top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die Here stel nie swaarkrytoetse op nie
Mense sê graag die Here gebruik slegte omstandighede om hulle te leer om meer afhanklik van Hom te wees. Maar is dit korrek? Doen die Here dit regtig? Ten minste leer die Bybel ons dat slegte omstandighede nie deur die Here veroorsaak word bloot net om sekere lesse vir ons te leer nie. Anders gesê, slegte dinge is nie God se skuld nie. Ons kan nie die vinger na Hom toe wys, as die lewe vol toetse en versoekings is nie. Jakobus 4 leer pertinent dat sulke slegte dinge deur mens
Stephan Joubert
Dec 5, 2022


Die goeie lewe
Hoe klink jou eie definisie van die goeie lewe; daardie soort lewe wat jou tuis laat voel? Wel, ‘n oorsese studie het onlangs bevind dat die gemiddelde persoon van veertig jaar die goeie lewe primêr identifiseer met groot huise, die regte motors; ‘n vakansiehuis en vakansies by eksotiese plekke. Vir die onder-veertigs hou die goeie lewe weer verband met die regte voorkoms, styl, voertuie, elektroniese speelgoed, en besoeke aan die regte uithangplekke.
Stephan Joubert
Dec 2, 2022


Systap daardie dodelike duo
Wat as ek die volgende een is met wie iets sleg gebeur? Wat as dit nie reën nie? Wat as die onderwys in duie stort, die misdaad toeneem, kerke liberaal word…? Te veel mense bou hulle lewe op sulke “wat as”-scenarios. Hoe meer jy met sulke negatiewe scenarios werk, hoe meer wen dinge, soos kommer en negatiwiteit, in jou lewe. Natuurlik mag jy ook vrae oor die toekoms vra.
Stephan Joubert
Dec 1, 2022


Kersfees
Elke jaar as die Kersversierings en groot Kersbome in die winkels verskyn, raak ek opgewonde. Ek hou van Kersfees. Dit is ‘n besondere tyd van die jaar. Die kleure is warm en uitnodigend, dis bekend en maak jou hart sommer warm. Hier in Afrika, waar ons ‘n somerkersfees hou, is dit so ‘n bietjie anders as in die noordelike halfrond. Ons beplan volgens die weer en ons spyskaarte verskil dalk, maar ons is lief om ook die feesdag voluit te vier.
Marietjie Joubert
Nov 29, 2022


Daar’s nog plek in die dissipels se boot
Ek wens ek kon daardie nag aanboord gewees het van die visserskuit, waarvan Johannes 21 vertel. Hier lees ek hoedat ’n paar van Jesus se dissipels teruggekeer het na Galilea kort na Sy opstanding uit die dood. Hulle het toe besluit om te gaan visvang. Onder andere was Nataniël aan boord. Toe hyself vir die eerste keer gehoor het van Jesus daar in Johannes 1, was sy vraag: “Kan daar iets goeds uit Nasaret kom?” Maar toe ontmoet Nataniël vir Jesus . “Rabbi, U is die Seun van Go
Stephan Joubert
Nov 28, 2022


Almal doen dit
Jy ken die nuwe wagwoorde: “Almal doen dit; daarom kan ek ook.” “As niemand by stopstrate of verkeersligte stop nie, hoekom moet ek dit doen?” “As niemand hulle aan iemand anders steur nie, hoekom moet ek dit doen?” Hierdie vrae is die nuwe wagwoorde, die nuwe manier van leef vir te veel mense in ons land. Hoekom moet ek dit dan vandag oorweeg om heeltemal anders as “almal” te wees. Wel, omdat ek nie “almal” se slaaf is nie en ook omdat “almal” dikwels verkeerd is.
Stephan Joubert
Nov 25, 2022


Moenie dat nood jou leer bid nie, laat die Here jou leer
“Nood leer bid.” So lui die spreekwoord. Moenie dit met toe oë glo nie, want dan gaan jy altyd bid soos wat jy in tye van nood bid. Dan gaan al jou gebede eintlik net om jou eie nood draai. Of om jou behoeftes. Doen eerder wat Jesus se dissipels in Lukas 11 gedoen het. Gaan vra vir Jesus om jou te leer bid. Hy is die regte Leermeester. Hy sal vir jou die “Ons Vader”-gebed leer bid. Dan sal jy weet gebed gaan heel eerste oor God se eer en oor sy koninkryk. Dan sal jy elke dag
Stephan Joubert
Nov 24, 2022


Brandbom – vergifnis
‘n Onvergeetlike foto: ‘n naakte negejarige dogtertjie, wat op 8 Junie 1972 gillend reguit na die kameraman toe hardloop, weg van die...
Alet Gardner
Nov 23, 2022


Beter Saam!
Een van die voordele daarvan om in Suid-Afrika te woon, is die rykdom van wysheid en tradisies wat daar in die groot verskeidenheid mense...
Roedolf Botha
Nov 22, 2022


Moenie dreig om dankbaar te wees nie. Doen dit net!
Almal praat daaroor as ‘n leraar ophou glo, maar niemand prys die Here, wanneer derduisende leraars aanhou glo nie. Almal praat daaroor wanneer een kerklike skynheilig is, maar niemand is bly dat die meeste gelowiges opreg leef nie. Dit lyk my slegte nuus kry selfs al in die kerk die oorhand oor goeie nuus. Keer asseblief dat so iets met jou gebeur. Hoe?
Stephan Joubert
Nov 21, 2022


Ons dra sy handtekening
Ek onthou hoedat Gandalf iewers in The Lord of the Rings-sage sê dat ons nie die tye kan kies waarbinne ons gebore word nie. Maar dan voeg hy by: “But we are responsible for the time that is given to us.” Sjoe, dis ware woorde. Baie van ons sou dalk elders wou geleef of gebly het. Of in ‘n ander, meer vreedsame tyd in die wêreldgeskiedenis gebore gewees het. Dis egter alles net drome. Ons leef juis hier in millennium drie in ‘n wêreld met chaos en skoonheid, dood en lewe, hoo
Stephan Joubert
Nov 18, 2022


Waarheid is nie ’n seermaakmiddel nie, dis ‘n geneesmiddel
As jy die waarheid padlangs wil hoor, dan moet jy met klein kindertjies gesels. Dit besef ek onlangs toe ek vir ons vriende se seuntjie sê hy het groter geword sedert ek hom laas gesien het. Net daar antwoord hy my: “En oom het ouer geword.” Ons as grootmense is veels te omsigtig met die waarheid. Of dalk te polities korrek. Ons wil net nie hê ander mense moet aanstoot neem nie, veral nie diegene, wat deesdae so maklik “aangestoot” voel nie.
Stephan Joubert
Nov 17, 2022


Leierskap en Innovasie
Almal sal saamstem dat die stimulering van kreatiwiteit en innovasie ‘n uiters belangrike deel van ‘n gesonde leier se rol is. Hoe anders kan ‘n leier kop bo water hou en steeds sy mense effektief lei in ‘n wêreld, wat voortdurend verander? Die basiese beginsels van leierskap bly sekerlik dieselfde, terwyl nuwe planne en beter strategieë voortdurend bedink moet word. Vir ‘n laaste keer put ons uit die nuwe boek van Hermann du Plessis, Lead with Intent, ‘n paar waardevolle ins
Roedolf Botha
Nov 16, 2022


Vasbyt … amper daar!
Groot was my verbasing toe ek aan die begin van Oktober sien dat winkelsentrums reeds Kersfeesversierings het. Toe die skole ‘n week later begin en ons tydens ‘n personeelvergadering hoor wat alles tydens die vierde kwartaal moet gebeur, het ek dadelik angstig geraak. Ek dink hierdie tyd van die jaar is almal gespanne oor wat nog moet gebeur. Ons is oormoeg of dalk uitgebrand, omdat die jaar so vinnig tot ‘n einde haas. Net toe ek goed moedeloos was oor alles wat nog moet vo
Helena Smith
Nov 15, 2022


Oppas dat stereotipes jou lewe oorneem
Iemand vertel nou die dag op ‘n openbare platform dat ’n bekende filmster arrogant is. Hierdie ster het geweier om met ’n jong meisie te praat, terwyl hy saam met iemand geëet het. Sy het ongevraagd afgestap op die ster en haar selfoonnommer in sy hand gestop. Hy wou egter nie haar selnommer aanvaar nie. Nou is daardie “Top Gunner” blykbaar ongeskik op grond van een insident. Toe ek dit lees, dink ek by myself dis presies hoe stereotipes gevorm word. ’n Enkele interaksie met
Stephan Joubert
Nov 14, 2022
bottom of page
