top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Om aandag te gee
Worship is to pay attention. Dis hoe Eugene Peterson ‘n lewe van verwondering en aanbidding teenoor God beskryf. Om God te aanbid is om...
Roedolf Botha
May 23, 2023


Onderdanigheid is nooit vloerlappigheid nie
Die Griekse woord “hupotassomai” word dikwels in Afrikaanse Bybelvertalings met onderdanigheid vertaal. Nee, “hupotassomai” beteken nie vloerlappigheid nie. Of slaafse onderdanigheid nie. Of opinieloosheid nie. Of ’n ekskuus-dat-ek-leef-ingesteldheid nie. “Hupotassomai” veronderstel ’n ingesteldheid van diensbaarheid teenoor ander. Dit gaan daaroor dat jy doelbewus jou eie idees, behoeftes en belange nie bo dié van iemand ander ag nie. Dit is sinoniem met opoffering en nederi
Stephan Joubert
May 22, 2023


Nie meer klip nie, maar vlees
Nie meer klip nie! Dis God se aangrypende boodskap met die Gees se koms. In die Ou Testamentiese era was klip God se vernaamste skryfmateria
Stephan Joubert
May 19, 2023


Leef ’n trefferverhaal, die Here S’n
Orals laat ons afdrukke agter van onsself. Ons vingerafdrukke, ons voetspore en ons teenwoordigheid maak tydelike en soms ook blywende afdrukke. Om seker te maak dat dit goeie afdrukke is, moet ons ons lewe gedurig toevertrou aan die hande van die Here. Paulus vertel juis in 2 Korintiërs 3:3 dat ons as gelowiges ’n lewende brief van Christus is. Hierdie brief word nie met gewone ink op gewone papier geskryf nie. Die Gees van die Here is met hierdie skryfwerk op ons harte besi
Stephan Joubert
May 18, 2023


Leiers se (MAG-tige) versoeking
Die laaste paar jaar is daar in gesprek oor leierskap begin om baie (alhoewel nie genoeg nie) klem te lê op die konsep van Self-leierskap. Hierby word bedoel dat elke leier, veral ‘n leier, wat ‘n geestelike voorbeeld wil stel, moet toesien hoe hy homself in sy eie verhouding met God lei, hoe hy sy eie waardes bewustelik of onbewustelik ten toon stel, wanneer hy tussen sy mense is. Karakter is werklik uiters fundamenteel tot ‘n leier se roeping.
Roedolf Botha
May 17, 2023


Boelies bring lyding
Nabal was ʼn skoorsoeker en bullebak. Hy het een en elk beledig en word in 1 Samuel 25 beskryf as ʼn “regte korrelkop en onbeskof” en ʼn verkee
Liezel Lüneburg
May 16, 2023


Ons besit mekaar nie - ons dien mekaar
“I even own the air they breathe,” hoor ek ’n baas op TV sê, toe iemand met hom ’n onderhoud oor sy fabriek en sy werkers voer. Toe dink ek by myself: dit moet niks lekker wees om vir só iemand te werk nie. Sulke tipe mense word nie verniet control freaks genoem nie. Hulle hou daarvan om ander mense se lewens van A tot Z te beheer. Hulle geniet die mag wat hulle vir hulleself oor ander mense toe-eien. Wat ook al mense se beweegredes is om só op te tree, dit is uiters ongesond
Stephan Joubert
May 15, 2023


Lewende briewe
2 Korintiërs 3 is ‘n merkwaardige, maar baie afgeskeepte hoofstuk in die Bybel. Net soos in Romeine 8, waarby ons tans ook stilstaan, onders
Stephan Joubert
May 12, 2023


Om nie te haat nie, is sukses!
Niemand wil eintlik deesdae hoor van die ander wang draai nie. Daar is net teveel mense, vir wie ons dit daagliks moet doen. Nogtans is hierdie opdrag van Jesus in die Bergrede nie opsioneel vir ons as Sy navolgers nie. Dit is nie asof Jesus se leringe bedoel is as ’n spyskaart met verskillende geestelike opsies,waaruit ons kan kies wat vir onsself werk en dan die res kan ignoreer nie.
Stephan Joubert
May 11, 2023


Woorde het gewig
“Sticks and stones may break my bones, (but words can never hurt me).” Ons almal het al agtergekom dat hierdie kinderrympie nie waar is...
Elmarie van der Westhuizen
May 10, 2023


Ons heg waarde aan ander dinge
Wanneer Jesus jou lewe verower en wanneer Sy Goeie Nuus die pad na jou hart vind, dan sien jy ewe skielik dinge anders. Jy leef anders in...
Roedolf Botha
May 9, 2023


Vra jou vrae sonder om gedurig alles te bevraagteken
Die Nobelpryswenner en fisikus, Isidore RabI, vertel hoedat sy maats gedurende sy kinderjare gedurig na skool by hulle ouers een vraag gehoor het: “Wat het julle vandag geleer?” Sy ma het egter iets anders vir hom gevra: “Izzy, did you ask good questions today?” Om goeie vrae te vra, is om te groei. Om goeie vrae te vra, is om aanhoudend nuwe dinge te leer.
Stephan Joubert
May 8, 2023


Jy kan dit doen!
Romeine 8:4 is darem een van die mees afgeskeepte kanontekste in die Bybel. Dit vertel van die fenomenale werk van die Gees as die Een, wat
Stephan Joubert
May 5, 2023


Ek mag my lot bekla by God
Die skrywer van Psalm 88 verkeer in groot nood. Hy beskryf sy swaarkry as ’n diep, donker put. Op ’n soortgelyke manier verwoord Psalm 69 se skrywer sy eie nood as stormwaters waarin hyself vasgevang is. Dit het reeds tot by sy keel gestyg. Hy is boonop ook nog vasgekeer in die modder. Hy kan nie meer regop staan nie. Tussendeur skree hy aanhoudend om hulp. Hy is al moeg gepleit en stokflou gebid, want sy nood hou net nie op nie.
Stephan Joubert
May 4, 2023


Om ‘n huis te bou
Die kusdorpie, Hemsby in Norfolk, Engeland, het ‘n probleem: huise wat op die sandduine gebou is, loop die gevaar om in die see te stort....
Alet Gardner
May 3, 2023
bottom of page
