• deur Stephan Joubert

Die hel is nie bemarkingsmateriaal vir die hemel nie


Jesus gebruik nooit die hel as “bemarkingsmateriaal” vir die hemel nie. Hy het nie mense bang gemaak hiermee sodat hulle uit vrees vir die vuur die hemel moes kies nie. Jesus het eintlik net oor die ewige oordeel gepraat wanneer verstokte godsdienstiges binne sy visier was. Wanneer Hy egter tussen sy gunsteling mense was, naamlik sondaars en verlorenes, was sy taal altyd uitnodigend. Dit was propvol vergifnis en genade. By Jesus kon hulle hoor dat Hy die Brood van die lewe en die Lig vir die wêreld is. Ook dat Hy die Weg, die Waarheid en die Lewe is. Stukkende mense het dikwels nie eens nodig gehad om ’n “sondaarsgebed” in Jesus se teenwoordigheid te bid nie. Hulle gebroke harte oor hulle sondes en foute was oorgenoeg vir Hom. Vat maar daardie sondige vrou wat Jesus se voete in Lukas 7 woordeloos natgehuil het. Net daar het sy by Jesus gehoor dat haar sondes vergewe is en dat sy in vrede voor God kon gaan leef. God se liefde is die magneet. Jesus wat gekom het om vrede en oorvloed uit te deel is die rede hoekom ons glo, en nie uit vrees vir die ewige straf nie.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: