top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Saam-saam, eerder as een-alleen
Twee is beter as een, vertel die Prediker vir ons. Hy skryf in Prediker 4:9 - 12 dat wanneer twee mense saam is en een van hulle val, dan kan die ander een hom ophelp. Of as twee mense langs mekaar slaap, kan hulle mekaar warm hou. Twee kan ook beter weerstand bied, as hulle aangeval word. Uiteindelik kom die Prediker dan tot die gevolgtrekking dat ’n driedubbele tou nie maklik breek nie. Kortom, hy leer ons dat ons nie gemaak is om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons het m
Stephan Joubert
Oct 17, 2022


Deur watter bril kyk jy na jouself en ander?
Tydens ‘n onlangse vakansie pak ek my sak langs my swembadstoel en sien ‘n lens van ‘n sonbril op die stoel lê. Ek sê vir my man: “Siestog, iemand se sonbril se lens het uitgeval.” Hy reageer toe deur vir my te sê dat ek my sonbril moet afhaal en daarna kyk. Groot was my verrassing toe ek sien dat ek net een lens in my sonbril het. Ek weet glad nie vir hoe lank ek so deur die een sonbrillens gekyk het nie!
Helena Smith
Sep 20, 2022


Sit dit af, sit dit af!
So het Johannes Kerkorrel op sy dag gesing. Dit geld vandag nog, veral wat sosiale media betref. Selfone het te veel mense se nuwe base geword. Sosiale media het verander in baie mense se voltydse nuwe kuierplekke. “I’d rather text than talk” - dit is deesdae die kodefrase vir miljoene mense op die planeet. Digitale afstand is die nuwe veilige afstand tussen mekaar. Baie mense verkies om eerder per whatsapp met mekaar te gesels, as een tot een. Oog-tot-oogkontak is veels te e
Stephan Joubert
Aug 8, 2022


Gebed
Gebed is om ten diepste ‘n verhouding met God te hê. Wanneer ‘n mens in ‘n verhouding staan met iemand, praat jy gereeld, jy luister na daardie persoon, jy vertrou die persoon en jy deel dinge met hom of haar. Elke persoon beleef sy of haar gebedslewe op verskillende maniere. Party mense bid in die oggend. Ander verkies stiltetyd in die aand. Sommige mense kan nie lank bid nie en bid verskeie kere kort deur die dag. Dit maak nie saak hoe jy dit aanpak nie, die geheim is net d
Marietjie Joubert
Jun 14, 2022


Intimiteit is deel van God se plan
Niks is meer taboe nie. “Anything goes,” soos wat die Engelse sou sê. Elke fliek, elke storie, elke sepie moet een of ander rowwe bedtoneel of twee inhê. Menslike liggame het verbruikersartikels geword. Seks sonder intimiteit is egter niks anders nie as drang-aangedrewe vermaak. Dit is om ander mense te behandel as blote “lyfverskaffers.” Sulke onbeheersde seksuele gedrag raak gou-gou verslawend. Statistieke vertel hoe sulke verslawings skrikwekkend toeneem onder jongmense en
Stephan Joubert
Jun 2, 2022


Rassisme: Kaktus in die vrugteslaai
Daar is min dinge so lekker soos vrugteslaai: Mango, papaja, spanspek, kersies, bloubessies, macadamianeute en mintblare, bedruip in tropiese vrugtesap. Voeg nou ʼn paar kaktusse by en meng dit goed en die sappige, stroopsoet vrugteslaai verander in ʼn oneetbare spul op die komposhoop…
Liezel Lüneburg
May 17, 2022


Mense is ook veilige hawens
Skepe het hawens nodig. Hier moet nuwe voorrade en passasiers aan boord geneem word. Hier moet herstelwerk gedoen word. Hier moet geskuil word, wanneer gevaarlike storms woed. Dieselfde geld vir onsself. Ons almal benodig hawens, waar ons veilig kan wees en waar noodsaaklike geestelike herstelwerk aan ons gedoen kan word. Ons almal kort ’n skuilplek, wanneer die stormwinde dreig om ons van koers af te waai. Waar is sulke hawens te vind? Vir seker by die Here. Hy is ons skuilp
Stephan Joubert
Apr 28, 2022


Swerm
Het jy al daardie eienaardige swerms spreeus gesien? Spreeus vorm soms spontane, vervormde swerms om hulle aanvallers te verwar. Dit is dan nie meer gewone swerms nie. Hierdie “murmurations of starlings” is asemrowend om te aanskou. Wetenskaplikes is steeds besig om die misterie van hierdie swerms te ontrafel.
Siegfried Louw
Mar 8, 2022


Liefde juig as ander wen
Party mense is meer kere bly, wanneer slegte mense hulle verdiende loon kry, as wanneer die waarheid wen. Dis ‘n fout, want midde in al die seer van die lewe giet God elke dag ruim porsies goedheid oor Sy wêreld uit. Boonop maak die liefde van die Gees dat ons jubel en bly is, wanneer Sy liefde in en rondom ons wen. Kom ons maak ons oë ‘n slag hiervoor oop. Kom ons word fynkenners van God se oorstromende genade, nie van alles wat rondom ons verkeerd loop nie. Kom ons sien raa
Stephan Joubert
Jan 14, 2022


Liefde verander my
Die liefde van die Gees verander die manier waarop ons na ander kyk. Terwyl hierdie wêreld vir die meeste mense na ’n tronk lyk, verstel die Heilige Gees ons visie sodat ons die wêreld as ’n kunsgalery begin sien, met die mense rondom ons as God se eie handewerke. Ongelukkig het die sonde groot skade aan baie mense aangerig, maar die Heilige Gees help ons om verby dit alles te kyk. In hierdie proses raak ons dan ook betrokke by mense. Ons dien hulle ten einde die lewe se krap
Stephan Joubert
Jan 7, 2022


Ter wille van mekaar
Binne elke liggaam kan daar maar net twee oë en twee ore en een neus wees. Die voet kan nie sê: “Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie.” Elke ledemaat, hoe onbenullig sy taak ook al mag lyk, help om die liggaam reg te laat funksioneer. As ’n ledemaat beseer word, beïnvloed dit die werking van al die ander ledemate. As een ledemaat siek is, trek al die ander ledemate swaarder. Die ganse liggaam se funksionering word soms gekniehalter deur een swak sk
Stephan Joubert
Nov 5, 2021


Elkeen is onmisbaar
In die wêreld is daar ‘n gewilde spreekwoord: Niemand is onmisbaar nie. Wel, dit geld nie volgens Paulus in Jesus se aardse liggaam nie. Hier is elke ledemaat onmisbaar. Net soos wat ‘n gesonde liggaam nie enige ledemate kan ontbeer nie, net so kan die kerk nie sonder elke lid behoorlik funksioneer nie. Maar ons het al so gewoond geraak aan ‘n siek kerk in die intensiewe eenheid met een of twee leraars, wat soos dwarrelwinde van vroeg tot laat rondhardloop en ‘n klein groepie
Stephan Joubert
Oct 29, 2021


Baie geskenke vir baie mense
Wanneer die Here geskenke uitdeel, dan gee Hy nie klanksisteme, kerkgeboue, rekenaarskerms, elektroniese sangborde of musiekinstrumente aan die kerk nie. Nee, dan gee Hy lewende mense aan ander mense. Mense is die Gees se geskenke aan Sy kerk. Paulus noem hulle vervolgens in 1 Korintiërs 12:28 - 30 in volgorde van hulle impak: apostels, profete, leraars, wonderwerkers, genesers, helpers, ensovoorts. Nee, Paulus sê nie dat hierdie ‘n rangorde is, asof hierdie gawes tot statusv
Stephan Joubert
Sep 3, 2021


Hoe motiveer ek ander
Om personeel en vrywilligers te motiveer is belangrik. Dit bring onmiddellik die vraag na vore: Hoe moet ek dit beter doen? Die neurowetenskap kan ons hier help. Dit identifiseer vyf domeine, wat gedrag beïnvloed. Hierdie domeine beïnvloed breinfunksionering en dus hoe ons werk en bedien.
Coen Slabber
Aug 11, 2021


Sekulêre Humanisme
[Sekulêr – wêreldlik teenoor geestelik; humanisme – wêreldbeskouing wat die menslike waardigheid, die vryheid en die waarde van die persoonlike vooropstel en godsdiens as van minder belang ag. - HAT]
Coen Slabber
Jul 7, 2021


"Goed dankie" is nie altyd genoeg nie
Goed, dankie.” Hierdie twee woorde volg altyd op daardie standaardvraag: “Hoe gaan dit?” Maar wag net dertig sekondes of so, dan hoor jy die volle waarheid. Dan volg die normale sarsie klagtes en skete van diegene met wie dit so “goed, dankie” gaan. Dalk is dit die rede hoekom party mense dikwels ’n tweede keer vir jou vra: “Sê my, hoe gaan dit regtig met jou?” Wat antwoord ‘n mens dan? Jy wil tog nie heeltyd met jou hart op jou mou rondloop nie. Jy wil nie elke slag jou diep
Stephan Joubert
May 13, 2021


Vat eerste voor
“Vat voor!” Dit het ek gereeld gehoor toe ek doer in my studentedae vir sakgeld by die lughawe se vragkantore gewerk het. Dan moes ek letterlik aan die voorkant gaan dra wanneer ons groot bokse en kratte rondgeskuif het. Gou-gou het ek besef dit is die swaarste kant, maar dit is ook die kant waar jy die beste kan sien waarheen om te loop. Wel, nou is dit sulke tyd. Dit is tyd om voor te vat in die Heer se Naam. Moenie wag vir ander mense nie. Dan gaan jy jouself dood wag. Jy
Stephan Joubert
Apr 12, 2021


As daardie donkertes opdaag, is God nie weg nie
“Life must be undergone.” So skryf die bekende digter, John Keats (1795–1821), op ’n keer vir ’n goeie vriend van hom. Keats was nie onbekend met depressie of met wisselende emosies nie. Hy het geweet van daardie groot donkertes wat soms op jou lewe toesak. Tog het hy geweet dat hy met sy goeie vriende hieroor kon praat. Van depressie gepraat - ook hier in ons dag kuier sulke ongenooide gevoelens by baie mense. Moenie dit in die geheim ontvang nie. Moenie gratis verblyfreg hi
Stephan Joubert
Apr 8, 2021


Jy moet jou naaste liefhê soos jouself
Die afgelope tyd het ek weer diep bewus geword van hierdie gebod. Hierdie is die grootste gebod! Soms dink ek dit gaan by die een oor in en dan sommer by die ander oor uit. Dit haak nêrens vas nie. Ons het nie velcro tussen die ore nie.
Marietjie Joubert
Mar 23, 2021


Die huwelik hoort steeds in die paradys
Carmen LaBerge vertel in haar boek, “Speak the Truth: How to bring God back into Every Conversation”, dat daar in 2017 reeds 31 seksuele identiteite in New York was wat deur anti-diskriminasiewetgewing beskerm was. God verstaan egter nie sy kinders se identiteit in terme van derduisende seksualiteite van hierdie aard nie. Hy is op rekord in die Bybel dat man en vrou sy handewerke is. Mans en vroue is sy beelddraers. Nogtans setel ons identiteit heel eerste in Jesus.
Stephan Joubert
Feb 22, 2021


Veilige mense asook die regte reisgenote is God se lewende geskenke aan jou
Dit is nie aldag dat mense vir mekaar sê: “Ek voel veilig by jou nie!” Dit lyk my veilige mense is omtrent ewe skaars as veilige plekke hier in ons land. Veilige mense is diegene by wie jy jou hart groot kan oopmaak. By wie jy net jouself kan wees. Dit is diegene by wie jy jou hart kan uitstort sonder om bang te wees hulle sal dit aan ander gaan oorvertel. Sulke mense is kosbaarder as goud. Hulle is die Here se geskenke, wanneer die lewe hard en swaar is. Hulle is die Here se
Stephan Joubert
Feb 15, 2021
bottom of page
