top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


God se liefde het ’n lyf
Hy het die wêreld vir altyd andersom laat draai- hierdie Man wat geen boek geskryf het nie, geen land regeer het nie, geen weermag rondom Homself geskaar het nie, en geen politieke of ekonomiese mag besit het nie. Ek praat van Jesus. Sy dissipels was eenvoudige mense. Sy aanhangers het uit sondaarskringe gekom. Sy vyande het hom afgeskryf as ’n godslasteraar, maar sy navolgers het bely Hy is die Messias, die Seun van God. Met sy woorde het Jesus bose magte laat vlug en siekte
Stephan Joubert
Apr 6, 2020


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020


Jesus loop die genade-loop
Jesus se aankoms hier tussen ons was geen sagte landing nie. Met ’n voerbak as eerste bed en herders as eerste besoekers was dit van die beg
Stephan Joubert
Mar 26, 2020


Jesus se radikale leierskap
Om mense te lei soos Jesus hulle gelei het is ingewikkeld, vereis wysheid en onderskeidingsvermoë. As ons na Jesus se leierskap kyk en ons vergelyk dit met ons Westerse model van kerkwees (groter, beter, meer, vinniger) sien ons radikale verskille.
Coen Slabber
Mar 4, 2020


Nie statiese geboue nie
Die Gees bly gelukkig nie in statiese geboue nie. Kerkgeboue is maar net doodgewone strukture van sement en steen. God bly nie in sulke geboue agter as sy lewende huise dit verlaat nie. Allermins. Hy is saam onderweg met sy lewende kerk, elke dag! Hierdie voorreg om ’n lewende tempel van God te mag wees, is eksklusief aan die Heilige Gees se nuwe werk in ons lewe te danke. Jesus en die Gees se koms het geboue as heilige ruimtes oorbodig verklaar. Nou is kerkgeboue hoogstens b
Stephan Joubert
Feb 28, 2020


Een toegangspad
‘n Toeganspad is lewensbelangrik. Sonder ‘n ingang na jou huis of kantoor toe, gaan jy nooit daar uitkom nie. Wel, dieselfde geld vir die pa
Stephan Joubert
Feb 21, 2020


Mure val
Vroeër, toe ons nie Christene was nie, was ons daar buite in die koue. So vertel Paulus in Efesiërs 2:11-18. Maar toe gebeur daar ‘n wonderwerk. Toe kom haal Jesus ons daar uit die donker van ons eie verlorenheid. En toe doop Hy ons in sy nuwe liggaam in deur die Heilige Gees. Van daardie dag af het ons ‘n toekoms. Jesus se kruisdood het dit alles moontlik gemaak.
Stephan Joubert
Feb 14, 2020


Die Messias
Vir baie mense is Kersfees nie volledig sonder dat hulle ‘n vertoning van Die Messias bygewoon het nie. George Frideric Handel het in sy dertigerjare van Duitsland na London verhuis. Handel het homself gesien as ‘n komponis van operamusiek. Maar die openbare belangstelling in operas het in Engeland getaan In 1741 het die mismoedige Handel gedink dat sy aftrede naby was. Hy staan voor ‘n beroepskrisis en baie mense het gedink dat hy na Duitsland sou terugkeer.
Coen Slabber
Jan 29, 2020


Die doel van invloed
Wat maak vir Jesus saak. Kyk na sy eerste preek. Ons kan nogal heelwat uit Lukas 4 van Jesus se prioriteite leer. Daar stel Hy die agenda vir die res van sy bediening. Jesus het gesê: die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig (Lukas 4:18 – 19).
Coen Slabber
Jan 22, 2020


Helde van die Kruis
Die aaklige gebeure van die afgelope paar weke in ons land het almal kwaad gemaak, en almal is moeg, en skree “genoeg is genoeg”. Dis tyd om
Ivor Swartz
Sep 24, 2019
bottom of page
