top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die waarheid hoort nie onder die mat nie
Een episode uit ‘n Amerikaanse sepie resoneer steeds met my. Dit was in “The King of Queens” wat tussen 1998-2007 op die lug was. In hierdie episode besoek Doug en sy vrou sy ouers. Hulle word genooi om sy hond Rocky se 28ste verjaarsdag te vier. Doug vra toe hoe het Rocky so oud geword. Hierop erken sy ouers dat Rocky al ‘n paar keer vervang is met ‘n hond wat soos die eerste een lyk.
Stephan Joubert
Oct 30


Feit is …
FEIT IS: Ons mag nooit arrogant, traak-my-nie-agtig of ongeskik optree nie. Nooit nie! Anders word dit spoedig ook deel van ons normale gedrag.
Stephan Joubert
Aug 21


Wat Lord of the Rings ons van leierskap leer
Daar is vandag baie misverstande oor leierskap. Een van hulle is dat leiers geen werklike vaardighede hoef te hê nie. Dis uiteraard nonsens, want leiers moet beskik oor die vaardigheid om te kan lei. Dis tog wat hulle leiers maak. ‘n Ander misverstand is dat leiers altyd al die antwoorde moet hê. Dalk nie al die antwoorde nie, maar ten minste die goeie planne, idees en strategieë. Dis ewe onwaar. Leiers is nie gode nie. Soms weet hulle net so min soos die res. Wat maak hulle
Roedolf Botha
Jun 10


Is jou vel op die spel?
Ek dink nou die dag weer aan die fliek Air Force One. Die fliek is nie in alle opsigte die beste storie nie. Dis Baie patrioties in die tipi
Roedolf Botha
Nov 21, 2023


Ek vat vyf in 2023
Ek kies die volgende vyf lewensbeginsels in 2023: Wees stil. Ek gaan myself oefen om nog meer te wag op die Here, soos wat daar in Habakuk 2:20 staan. Hy leer my dat die hele aarde voor God in Sy heilige tempel moet stil moet wees. Daarom gaan ek elke dag ’n stilhouplek in my lewe inbou. Wees vrygewig. Ek gaan my gedurig herinner aan Jesus se woorde: “Dit is beter om te gee as om te ontvang.” (Handelinge 20:35) Ek wil vanjaar geken word aan ‘n oop hart en oop hande, eerder as
Stephan Joubert
Jan 23, 2023


Paulus en die bestuur van tyd
Baie leiers sukkel met die bestuur van tyd. Die goeie nuus is dat dit iets is wat ‘n mens kan leer: Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom. (Psalm 90:12 – OAV) As jy sukkel met die bestuur van tyd, mag hierdie vier stappe van Paulus jou help.
Coen Slabber
Jun 22, 2022


Geloof gebeur op die Here se terme
Geloof is nie ’n selfverbeteringprogram nie. Geloof help jou nie maar net om ’n beter mens te word nie. Dit laat jou volgens Jesus se beginsels leef. Sy standaard is baie hoog. Sy standaard is dié van selfopofferende liefde. Sy liefde veroorsaak dat jy jouself prysgee in diens van God en ander. Sy liefde veroorsaak dat jy jou voorkeure, jou gerief, jou keuses, en jou leefroetes aanpas by dit wat God eer en wat ander mense bevoordeel. Dit veroorsaak dat jou keuses nie langer o
Stephan Joubert
Jun 9, 2022


Waardes en beginsels
Ek het die afgelope tyd ‘n paar vreemde belewenisse gehad. Ek het nie besef dat ‘n mens in die moeilikheid kan kom as jy by jou beginsels staan nie. As onderwyser kom ‘n mens daagliks met baie leerders in kontak. Wanneer ‘n mens oor waardes en beginsels praat, ontstaan daar heerlike gesprekke. Mag my ma my foon nagaan. Mag my ouers sien wat my webgeskiedenis is of op watter internetwebblaaie ek rondkuier.
Marietjie Joubert
Feb 22, 2022
bottom of page
