top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Wat het vrye toegang tot jou kop?
Jy is wat jy dink. Dit waarvan jou kop vol is, lek uit in die res van jou lewe. Dit wat jy deur die hekke van jou kop inlaat en daar verwelkom, bepaal jou denke, jou emosies, jou perspesies, en jou gedrag. Terloops, jou gedagtes gebeur teen ‘n verbysterende spoed. Impulse word van een senuwee-eindpunt na die ander in die brein teen snelhede van oor die 300 km/s oorgedra.
Stephan Joubert
Mar 15, 2021


Luister na die eggo’s van jou woorde
Het jy al in ‘n kloof gestaan en geluister na die eggo van jou eie woorde? Dit laat my net besef wat die effek van my woorde is. Sodra dit my lippe verlaat, eggo my woorde in ander se ore. My woorde het oneindige moontlikhede. Ek kan kies, soos die dwaas na wie Spreuke 12:18 verwys, om my woorde as messteke te gebruik om ander mense se lewe vol gate te maak, presies soos wat die Korintiërs aangevang het deur mekaar voor die hof te daag. Of ek kan kies, soos die wyse, om my wo
Stephan Joubert
Mar 12, 2021


Is lelike taal die nuwe normaal?
Toe ek onlangs deur ’n boekwinkel stap, sien ek dit is die nuwe modegier om kragwoorde in boektitels te gebruik. Daar is darem nog ’n paar ** tussen die letters, maar almal weet tog wat daar staan. Toe dink ek baie mense praat in elk geval so - politici, sportafrigters, filmsterre, komediante, gewone mense (sic!) … Is sulke taal nou die nuwe normaal?
Stephan Joubert
Mar 11, 2021


Mobiliseer om die Groot Opdrag te voltooi
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees en hulle te leer om alles te onderhou, wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd . (Matteus 28:18 – 20)
Coen Slabber
Mar 10, 2021


Carpe diem!
Ek weet nie of jy ook soms so voel nie, maar partykeer voel dit vir my asof ek net deur die dag tjommel. Ek doen net die minimum wat van my verwag word en stap geen ekstra myle nie. Onlangs op so n tjommeldag kyk ek na ‘n video van ‘n inspirerende jong onderwyser, Dalton Barends. Hierdie jong man het my laat besef dat ek dankbaar moet wees dat ek gesond is en in hierdie pandemietyd lewe. Hy het my weer laat besef dat ek elke dag moet aangryp.
Helena Smith
Mar 9, 2021


Jou vrae verf jou geloof in ’n hoek in, of nie!
“Doen jy genoeg vir die Here?” As ek dit vir jou sou vra, is ek seker jy sal dadelik sê: “Nee!”
Stephan Joubert
Mar 8, 2021


Vry van bitterheid
Bitterheid byt jou twee keer… nee, eintlik sommer drie, vier, vyf maal … Dit gebeur die eerste keer as iemand jou skade aandoen; die tweede keer as jy dit onthou; die derde keer as jy met woede daaraan terugdink en die vyfde en twintigste keer as jy dit nogmaals in jou kop herhaal. Of dit dalk vir die dertigste keer oorvertel. Bitterheid maak jou ‘n slaaf van diegene wat jou benadeel het. Jy verander in hulle slagoffer. Dalk het hulle al lankal vergeet van die seer, wat hulle
Stephan Joubert
Mar 5, 2021


Dit is makliker om met God te praat as met party mense
Dit is makliker om in gebed met God te praat as met sommige mense. Want: God luister, maar mense luister nie aldag nie. God hoor, maar party mense maak net of hulle hoor.
Stephan Joubert
Mar 4, 2021


Instinktiewe reaksie
My wyse moeder het in die grootmaak van haar sewe kinders ‘n paar dinge in ons ingeprent. Een daarvan was wat om in geval van ‘n brand te...
Alet Gardner
Mar 3, 2021


Pas op vir die vlak kant!
Die vermoë om te onderskei tussen fake news en dit wat eg is, waarheid en leuen, goeie inligting en nonsens, het ‘n uiters belangrike...
Roedolf Botha
Mar 2, 2021


Sonder die regte “nee” kan daar nie ’n regte “ja” wees nie
Almal weet dit. Nogtans jaag massas mense hulleself dood op die paaie. Baie mense jaag hulleself ook stokflou in die res van die lewe. Wanneer ek soms vir mense vra om hulle leefspoed in kilometer per uur uit te druk, sê baie hulle leef ver anderkant 120 km/h. Dit is té hoog. Ons is nie masjiene nie. Ons is nie gemaak om aanhoudend buite die spoedgrens te leef nie. Iewers gaan ons gesondheid knak onder sulke snelhede, waarteen ons gedurig rondhardloop na wie weet waarheen. On
Stephan Joubert
Mar 1, 2021


Vermy binnegevegte
Konflik is ‘n onnodige maar lastige probleem in die kerk. Soms is dit direk, openlik en ander kere weer onder die oppervlak, latent. Daar’s te veel hiervan in kerklike kringe. Dit hoort nie tussen Geesgevulde mense tuis nie. Nee, Christene hoef nie altyd saam te stem nie. Dis vals. Mense verskil een of ander tyd. Maar die vraag is hoe ons verskil. Gee ons aan mekaar ruimte om ons opinies te lug en op ‘n geestelik volwasse manier vir mekaar te sê ons stem nie saam nie? Of gaan
Stephan Joubert
Feb 26, 2021


Hoe meer ons groei in ons geloof, hoe groter is Christus
In “Prince Caspian,” die tweede boek in die Narnia-reeks van die bekende skrywer C. S. Lewis, vind daar ‘n mooi gesprek tussen Aslan die leeu (wat Christus verteenwoordig) en een van die dogtertjies in hierdie verhaal plaas. As sy vir Aslan na ‘n lang tyd raakloop, sê sy vir hom dat hy groter geword het. Hierop antwoord Aslan haar: “That is because you are older, little one.” “Is jy dan nie groter nie?” vra die dogtertjie hom. Dan antwoord hy: “I am not. But every year you gr
Stephan Joubert
Feb 25, 2021


2020 se beste boeke
Hierdie is die lys van beste boeke vir 2020 soos saamgestel deur The Gospel Coalition. C. S. Lewis (Learning in War-Time) het die vraag gevra of dit die moeite werd is om tydens ‘n oorlog te studeer.
Coen Slabber
Feb 24, 2021


Respek (of eerder ‘n verlies daaraan)
Ek wonder die laaste ruk oor respek. Seker maar omdat respek so dun gesaai is in ʼn samelewing, waar ons daagliks gekonfronteer word met erge misdaad, korrupsie, lippetaal sonder konstruktiewe optrede, rassehaat, xenofobie en nog meer as wat enige mens kan verduur. Volg maar net die skokkende getuienis voor die Zondo-kommissie en dit is genoeg om enige gevoelens van respek te blus.
Liezel Lüneburg
Feb 23, 2021
bottom of page
