• deur Coen Slabber

Leier Nuusbrief Januarie 2018 Deel 1


Negatiewe terugvoer

Negatiewe terugvoer is nie die probleem nie. Jy is. Hoe jy reageer op regstelling, kritiek en negatiewe terugvoer vertel wie jy is. Algemene negatiewe reaksies op negatiewe terugvoer sluit in argumenteer, voel of jy aangeval word, maak dit persoonlik, verskonings maak, ontkenning en vingers wys na ander.

Negatiewe reaksies op negatiewe terugvoer vertraag groei, vernietig vooruitgang en jy verloor respek. Jy moet fokus op jou reaksie op negatiewe terugvoer. Om regstelling te ontvang is noodsaaklik vir jou leierskap.

Positiewe reaksies op negatiewe terugvoer sluit in:

1. Dankbaarheid

Moenie maak asof die terugvoer nie seermaak nie. Sê net dankie vir die terugvoer.

2. Vrae

Moenie stellings maak voordat jy vrae gevra het om duidelikheid te verkry nie.

3. Herhaal die stellings in die terugvoer

“Ek hoor jy sê …”

4. Oplossings

Vra vir moontlike oplossings – een of twee is genoeg. Hou dit eenvoudig. Maak die regstellende optrede sin? As die pad vorentoe jou nie aanlok nie, gaan jy dit vermy.

5. Inisieer

Moenie wag nie –vra vir ‘n opvolgsessie; vergader oor twee weke vir ‘n vorderingsverslag. Moenie te lank wag nie negatiewe terugvoer vereis vinnige opklaring.

6. Tyd

Geen reaksie is beter as ‘n oorreaksie. Regstelling is moeilik om te hoor. Luister en indien nodig vra vir tyd om na te dink oor wat jy gehoor het.

7. Deursigtigheid.

Sluit diegene wat deur jou negatiewe optrede beïnvloed is, in. Verduidelik waaraan jy werk. Jy gaan verder as ander weet waarmee jy besig is. Na ‘n paar dae vra vir hulle hoe jy vaar. Maak oop; moenie wegstoot nie. Vra vir bevestiging as jy jou doelwit bereik het.

A jy goed reageer op negatiewe terugvoer maak dit jou karakter sterk, dit vermeerder jou invloed en versterk jou verhoudings.

Die grootste foute wat leiers met heelwat ondervinding maak

Hier is sewe moontlike foute:

  1. Jy vergeet wie dien wie. Leiers dien ander sodat hulle op hulle beurt nog ander kan dien. Dit is baie maklik om te dink dat die mense om jou vir jou dien. Sê vir jouself: “Ek is hier om die beste uit ander voort te bring.”

  2. Blameer eerder as om eienaarskap te aanvaar. Wat doen leiers as ander onder-presteer? Hulle vra vir hulleself: “Wat kan ek doen om hulle prestasies te verbeter?”

  3. Dink dat self-persepsie akkuraat is. Net ‘n derde van ons sien onsself soos ander ons sien. Kry vir jou ‘n mentor/afrigter om ‘n 360 grade evaluering te doen.

  4. Hou vas aan swak presteerders. As iemand voortdurend swak presteer vra vir jouself: “Sou ek hierdie persoon aangestel het as ek toe geweet het wat ek nou weet?” as die antwoord “Nee” is, moet ek hulle elders gebruik, heropgelei word of ek moet hulle taak herontwerp of moet ek hulle uit die organisasie bestuur?

  5. Gee voorkeur aan take en verwaarloos mense. Jy moet meer terugvoer aan jou spanlede gee. Dit is net die heel swakste spanlede wat nie wil weet hoe hulle presteer nie.

  6. Vereis meer van ander as van jouself. Jy moet jou spanlede uitdaag, maar moenie ophou om jouself te druk nie, meer as wat jy ander uitdaag.

  7. Raak verlore in die onkruid. Daaglikse druk veroorsaak dat leiers nie meer die groter prentjie kan raaksien nie dit lei tot frustrasie en uitputting.

Aan die begin van elke dag vra jouself: “wat is ons werklik besig om hier te doen?”

Kernsake waaraan gemeentes aandag moet gee

Daar is sekere kernsake wat verhoed dat gemeentes kan wees wat hulle graag wil wees en waartoe God hulle geroep het. As hulle hierdie sake geïdentifiseer het, kan hulle planne maak om vorentoe te beweeg.

Hier is vyf belangrike kernsake wat by baie gemeentes voorkom.

1. Dissipelskap

Gemeentes het probleme om ‘n eenvoudige en soliede pad vir dissipelskap te skep. Hierdie pad moet gereelde kerkgangers sowel as nuwelinge help om die volgende stappe om saam met Jesus Christus te loop, te aanvaar. Meeste gemeentes het baie programme, maar geen omvattende pad wat mense help watter stappe om te volg en wanneer nie.

2. Leierskapontwikkeling

In meeste gemeentes is dit nie ‘n prioriteit nie. Maar as gemeentes wil aanhou groei, moet dit ‘n prioriteit wees. Ons moenie dit as ‘n program hanteer nie –dit is ‘n fundamentele aspek van die groei en gesondheid van die gemeente.

3. Bestaansrede/Visie

As julle saamstem oor ‘n duidelike visie bemagtig dit ander om te lei en te bedien. Gemeentes sukkel om te besluit waarheen hulle op pad is en hoe hulle hul visie sal bereik sommige gemeentes volg net die visie van ‘’n ander suksesvolle gemeente

4. Kommunikasie

Min gemeentes het ‘n professionele, relevante kommunikasie strategie. Dit bring interne duidelikheid oor wat mense moet doen en waaroor kerk eintlik gaan. Vir ‘n nuwe persoon definieer duidelike kommunikasie die gemeente se missie en visie.

5. Gebrek aan vrywilligers

Baie gemeentes sukkel om genoegsame vrywilligers te werf en te bemagtig.

Vergaderings is nie gelyk aan beplanning nie

Dit voel of daar nooit genoeg tyd in die dag is nie. ‘n Belangrike lewensles vir leiers: sonder ‘n plan word niks strategies voltooi nie. Voor ‘n vergadering met jou span, vra jy die volgende vrae:

· Erken jy eerlik waar dinge tans staan?

· Het die span ‘n duidelike roeping, visie en kernwaardes?

· Is daar duidelike prioriteite vasgelê vir die span?

· Word daar duidelik aanspreeklikheid geskep deur sleutel dinge wat bereik moet word te identifiseer met teikendatums en volgende stappe vir elke prioriteit?

Meeste gemeentes benader hulle jaarlikse beplanning met goeie bedoelings, maar geen strategie nie.

Ywer sonder kennis deug nie; oorhaastigheid bring foute (Spreuke 19:2). Daarom: kry al die feite bymekaar, beplan vooruit

Gemeentes moet ‘n plan ontwikkel om meer kerklos mense te bereik.

Groepe in die kerk

NUWE Christene vind dikwels die kerk verwarrend. Dit terwyl jy probeer sin maak uit ‘n boek wat uit baie boeke bestaan. Mense sing liedere wat jy nie ken nie en nie juis van hou nie. Mense bid in woorde wat ongewoon klink; hulle blaai maklik deur die Bybel

Dit is ontstellend hoeveel verworwe kennis sommer net aanvaar word, deur gelowiges wat die kultuur van die kerk ken. Hoe ons in die kerk praat en die mense aanspreek word bepaal hoe jy mense groepeer. Jy moet so praat dat jy dissipels help om te groei; dat die wat afgedwaal het weer op die spoor kom; dat die wat soek die evangelie verstaan en glo en dat die weerstandiges God begin sien.

Sommige gemeentes praat doelbewus net met Christene oor die naweke en vermy die ander groepe, Die erediens is vir Christene – binnestaanders wat die taal en kultuur van die gemeente bemeester het. Hulle is gemotiveer om God te aanbid en te dien. Ander gemeentes gebruik eredienste om mense wat nog nie in Christus glo te bereik. In die proses mag hulle gelowiges wat wil leer en groei verwaarloos.

Hierdie is nie ‘n nuwe probleem nie. In Korinte was gelowiges baie beïndruk met dramatiese, bonatuurlike gawes – veral die spreek in tale. Paulus het hulle gewaarsku – gebruik eerder profesie (PRAAT God se woord) as praat in tale. Die rede vir sy waarskuwing is insiggewend. As die hele gemeente dan bymekaar is en almal gebruik ongewone tale of klanke en daar kom ‘n buitestaanders of ongelowiges julle is van julle verstand af nie? Daarenteen, as almal profeteer en daar kom ‘n ongelowige of buitestaander binne, dan word hy deur almal in sy gewete aangespreek en kom hy tot selfondersoek. Die verborge dinge van sy hart kom aan die lig. En so kom hy daartoe om op sy knieë te val, God te aanbid en openlik te getuig: ‘Waarlik God is hier by hulle!” (1 Korintiërs 14:23 – 25).

Hier is duidelik twee groepe in hierdie gemeente, en die teenwoordigheid en behoeftes van die tweede groep (die ongelowiges) moet die gedrag en praktyke van die eerste groep (die gelowiges) modifiseer.

Om mense in groepe te verdeel, moet ons twee vrae vra:

1. Glo hierdie persoon?

2. Stel die persoon belang? Stel hy belang in God/geestelike aangeleenthede?

Nou kan ons die mense wat Kersfees in die erediens sal wees in vier groepe verdeel:

1. Die dissipel: hy glo en stel belang

Om ‘n dissipel te wees is die normale alledaagse lewe van die gelowiges. Dissipels is gemotiveerd. Hy wil meer leer van God en sy woord; Hy is ingestel om te groei. Hulle aanvaar hulle roeping en doel in God se koninkryk. Hierdie persone moet die geleentheid kry om God te sien en te aanbid tydens die erediens. Hulle geloof moet uitgedaag word deur God se woord wat prakties toegepas word.

2. Hy glo, maar stel nie belang nie

Hierdie is nie ‘n onvermydelike stadium in die Christen se lewe nie, maar is ‘n algemene en ongesonde toestand: Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is (2 Petrus 1:9). Hierdie persone se prioriteite en wat hulle glo belangrik in die lewe is, moet uitgedaag word. Fokus op die groter prentjie vir hulle: die onvermydelikheid van die einde van die lewe, die leegheid om sonder God te lewe, die doel en roeping van gelowiges en die genade en barmhartigheid van God.

3. Die soeker: glo nog nie maar is geïnteresseerd

Hierdie persoon stel belang in geestelike sake en is gemotiveer om antwoorde te kry, maar het nog nie die evangelie verstaan en aanvaar nie. Hulle het nog nie beslissend op die evangelie gereageer nie. Hulle moet die evangelie op 'n duidelike en oortuigende manier hoor. Hulle moet hoor dat Jesus in hulle plek gesterwe het vir hulle skuld en dat Hy uit die dood opgewek is as Here, Hulle moet verstaan wat ter sake is: vergifnis van sonde en ‘n nuwe lewe – en hoe jy moet reageer – deur bekering en geloof.

4. Die weerstandiges: hulle glo nie en stel ook nie belang nie.

Hulle woon nogal eredienste by tydens vakansies en Kersfees. Hulle word dikwels daarheen deur hulle familie en vriende gesleep. Hulle verwag maag min en verwag dat hulle sal verskil met dit wat gesê word. Hulle hoop die lyding gaan gou verby. Die verkondiging moet hulle verras met die waarheid en hulle nuuskierig maak sodat hulle begin soek.

Nie alles at tydens die erediens gesê word, raak die hart van elke persoon nie, maar tydens die erediens moet iets vir elke groep gesê word.

Baie belangrik is om niks te veronderstel nie. Verduidelik alle konsepte duidelik en so eenvoudig as moontlik. Vermy so ver as moontlik tegniese terme. Definieer woorde wat ons nie gewoonlik in ons alledaagse taal gebruik nie. As ons aanvaar mense verstaan die geestelike taal van binnestaanders, doen ons geen diens aan mense wat nie vertroud met daardie taal is nie. Ons moet bid dat ons almal in alle groepe raaksien en praat op ‘n manier wat hulle help: dissipels groei; die afgedwaaldes kom terug op die spoor; die soekers verstaan en glo die evangelie en die weerstandiges begin om God te soek.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: