top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Dit is nie so maklik nie, maar…
Dit is nie so maklik soos wat jy dink nie. Of so eenvoudig nie. Gereeld hoor mens sulke uitdrukkings. Hulle wat sulke dinge sê is heeltemal reg. As dit so maklik of so eenvoudig was, dan was dit! Dan het almal dit reggekry. Tereg het die Franse filosoof Jacques Derrida gesê: “If things were simple, word would have gotten around.”
Stephan Joubert
Aug 13, 2020


So maak jy jou lewe eenvoudiger
Dit is een ding om te sê die Here is jou Herder, soos wat Psalm 23 leer. Maar dit is iets anders om te sê jy kom niks kort nie. Moenie met ’n verbruikersmentaliteit opgeskeep sit nie. Moenie ’n voltydse tekort-kommer wees nie - nie as Psalm 23 jou leef-psalm is nie. Hoe? Wel, verwyder ’n klomp onnodige “stuff” uit jou lewe. Kom klaar met minder dinge.
Stephan Joubert
Aug 10, 2020


Om nie die laaste woord in te kry nie
“If you can’t win an argument, you must win the fight,” lees ek iewers. Lyk my, party vat dit ernstig op. As ek luister hoe mense mekaar soms in die publiek behandel, en hoe hulle met mekaar en oor mekaar praat, wys dit dat afbrekende taal maklik wen. Dan herinner ek my weer aan die verhaal van Dallas Willard, die Amerikaanse denker wat ’n paar jaar gelede oorlede is. As professor in filosofie is hy een keer tydens ’n lesing woes uitgehaal deur ’n student oor sy eie geloofsoo
Stephan Joubert
Aug 6, 2020


Tel ’n slag jou eie mat op
In ‘n ou Amerikaanse sepie, “The king of Queens,” besoek die hoofkarakter Doug, en sy vrou een keer sy ouers. Hulle gaan vier sy hond Rocky se 28ste verjaarsdag. As Doug wonder hoe Rocky so oud geword het, erken sy ouers dat hy eintlik al ‘n paar keer vervang is met ‘n hond wat presies soos die eerste Rocky lyk. Hulle trek eintlik nou by Rocky IV.
Stephan Joubert
Aug 3, 2020


God laat Homself vind
Die boek Job is juis ’n lewensgrootte worsteling met lyding en met God se rol hierbinne. Nadat Job self al sy kinders aan die dood verloor het, saam met al sy aardse besittings, worstel hy om sin te maak van die lewe en van God. Dan ontdek Job vir God op ’n nuwe manier in sy lyding. Hy loop in God vas, nie in rasionele antwoorde nie. Of is dit andersom? God loop in Job vas! Job ontdek dan dat die Here hom nie afgeskryf het nie. Hy leer God ken as die Een wat sy liefde en alma
Stephan Joubert
Jul 30, 2020


Geen beter wêreld anderkant COVID-19, tensy…
Party buig. Ander dink dit is uitverkopery. Almal baklei met almal oor wie se lewens maak die meeste saak. O ja, en dan is daar ook nog die immer gewilde “vir of teen die president” gesprekke. Om nie van die Amerikaanse president te praat nie. Die temperatuur styg. Amper niemand hoor mekaar nie. So voel dit as jy na publieke media en sosiale media kyk. Nog erger: presies dieselfde tipe debatte herhaal net so tussen baie Christene. Oor en weer maak godsdienstiges mekaar af as
Stephan Joubert
Jul 27, 2020


Koop tyd reg uit
Tyd loop. Tyd vlieg. Tyd is min. Tyd wag vir niemand nie. Tyd het nie brieke nie. Tyd gaan vinnig verby…
Stephan Joubert
Jul 23, 2020


God is nie kersfeesvader nie
God is nie kersfeesvader nie “God promises your miracle is on the way.” “I will not bury any of my family members from this virus… We...
Stephan Joubert
Jul 20, 2020


“Nee” is ’n sin
“‘No’ is a complete sentence,” skryf iemand. Wel, dit is … net soos die woord “ja.” Maar ons sê baie gouer “ja” as “nee”. Dit is hoekom dinge soms skeefloop. Ons wil nie mense se gevoelens seermaak nie, daarom sê ons maar “ja” as hulle verkeerde of oorhaastige besluite neem. Ons laat kinders te veel vryhede en dinge toe want as ons “nee” sê, dan hou hulle dalk nie meer so baie van ons nie.
Stephan Joubert
Jul 16, 2020


Moenie mense se ore pap praat nie
William Jennings Bryan (1860-1925) was ’n Amerikaanse politikus. Op ’n dag het sy ma na een van sy toesprake geluister. Na die tyd sê sy toe vir hom: “You missed several good opportunities to sit down.”
Stephan Joubert
Jul 13, 2020


Hoe aansteeklik is mense?
Godsdienstige onreinheid was soos die korona-virus in die wêreld waarbinne Jesus God se koninkryk verkondig het. Onreinheid was altyd uiterlik. Liggaamlike siektes soos melaatsheid, menstruele siektes en ander infeksies het mense outomaties gediskwalifiseer vir deelname aan formele godsdiens in sinagoges of in die tempel. Al was hulle harte so rein soos sneeu - dit het net mooi niks gehelp nie. Enige assosiasie met nie-Jode, asook die eet van kos wat nie aan godsdienstige sta
Stephan Joubert
Jul 9, 2020


Oppas vir “the look”
Ons almal ken dit. Ek praat van daardie kyk! Of soos wat die Engelse dit noem: “the look!” Dit is wanneer iemand jou middeldeur kyk. Of jou stukkend kyk. Of jou vuil kyk. Of jou aanstaar. Of jou op en af kyk. Of jou uitkyk. Die Franse denker, Jean Paul Sartre, het gesê sulke kyke bring ’n diep verleentheid, “a sense of shame,” oor jou. Jy weet sulke kyke beoordeel jou. Dit weeg jou.
Stephan Joubert
Jul 6, 2020


“UNLESS…” “TENSY…!”
The Lorax is ’n kinderboek uit die pen van Dr Seuss. Dit vertel van ’n seuntjie wat met “The Oncler” gesels. Laasgenoemde het al die Trufulla bome in ’n vallei afgekap om “Thneeds” te maak, kledingstukke wat almal wou hê. Die Lorax was een van die bewonertjies van hierdie vallei wat gesmeek het dat die “Oncler” dit nie alles afkap nie. Maar hy het nie geluister nie. Toe die laaste boom afgekap is, het die Lorax in die lug verdwyn. Daar waar hy gestaan het ’n hopie klippie agt
Stephan Joubert
Jul 2, 2020


Jy is toe al die tyd jouself
’n Paar koerante in die 1920’s het die storie vertel dat Charlie Chaplin een keer ingeskryf het vir ‘n kompetisie iewers in die VSA vir mense wat die meeste na Charlie Chaplin lyk. Een koerant het berig dat hy uiteindelik ’n 20ste plek losgeslaan het, maar ’n ander een het vertel dat hy 27ste gekom het. Hoe dit ook al sy, Charlie Chaplin lyk toe nie soos homself nie. Sulke dinge gebeur egter nie net in kompetisies nie.
Stephan Joubert
Jun 29, 2020


Ek wens dit was 2019…
Ek wens dit was 2019 sê iemand. “Regtig? Hoekom?” wonder ek. Het almal vergeet van laasjaar se misdaad, grondgevegte, armoede en wat nog alles? Is Prediker 7:10 nie meer waar nie? Dit sê dat ons moenie sê die ou dae was beter as nou nie. Dan voeg hy by dat dit nie wysheid is om agteruit te leef in die rigting van die verlede nie. Ware woorde. Soos wat ek aldag vir myself sê: die verlede is ook net goed solank onsself nie daar hoef te leef nie. Ja, tye is hard, maar dit is alt
Stephan Joubert
Jun 25, 2020


Ons oortredings is nie ons stokperdjies nie
“Jy stel my teleur.” Hoeveel keer het jy nie al sulke woorde gehoor nie? Dalk het jy dit al self gebruik. Wel, ons almal doen dit met God. Ons stel Hom teleur. Ons breek sy hart. Maar die goeie nuus is dat Hy dit lankal verreken het. Hy weet alles van ons af, ook dat ons Hom maar weer iewers op die pad vorentoe in die steek sal laat. Die Here weet ons is net mense wie se ja teenoor Hom nie aldag ja is nie.
Stephan Joubert
Jun 22, 2020


Een dag in die poskantoor…
“Die diens is goor,” kla iemand voor my in die ry by die poskantoor. Sy kyk na my in die hoop dat ek haar woorde sal beaam. Maar ek sê niks. Toe sit sy haar hoop op die mense agter my. Uiteindelik kry hulle ‘n kwaai gesprek van soorte aan die gang oor hoe dinge in die land agteruit gaan. Net toe dit lyk of die beswaarde dame ‘n klein paleisrewolusie op die been gebring het, is dit haar beurt by die toonbank. Sy praat kwaai en beduie met haar hande. Toe dit my beurt is, sien e
Stephan Joubert
Jun 15, 2020


Maak jou kop weer jou vriend
Jou kop is nie aldag jou beste vriend nie. Jou kop het allerlei onbewuste “padkaarte” wat jou lewe “programmeer.” Jy weet dit nie eens nie, maar baie van jou negatiewe gevoelens en emosies word hierdeur aangevuur. Jy moet ingryp op jou kop.
Stephan Joubert
Jun 11, 2020


My manifes vir Korona-tyd
Die Here is my Herder. Hy lei my deur elke donker vallei en langs elke groen weiveld. Ek laai graag ander se laste op my skouers. Dit gaan nie net oor myself in hierdie tyd nie. Omdat Christus my dra, is daar spasie vir ander mense in my lewe. Ek luister, bid en help graag waar ek kan.
Stephan Joubert
Jun 8, 2020


Mond-oefeninge, die Here se soort
Ons moet leer om reg te praat. Ons moet leer om die Here se soort taal te praat. Hier is ’n paar Bybelse riglyne
Stephan Joubert
Jun 4, 2020


Ons bou nie ons lewens in ‘n fabriek nie
Ons lewe is nie ’n produk wat iewers in ‘n fabriek op ‘n vervoerband aanmekaar gesit word nie. Ons ontwerp dit nie haarfyn op ‘n tekenbord, en daarna bou ons dit stelselmatig van hierdie plan af nie. Ons lewens speel af in die regte lewe. Ons het al baie kere beleef ons maak ons planne, maar dan gebeur daar onvoorsiene dinge op die lewenspad. Daarom weet ons dat ons met God moet rekening hou.
Stephan Joubert
Jun 1, 2020
bottom of page
