top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Geen beter wêreld anderkant COVID-19, tensy…
Party buig. Ander dink dit is uitverkopery. Almal baklei met almal oor wie se lewens maak die meeste saak. O ja, en dan is daar ook nog die immer gewilde “vir of teen die president” gesprekke. Om nie van die Amerikaanse president te praat nie. Die temperatuur styg. Amper niemand hoor mekaar nie. So voel dit as jy na publieke media en sosiale media kyk. Nog erger: presies dieselfde tipe debatte herhaal net so tussen baie Christene. Oor en weer maak godsdienstiges mekaar af as
Stephan Joubert
Jul 27, 2020


Geesvervulde gemeenskappe groei
Christus waarborg dat waar Hy deur sy Gees aan die werk is, daar groei sal plaasvind. Nee, nie in die eerste plek numeriese groei nie, maar groei in mense se verhouding met God. Om geestelike te groei, beteken om te vorder in jou liefde vir God en jou toewyding aan Hom. Dit beteken ook om te vorder in jou verhoudings met ander. Maar groei beteken ook dat nuwe mense gereeld tot inkeer kom, soos wat Handelinge 2:47 vertel.
Stephan Joubert
Jul 24, 2020


Koop tyd reg uit
Tyd loop. Tyd vlieg. Tyd is min. Tyd wag vir niemand nie. Tyd het nie brieke nie. Tyd gaan vinnig verby…
Stephan Joubert
Jul 23, 2020


Fokus op nietighede
Hoe kan ons ophou tyd spandeer aan minder belangrike besonderhede? Ons spandeer ure aan onproduktiewe vergaderings. Ons lees honderde e-posse wat nie die probleem oplos nie. Dan, wanneer ons ‘n belangrike besluit moet neem, is daar nie genoeg tyd om daaraan te bestee nie. Hoe los ons dit op? Eerstens moet ons besef dat ons in nietighede vasgevang word. Daarna moet ons na strategieë kyk hoe om te verander na nuttige insette en tyd om dit te oorweeg.
Coen Slabber
Jul 22, 2020


Influistering van die Heilige Gees
Dit was deur middel van hierdie Skrifgedeelte dat die Heilige Gees haar herinner het aan ‘n gesin daar naby wat finansieel swaarkry. Gelukkig het sy op hierdie ‘fluisterstem’ gereageer, want die destydse tienerseun getuig dekades later hoedat iemand se gehoorsaamheid vir sy gesin tot seën was met ‘n geskenkpakkie kruideniersware. So versterk ons mekaar se geloof en tree ons as God se instrument op om in mekaar se behoeftes te voorsien.
Elmarie van der Westhuizen
Jul 22, 2020


Die groot gevaar
Dis dalk waarom ons hierdie Korona tyd ook so traumaties beleef. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd kan ons nie bloot doen wat ons wil, wanneer ons wil nie. Ons vryheid word beperk. Aan die een kant is dit regtig sleg want ons mense is nie gemaak om in isolasie te leef nie en mense betaal duur aan gevoelens van sinneloosheid, depressie en terneergedruktheid.
Roedolf Botha
Jul 21, 2020


God is nie kersfeesvader nie
God is nie kersfeesvader nie “God promises your miracle is on the way.” “I will not bury any of my family members from this virus… We...
Stephan Joubert
Jul 20, 2020


Nie ‘n honderd nie, dan een!
Is dit regtig so moeilik om vir een ander persoon gedurende die volgende 24 uur om te gee? Is dit so swaar om Jesus se verteenwoordiger by een van sy geliefdes te wees as Hy jou vra om dit te doen? Is dit onmoontlik om Spreuke 19:17 se woorde waar te maak dat om vir iemand in nood te help is om ‘n lening aan die Here te maak? Natuurlik nie. Dis wat Geesgevulde mense doen. Hulle harte en hande is oop.
Stephan Joubert
Jul 17, 2020


“Nee” is ’n sin
“‘No’ is a complete sentence,” skryf iemand. Wel, dit is … net soos die woord “ja.” Maar ons sê baie gouer “ja” as “nee”. Dit is hoekom dinge soms skeefloop. Ons wil nie mense se gevoelens seermaak nie, daarom sê ons maar “ja” as hulle verkeerde of oorhaastige besluite neem. Ons laat kinders te veel vryhede en dinge toe want as ons “nee” sê, dan hou hulle dalk nie meer so baie van ons nie.
Stephan Joubert
Jul 16, 2020


Diep-luister leierskap in ‘n toon-dowe wêreld
Diep-Luister is een van die mees kritieke vaardighede wat leiers moet hê, en tog, om verskillende redes, het baie leiers dit eenvoudig nie. Hier praat ons dus nie net van luister omdat ons moet nie. Maar luister omdat ons ten volle teenwoordig is, wil leer, en nie net advies en wyshede wil uitdeel nie. Ek lees die ander dag ‘n twiet wat sê: “Some people don’t want to hear your opinion; they want to hear their opinion coming out of your mouth.”
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Jul 15, 2020


Trek die voorskoot aan!
O die luukse gevoel om in ‘n weelderige hotel in te stap… Ek was nog nie baie keer in so ‘n hotel nie, maar iets wat vir my fantasties is, is daardie dik, wit japonne en die bypassende pantoffels. As ek dit aantrek, voel ek skatryk! Dit voel vir my asof ek net die telefoon kan oplig vir kamerdiens en verder kan ek terugsit en ontspan.
Helena Smith
Jul 14, 2020


Moenie mense se ore pap praat nie
William Jennings Bryan (1860-1925) was ’n Amerikaanse politikus. Op ’n dag het sy ma na een van sy toesprake geluister. Na die tyd sê sy toe vir hom: “You missed several good opportunities to sit down.”
Stephan Joubert
Jul 13, 2020


Diens tel
Kerkwees beteken vir Geesgevuldes nie om nog meer betrokke te raak by die eredienste en Bybelstudies van hul plaaslike kerk nie. Te veel mense dink dat groter toewyding aan die Here in dieselfde asem beteken dat jy nog meer dinge elke week by die kerk moet bywoon. Nou ja, daars niks mee verkeerd om sulke kerklike aksies te ondersteun nie. Inteendeel! Maar dis nog lank nie genoeg nie. Eers wanneer Christene wegstap van kerklike persele af en in die regte wêreld daarbuite begin
Stephan Joubert
Jul 10, 2020


Hoe aansteeklik is mense?
Godsdienstige onreinheid was soos die korona-virus in die wêreld waarbinne Jesus God se koninkryk verkondig het. Onreinheid was altyd uiterlik. Liggaamlike siektes soos melaatsheid, menstruele siektes en ander infeksies het mense outomaties gediskwalifiseer vir deelname aan formele godsdiens in sinagoges of in die tempel. Al was hulle harte so rein soos sneeu - dit het net mooi niks gehelp nie. Enige assosiasie met nie-Jode, asook die eet van kos wat nie aan godsdienstige sta
Stephan Joubert
Jul 9, 2020


Die woestyn van inperking
Night Prayer: Lord, thank you that, through your grace always at work in our lives, what knocks us sideways sometimes becomes the...
Alet Gardner
Jul 8, 2020
bottom of page
