26, 2023


Dit gaan nooit verby nie
2 Korintiërs 3 is verruklik mooi! Dit bruis van opwinding oor die Gees se nuwe werke, soos dat Paulus se bediening Moses s’n vervang het en
Stephan Joubert
Jun 23, 2023


Moenie dat ouderdom jou ooit onkant betrap nie
Spreuke 16:31 sê grys hare is soos ’n kosbare kroon vir mense, wat weet hoe om reg te leef. Party mense word egter meer omgesukkeld namate hulle ouer word. Hulle sê wat hulle wil net wanneer hulle wil. Hulle kritiseer alles en almal van vroeg tot laat. Sulke bitterheid daag nie oornag op nie. Dit kom ’n lang pad. Kwaai jongmanne verander algaande in knorrige ou ooms. Moeilike dames ontaard later in selfgesentreerde tannies.
Stephan Joubert
Jun 22, 2023


My verhouding met Jesus – persoonlik, dinamies, transformerend
Psalm 27 :4 Een ding vra ek van die HERE, en dit sal ek bly soek: om in die huis van die HERE te bly al die dae van my lewe, om my te...
Alet Gardner
Jun 21, 2023


Wanneer dit swaar gaan, wees soos George Foreman
Elkeen van ons het mense wat ons inspireer. Vir my is so iemand George Foreman. Hy is waarskynlik een van die mees interessante en...
Roedolf Botha
Jun 20, 2023


Kom sit hier by die regte vuur
Lewensgevaarlike vure brand orals, vure van haat, geweld, ongeloof en vernietiging. Die skade wat hierdie vure aanbring, is onberekenbaar groot. Almal in die nabyheid van hierdie vure brand seer. Hier doen almal ernstige brandwonde op, brandwonde van woede, bitterheid, sinneloosheid, ongeloof en vrees. Almal, wat uiteindelik vasgekeer raak deur sulke vure, leef en sterf in wanhoop. Daarom moet jy dadelik padgee, wanneer sulke vure in jou nabyheid begin brand. Moenie nog meer
Stephan Joubert
Jun 19, 2023


Van déja vu tot vuja de
Jy het mos al gehoor van déja vu- daardie vreemde gevoel dat jy vantevore op ‘n plek was, selfs al was jy nog nie daar nie. Nou ja, wat van
Stephan Joubert
Jun 16, 2023
bottom of page


