top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Moenie dat woede jou skroefdraad beskadig nie
Skroefdraad word beskadig as ’n skroef of ’n bout skeef vasgedraai word. Ons almal het ook sulke skroefdraad rondom ons siel wat partykeer strip, soos wat die Engelse sou sê. Ek praat van al daardie onverwerkte, negatiewe emosies wat binne-in ons weggesteek is. Partykeer kom dit onverwags na die oppervlak as iemand ’n sarkastiese opmerking teenoor ons kwytraak.
Stephan Joubert
Dec 1


Sagmoedigheid
Woede is ‘n kenmerk van vele mense se lewe. Ons eie land se omstandighede bring soms die heel slegste in mense te voorskyn, waarvan dinge so
Stephan Joubert
Jan 10


Ek het nie lelik gepraat nie, nie eens amper nie
“Ek was so kwaad dat ek amper nie lelik gepraat het nie.” Vir ’n oomblik moes almal mooi dink toe iemand dit opmerk in ’n geselskap. “Met an
Stephan Joubert
Oct 9, 2023


Bitterheid
Genesis 4 vertel die bekende verhaal van Kain se woede en bitterheid, wat uitloop op die moord van sy broer, Abel. Kain was kwaad en bedruk,
Elmarie van der Westhuizen
Sep 13, 2023


’n Teleurstelling en ’n teleurgestelde … of nie!
’n Wyle gelede vertel iemand my dat aan 'n Bybelstudiegroep by haar werk onttrek het. Alles daar het om die betrokkenes se groot geestelike deurbrake, hulle spesiale gebedsverhorings en die jongste profesieë, wat hulle sou ontvang het, begin draai. Sy het gevoel sy is nie geestelik genoeg nie. Maar haar seepbel het behoorlik gebars, toe hierdie vroom Bybelstudiegroep nie betrokke wou raak by ’n nie-gelowige kollega, wat geldelik en emosioneel swaargekry het nie. Sy was teleur
Stephan Joubert
Jul 6, 2023


Om nie te haat nie, is sukses!
Niemand wil eintlik deesdae hoor van die ander wang draai nie. Daar is net teveel mense, vir wie ons dit daagliks moet doen. Nogtans is hierdie opdrag van Jesus in die Bergrede nie opsioneel vir ons as Sy navolgers nie. Dit is nie asof Jesus se leringe bedoel is as ’n spyskaart met verskillende geestelike opsies,waaruit ons kan kies wat vir onsself werk en dan die res kan ignoreer nie.
Stephan Joubert
May 11, 2023


Oppas vir daardie rooi knoppie in jou lewe
Het jy ook ‘n rooi knoppie in jou kop? Ek praat van daardie denkbeeldige rooi knoppie wat jou laat ontplof van woede, wanneer dit gedruk word? Daardie rooi knoppie gaan soms af as mense op jou senuwees werk. Of as hulle krap waar dit nie jeuk nie. As jy sommer vinnig aan ’n paar mense en situasies kan dink wat jou eie temperatuur in sulke rooi knoppiesones injaag, dan weet jy jy kort meer geduld.
Stephan Joubert
Mar 2, 2023


God is regtig tevrede met jou, al deel party mense nie Sy gevoel nie
Jy stem gedurig saam met almal. Jy sê nooit nee vir enigiemand nie. Jy maak niemand kwaad nie. Jy vermy konflik ten alle koste. Jy hou mense tevrede. As dit bekend klink, is jy dalk besig om ’n “people pleaser” te word. Dan voel jy net goed as almal van jou hou, maar dan het jy slapelose nagte, indien een of twee mense jou kritiseer. Moenie dat so-iets met jou gebeur nie.
Stephan Joubert
Aug 18, 2022


Vergifnis ontgiftig jou
Die woord vergifnis kom slegs maklik oor jou eie lippe as jy niemand het om te vergeef nie. Maar as iemand jou ingedoen het, sit vergifnis skielik nie meer so maklik aan jou lyf nie. Om nie eens te praat van hoe moeilik dit is as jyself onder iets soos ’n sinnelose misdaad deurgeloop het nie. Of as jy geldelik ingedoen is deur iemand anders nie. Dan voel jy soos wat Clint Eastwood in ’n fliek gesê het: “God forgives, I don’t.”
Stephan Joubert
Jun 16, 2022


Jesus Christus: Vigilante of wetsgehoorsame?
Op ’n keer ry Jesus Christus Jerusalem op ʼn donkie binne. Paasfees is om die draai en Hy is op pad na sy Vader se huis. ’n Onaangename verrassing wag by die tempel: Duisende drom saam. Die lawaai is oorverdowend en die gejil en gekibbel maak aanbidding in die voorhof onmoontlik. Wie gee nou om of die heidene kan aanbid of nie? Woekeraars en verkopers verleen ’n vlooimarkagtige atmosfeer en almal is vrolik, in ’n vakansiebui.
Liezel Lüneburg
Nov 30, 2021


Doen ook daardie tweede 50%
Spreuke is nie slegs mooiklinkende waarhede nie. Vat maar Spreuke 10-15 se 183 verse. ’n Volle 163 hiervan is teenstellings. Hierdie 163 verse werk met twee teenoorgestelde waarhede en twee maniere van leef. In gewone taal: “’n Dwaas maak só, maar ‘n wyse mens maak só.” Ons is goed daarmee om die eerste kant raak te sien, dwase en skelms s’n. Saam met Spreuke 10 se eerste kant, weet ons baie goed dat dwase se oorhaastige woorde moeilikheid bring (Spreuke 10:14). Of dat dit le
Stephan Joubert
Oct 28, 2021


Sorg dat jou wonde in littekens verander
Daar is ’n verskil tussen ’n wond en ’n litteken. ’n Wond vertel van ‘n vars besering. ’n Litteken vertel van ‘n wond wat genees het. Almal van ons het littekens. Ten minste vertel dit dat ons die lewe geleef het, maar dat die lewe ons nog nie opgeleef het nie. Tog loop ’n paar mense steeds tussen ons rond met oop wonde. Hulle wil nie hê hulle bitterheid teenoor iemand anders moet gesond word nie.
Stephan Joubert
Sep 17, 2020


My bors brand
Ons almal ken daai gevoel wanneer jy te nagekom word en jy kan min daaraan doen, of wanneer iemand jou aanvat in die openbaar, of wanneer jy
Ivor Swartz
Sep 8, 2020
bottom of page
