top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die huwelik hoort steeds in die paradys
Carmen LaBerge vertel in haar boek, “Speak the Truth: How to bring God back into Every Conversation”, dat daar in 2017 reeds 31 seksuele identiteite in New York was wat deur anti-diskriminasiewetgewing beskerm was. God verstaan egter nie sy kinders se identiteit in terme van derduisende seksualiteite van hierdie aard nie. Hy is op rekord in die Bybel dat man en vrou sy handewerke is. Mans en vroue is sy beelddraers. Nogtans setel ons identiteit heel eerste in Jesus.
Stephan Joubert
Feb 22, 2021


Tempels moet soos tempels lyk!
Dit is belangrik dat ons vandag nog eens vir mekaar sê dat die Heilige Gees permanente en eksklusiewe regte op ons lewens het, omdat ons aan Christus behoort. Ons is Syne hier en nou en vir altyd. Hy is ons nuwe Eienaar, omdat Jesus ons tussen die sonde gaan uitsnuffel het en ons toe met sy kosbare bloed gekoop het. Van daardie oomblik af is ons lewens onder hemelse bestuur. God woon voltyds in ons. Daarom kan ons nie doen wat ons wil of leef soos ons wil nie. Die Here duld d
Stephan Joubert
Feb 19, 2021


Om die son vas te hou
Elke keer as ek aansluit by God se besigtigingstoer deur die skepping saam met sy kneg Job vanaf Job 38, is ek van vooraf verstom. Hier hoor ek oor en oor hoe genadig en groot God is. Ek lees hier hoe Hy met Sy eie hande die aarde en die hemele kunstig aanmekaar gesit het. Sy almag en sy liefde skitter en skyn helderder as die son in al sy reuse handewerke.
Stephan Joubert
Feb 18, 2021


Die geheime taak van ‘n leier
In die vele boeke oor leierskap word daar allerhande take en vaardighede van leiers beskryf. Daar word gepraat oor transformasie-leierskap, die passie van ‘n leier, emosionele intelligensie, verhoudingsvaardighede, tegniese vermoëns, strategiese insig, wysheid en nog baie meer. Daar is egter een ding wat ek nog bitter min gehoor het en tog behoort dit myns insiens deel van die kern van ‘n leier se roeping te wees.
Roedolf Botha
Feb 17, 2021


Dankbaarheid is lewensveranderend
Die boek, The Salt Path, vertel die ware verhaal hoe die Engelse skryfster, Raynor Winn en haar man, 630 myl op die South West Coast Path...
Elmarie van der Westhuizen
Feb 17, 2021


Reboot jouself vir 2021!
Het jy al ooit met jou skootrekenaar gesit en werk en ‘n program oopgemaak, wat nie wil laai nie? Trouens, soms vries die hele ding en...
Roedolf Botha
Feb 16, 2021


Veilige mense asook die regte reisgenote is God se lewende geskenke aan jou
Dit is nie aldag dat mense vir mekaar sê: “Ek voel veilig by jou nie!” Dit lyk my veilige mense is omtrent ewe skaars as veilige plekke hier in ons land. Veilige mense is diegene by wie jy jou hart groot kan oopmaak. By wie jy net jouself kan wees. Dit is diegene by wie jy jou hart kan uitstort sonder om bang te wees hulle sal dit aan ander gaan oorvertel. Sulke mense is kosbaarder as goud. Hulle is die Here se geskenke, wanneer die lewe hard en swaar is. Hulle is die Here se
Stephan Joubert
Feb 15, 2021


Een met die Here
1 Korintiërs 6 is ‘n aangrypende hoofstuk. Dit vertel van die slegte dinge, wat daar in die Korintiër-gemeente gebeur het, soos dat sommiges hulle opgehou het met prostitusie. Dit het Paulus baie omgekrap. Daarom dat hy nou ‘n groot geestelike beginsel vir hulle leer, naamlik dat as Jesus jou gekoop het en die Gees sy intrek in jou lewe geneem het, dan is jy een met die Here. Dan is jy lewenslank Syne. Dan behoort nie net jou siel aan Hom nie, maar ook jou liggaam. Daarom dat
Stephan Joubert
Feb 12, 2021


Oppas vir al die regte danspassies
Ek het een keer die verhaaltjie gelees van ‘n Indiaan, wat gereeld saam met ander Indiane hulle tradisionele reëndans uitgevoer het, maar sonder enige sukses. Toe hy by sy pa gaan kla dat hierdie danse geen effek het nie, het hy geantwoord: “Julle is meer besorg oor die verskillende danspassies, wat julle moet uitvoer, as oor die doel van julle dans!”
Stephan Joubert
Feb 11, 2021


Konflik
Almal van ons kom op een of ander stadium konflik teë. Dit is niks nuut nie. Dink maar aan die konflikte in die vroeë kerk en die konflik tussen Jesus en die Joodse wetsgeleerdes. Konflik is ‘n gegewe in die lewe. Konflik op sigself is nie sonde nie, maar sonde mag die oorsaak van die konflik wees. Ons kan ook sondig deur die manier waarop ons op konflik reageer. Wyse leiers weet hoe om konflik te hanteer. In Handelinge 15 word die probleem of nie-Jode eers Jode moet word voo
Coen Slabber
Feb 10, 2021


Jazz en Vonke
Lank gelede het ek Sondae tydens middagete in ʼn hotel by die see klavier gespeel. Ek kon nooit lekker uitvind of ek die mense rustig gemaak het en of ek hulle vinniger laat eet het nie. Maar een ding het ek oor foute agter die klawers geleer: As jy ʼn fout maak, herhaal dit ʼn paar keer. Dan noem jy dit “jazz”.
Siegfried Louw
Feb 9, 2021


Ek het méér as genoeg
Ek onthou hoe ‘n bekende Amerikaanse “celebrity” ‘n paar jare gelede iets gesê het, wat meer verstommend is as die “groot” uitdrukkings, waarvoor hy bekend geraak het, soos bv.: “I’ll be back.” Of daardie immergroene: “Hasta la vista, baby!” Ja, jy weet van wie ek praat. Dit is daardie kleurryke liggaamsbouer-akteur-politikus, Arnold Schwarzenegger. O ja, ek praat van die volgende opmerking wat hy kwyt geraak het, toe hy mense wou oortuig dat ekstra geld hulle nie gelukkiger
Stephan Joubert
Feb 8, 2021


Heiligheid wen
Te veel kere wen sonde in godsdienstiges se lewe. Ek moet eerlik wees, dis nie vir my lekker om gedurig in die koerante te lees van nog ‘n godsdienstige wat een of ander groot misstap begaan het nie. Die Gees verlang heiligheid in ons lewe. Hy verander ons van godsdienstiges tot voltydse, lojale navolgers van Jesus. Godsdiens en ware navolging van Christus is daarom nie een en dieselfde saak nie.
Stephan Joubert
Feb 5, 2021


Tel jou woorde, tel hul een vir een
Om een of ander rede meen sommige mense dat “mondsondes”, soos kwaadpraat, goor taal en skinder nie so ernstig is soos daardie eintlike “groot sondes” soos owerspel, korrupsie of dronkenskap nie. Daar is al wie weet hoeveel kerklike verslae opgestel oor die jongste openbare sondes van die dag. Maar, vreemd genoeg, beskou godsdienstiges dit nooit eintlik as ‘n ramp, wanneer mense orals van mekaar kwaadpraat of mekaar met hulle skerp tonge aan flarde skeur nie. In hierdie tyd v
Stephan Joubert
Feb 4, 2021


Stiltetyd in pandemietyd – maak dit ‘n verskil?
Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar, ‘n jaar soos nog nooit tevore in ons leeftyd nie. Dis amper nie eens meer lekker om op sosiale...
Alet Gardner
Feb 3, 2021
bottom of page
