top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Drie Honde
By die swart traliehek gewaar ek die hond, wat so wild en wakker vir my blaf. Die Jack Russell staan op sy agterpote en gluur my aan. Sy een
Siegfried Louw
May 2, 2023


Sit dit af, sit dit af!
So het Johannes Kerkorrel op sy dag gesing. Dit geld vandag nog, veral wat sosiale media betref. Selfone het te veel mense se nuwe base geword. Sosiale media het verander in baie mense se voltydse nuwe kuierplekke. “I’d rather text than talk” - dit is deesdae die kodefrase vir miljoene mense op die planeet. Digitale afstand is die nuwe veilige afstand tussen mekaar. Baie mense verkies om eerder per whatsapp met mekaar te gesels, as een tot een. Oog-tot-oogkontak is veels te e
Stephan Joubert
Aug 8, 2022


Vergifnis ontgiftig jou
Die woord vergifnis kom slegs maklik oor jou eie lippe as jy niemand het om te vergeef nie. Maar as iemand jou ingedoen het, sit vergifnis skielik nie meer so maklik aan jou lyf nie. Om nie eens te praat van hoe moeilik dit is as jyself onder iets soos ’n sinnelose misdaad deurgeloop het nie. Of as jy geldelik ingedoen is deur iemand anders nie. Dan voel jy soos wat Clint Eastwood in ’n fliek gesê het: “God forgives, I don’t.”
Stephan Joubert
Jun 16, 2022


Moenie maar net na mense luister nie - praat hulle ook nader
“Luister!” Dit is een van die gonswoorde van ons dag. Ons hoor om elke hoek en draai ons moet na mekaar luister. Vir seker is luister belangrik. Deur te luister na mekaar se verhale en ervarings, groei begrip en deernis vir mekaar, maar ‘n mens kan ook irrelevant luister. Jy kan almal innooi en gedurig na hulle luister, sonder om ooit self te praat. Jy kan jouself dood luister! Nog meer, jy kan gedurig luister, sonder om diegene wat verkeerd is, te korrigeer.
Stephan Joubert
Jun 13, 2022


Vanaf arme Willem tot goeie Gaius
“Arme Willem.” Nee, ek ken nie vir Willem nie, in elk geval nie hierdie Willem wat ons so jammer kry nie. Maar ons het heelwat van hom gehoor, terwyl ons in ‘n tou in ’n openbare plek gestaan het. Iewers agter ons het mense hardop gesels. Hulle het oor Willem gepraat. Dit het geklink asof hy net mooi niks kon reg doen nie. Dis toe dat my vrou saggies opmerk: “Arme Willem!” Dalk het daardie mense nie besef dat almal rondom hulle ook na hulle gesprek moes luister nie. Of dalk h
Stephan Joubert
May 2, 2022


Só moet ons praat met mekaar
Ek het nou die dag die mees inspirerende les geleer by een van die jongmense in ons gemeente. Ek vermoed hy is so negentien of twintig jaar
Roedolf Botha
Mar 17, 2020
bottom of page