top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


God se plan is…
God dink nie gedurig planne uit vir almal op aarde en wag dan passief dat hulle dit moet ontdek nie. God se planne is nie net ’n klompie mooi hemelse ideale wat in die lug hang totdat mense dit eendag op ‘n reëndag raakloop nie. Om te spekuleer oor God se plan asof dit ‘n misterie is wat eendag, of selfs eers na-doods aan jou bekend sal wees, is om die Bybel mis te lees. God se wil is geen geheim nie. Sy wil is bekend. Dit word geleef. Dit word daagliks gedoen.
Stephan Joubert
Dec 8, 2025


Gebed is om altyd mooi met God oor God te praat
Ons bid nie net omdat dit die regte godsdienstige ding is om te doen nie. Ons bid omdat ons daarna smag om met God te praat. Ons bid om...
Stephan Joubert
Oct 27, 2025


Alles ten goede
Hierdie is ‘n vers, wat baie kere deur Christene aangehaal word. Dit word dikwels verkeerdelik gebruik om min of meer enigiets, wat met ons
Stephan Joubert
May 24, 2024


Die Bybel sing nie “Que sera sera, whatever will be, will be” nie
Die Bybel sing nie klakkeloos agterna, wanneer mense sing: “Que sera sera, whatever will be, will be” nie. Dit sou impliseer dat God die gev
Stephan Joubert
Apr 11, 2024


God hoef nie saam te stem met ons nie
Nicholas Epley en ‘n span navorsers het in 2009 in ‘n studie bevind dat as sommige godsdienstiges hulle standpunte oor ’n bepaalde saak vera
Stephan Joubert
Dec 4, 2023


Geen verskonings nie
Verskonings is so oud soos die paradys self. Jy onthou mos Adam se woorde: “Dis Eva se skuld.” Eva weer het gesê: “Dis die slang se skuld.”
Stephan Joubert
May 26, 2023


Kan God iets anders sê as wat Hy in die Bybel sê?
God word gedurig buite konteks aangehaal. Sommige mense dink niks daarvan om sekere frases of verse in die Bybel uit hulle oorspronklike konteks te verwyder en om dit dan te hergebruik, soos wat dit hulleself pasnie. Toe ek dit onlangs gewaag het om vir iemand te sê hy haal God uit verband aan, was sy antwoord dat die Gees hom gelei het om daardie teks só te verstaan. Toe ek waag om van hom te verskil, was ek skielik onwelkom op sy “geestelike” speelveld. Die feit is dat God
Stephan Joubert
Apr 20, 2023


Die regte ding om te doen, is…
Die regte ding om te doen … wanneer jy by ‘n vurk in die pad beland en jy nie weet of jy links of regs moet draai nie, is om altyd die moeiliker roete aan te durf. Die moeiliker pad vra altyd groter selfverloëning en opoffering van jou. Dit is Jesus se pad. Hyself het in Markus 10:45 gesê dat Hy nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien. Hy is ons voorbeeld. Die moeiliker pad gaan jou karakter voor God vorm. Dit gaan jou laat groei in geloofsvertroue en volharding.
Stephan Joubert
Dec 6, 2021


Ek wens partykeer God wil optree soos wat ek dink Hy moet
Net wanneer ek dink ek verstaan God, tree Hy anders op as wat ek dink.” Ek sal nooit hierdie woorde vergeetwat ’n vriend jare gelede kwytgeraak het nie. Dit was nie ligsinnig bedoel nie. Alles behalwe. Hy het dit opreg bedoel. Vandag besef ek dit is ’n diep waarheid, wat daardie vriend gedeel het. Ek besef al hoe meer God is groter, genadiger, heiliger, nader, maar ook anders as wat ek dink. Nooit kan ek God in my eie beperkte klein boksies vasgevang kry nie. My nadenke en my
Stephan Joubert
Oct 25, 2021


God trek nie klipharde strepies nie
“Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal. U het dit neergelê en hy kan dit nie oorskry nie.” So sê Job in Job 14:5. Nee, dit is nie een of ander Bybelse leerstuk, wat Job hier uitspel nie. Inteendeel! Hy is in hoofstuk 14 besig om God aan te kla. Hy meen God is onregverdig, want Hy het blykbaar een of ander onwrikbare plan in plek, waarvan Job die slagoffer is. Job voel hy is soos ’n marionet aan ’n toutjie in God se hande. Dit lyk vir hom of God doen
Stephan Joubert
Oct 11, 2021


Is God nog aan die stuur van sake?
“Hoekom gaan party mense dood aan Covid, maar ander mense oorleef?” “Het God hulle lewe se strepies getrek?” Hierdie tipe vrae is deesdae volop. Wel, daar is geen abstrakte gesprek aan die gang in die Bybel oor hoekom God die dood partykeer toelaat en ander kere nie. Of oor getrekte strepies nie. Deur die eeue heen het die kerk egter vasgeval in sulke gesprekke, wat rondom die Christendom afgespeel het oor die noodlot, voorsienigheid, en dies meer. Van toe af is gelowiges met
Stephan Joubert
Sep 6, 2021
bottom of page
