• deur Stephan Joubert

Partykeer moet jy terugkyk


Iemand vertel dat hy by ’n huis in ’n township moes gaan werk. Die eienaar het die pad soontoe vir hom op papier geteken. Dit was ingewikkeld. Hy wou weet of daar nie ’n paar bakens is wat vir hom kon sê hy is op die regte koers nie. Toe sê die eienaar dat as hy links draai by die laaste afdraai op die kaart, dan moet hy in sy motor se truspieël kyk. As hy dan ‘n groot stopteken agter hom sien, sal hy weet hy is op die regte pad. Wat ‘n interessante kyk op die lewe! Soms moet jy inderdaad terugkyk as jy wil weet of jy op die regte pad is. Dit geld ook vir jou geloof. God se Woord is die lig vorentoe op jou pad, soos wat Psalm 119 leer. Maar die waarhede waarlangs die Here jou gister en eergister gelei het, is vandag ewe geldig. Daarom sien jy dit ook agter jou as jy terugkyk oor 2019. Die Here se leiding is konstant in dieselfde rigting. Dit sal nie vandag anders wees as gister of eergister nie Nog altyd lei Hy jou om Hom te verheerlik en te groei in jou liefde vir Hom en ander. Sien dit raak en leef op daardie koers vorentoe in 2020.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: