top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Gelukkig is die Here nie slegs per afspraak beskikbaar nie
“Mag jy ’n ontmoeting met die Here hê!” Dit word soms aan die begin van eredienste gesê. Maar dit help my nie so baie nie. Meen diegene wat dit sê dalk God is slegs per afspraak bereikbaar? En gebeur dit net tydens eredienste? Of in deesdae se taal - slegs tydens virtuele samekomste van gelowiges? Ontmoet die Here slegs sommiges in die kerklike gehoor? Of staan almal darem ’n gelyke kans om Hom te ontmoet? Wat gebeur as hierdie “ontmoeting” verby is? Gaan ons elkeen dan voort
Stephan Joubert
Sep 10, 2020


Geborgenheid
Drie van my gunsteling kindertyd-herinneringe is gebaseer op geborgendheid. Daar is die rustige warmte van styf teen my ma sit in die...
Alet Gardner
Sep 9, 2020


My bors brand
Ons almal ken daai gevoel wanneer jy te nagekom word en jy kan min daaraan doen, of wanneer iemand jou aanvat in die openbaar, of wanneer jy
Ivor Swartz
Sep 8, 2020


Christus nooi ons binne sy verhaal in, nie andersom nie
“Ek het vir Jesus in my lewe ingenooi.” Dikwels hoor jy sulke opmerkings. Mense nooi graag vir Jesus in hulle hart in, maar eintlik gebeur dit net mooi andersom. Jesus nooi mense in sy eie verhaal in. Dit is nie ons wat op ’n goeie dag besluit om Hom in ons lewe toe te laat nie. Dit is nie ons wat besluit ons is gereed om ons hart vir Hom te gee, of om ’n paar veranderinge aan ons lewe aan te bring nie. Nee, Jesus nooi ons na Hom toe. Dit is Hy wat ons deel maak van sy groter
Stephan Joubert
Sep 7, 2020


Respek vir die Here - het jy dit?
Nee, geloof is nie iets wat ek net in my vryetyd beoefen nie. Ek doen nie net Christenskap wanneer ek die dag daarna voel nie. My lewe is voltyds die Here se eiendom. Daar is geen middelgrond nie. Die Here duld nie ‘n halfgebakte 50/50 geloof waar ek die helfte van die tyd doen wat God sê en die ander helfte doen wat ekself wil nie.
Stephan Joubert
Sep 4, 2020


Die waarheid is ’n een-lyner lank
Eenlyners is baie gewild - daardie kort en kragtige uitsprake van een of ander bekende figuur wat jou ietwat anders oor die lewe laat dink. Sulke “quotes” wemel op die internet. Wel, Jesus is ook briljant met een-lyn lesse oor God en oor die lewe: “Soek eerste die koninkryk van God, en alles sal vir jou gegee word.”
Stephan Joubert
Sep 3, 2020


Here, wanneer dan?
Almal vra wanneer die pandemie dan nou tot ‘n einde gaan kom. Wanneer kan alles weer aangaan? Wanneer kan ons weer mens wees? Waarom gee die Here nie vir ons die antwoord nie? So wou mense al by my weet. Dis alles verstaanbare vrae en ons moet natuurlik bid, daaraan werk en hoop dat dinge ekonomies en medies spoedig gaan verbeter. In die Nuwe Testament sien ons egter dat die dissipels vir Jesus ‘n soortgelyke vraag gevra het (Handelinge 1:6-8a):
Roedolf Botha
Sep 1, 2020


So, jy sê jy staan op die Bybel….
Die Bybel is ons anker. Dit is die Boek waarop ons staan. Maar ek het agtergekom dit is ’n ander vraag hoeveel mense weet regtig wat in die Bybel staan. Self is ek dwarsdeur my katkisasie jare in die kerk sonder om ooit een enkele Bybelboek deur te werk. Ja, ek het hulle almal se name geken, maar dit is omtrent al. Vir myself was die Bybel min of meer die Groot Verseboek. Hiervan gepraat, ek onthou my tannie het so ’n klein boksie met Bybelversies langs haar bed gehad. As ons
Stephan Joubert
Aug 31, 2020


Geen lisensie vir droogmaak nie
Die feit dat die Gees van die Here geloof in my werk en my elke keer kom opsoek as ek die spoor byster raak, gee nie aan my ‘n lisensie om in die sonde rond te lê nie. Glad nie. Ek is die Here se permanente eiendom. En sy eiendom leef nooit soos die opposisie nie. Ons klere is immers gewas in die bloed van die Lam, soos wat Openbaring 7 sê. Ons is duur gekoop en die prys is klaar betaal. Daarom moet ons God verheerlik in elke daad, woord en gedagte.
Stephan Joubert
Aug 28, 2020


Wees op die regte Plek
“Location, location, location!” So sê eiendomsagente graag. Die regte adres is alles. Dit geld ook vir navolgers van die Here. Met name is die regte adres vir ons almal die Here se wingerd. In Lukas 13:6-9 vertel Jesus van hierdie wingerd waarvan Sy Vader die Eienaar is. Hyself is hier voltyds aan die werk as Tuinier. Hier sorg Jesus vir vrugte in oorvloed. Hier versorg Hy ook daardie een vyeboom wat nutteloos en sonder vrugte in die wingerd rondstaan. Jesus plaas sy eie repu
Stephan Joubert
Aug 27, 2020


Haal asem!
Ek het deur die narkose newels heen die dokter wat die operasie gedoen het (toevallig ook ‘n huisvriend) hoor roep: “Haal asem!” en ‘n...
Alet Gardner
Aug 26, 2020


Vriendskap
Ons leef in vreemde tye. Die Korona virus het ons lewens omgekeer. Ons worstel met verlange na baie dinge. Vir party is dit ‘n ou wyntjie of ‘n koue bier om die braaivleisvuur. Vir ander is dit die verlange na geliefdes, kinders of ouers. Een ding is egter gemeenskaplik. Ons verlang na ons vriende. In Eksodus 33 praat die Here met Moses. Hulle praat van aangesig tot aangesig soos vriende. Moses het nie die Here se gesig gesien nie. God het Moses egter so hoog aangeslaan as Sy
Marietjie Joubert
Aug 25, 2020


Is jy deel van die ge-dreigdes en die be-dreigdes?
Ek het agtergekom min of meer elke tweede preek, praatjie en plasing op sosiale media platforms dreig ons om iets te doen vir die Here, so asof niemand dit reeds doen nie. Ons moet opstaan, uitstaan, aanmeld, praat… Dis al. Geen getuienis word ooit gehoor van gelowiges wat elke dag volspoed aan diens is vir Christus nie. Geen dreiger sien hulle ooit raak nie.
Stephan Joubert
Aug 24, 2020


Hy sorg dat dit werk
As mens so rondom jou kyk en sien hoedat kerke by die dag kwyn, dan wil jy vra: “Waar gaan dit alles heen?” En dan wonder jy dalk ook in jou hart hoe jyself sal staande bly tot op die einde? Maar die goeie nuus is dat God nooit die werke van sy hande laat los nie. Hyself bring mense tot geloof en Hyself bly enduit deur sy Gees by ons elkeen. In Filippense 1:6 skryf Paulus op ‘n treffende manier dat God die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit sal deurvoer tot op die dag
Stephan Joubert
Aug 21, 2020


Uitbranding is nie verpligtend nie
By te veel toegewyde mense in en om die kerk sien ek tekens van oorwerktheid, stres en uitbranding. Toegegee, party mense brand uit nog voordat hulle vlam gevat het. Maar hulle is die uitsonderings. Uitbranding is dodelik. Kathleen Kendall-Tackett omskryf uitbranding “…as a loss of enthusiasm, energy, idealism, perspective, and purpose; it has been described as trying to run a marathon at full speed.”
Stephan Joubert
Aug 20, 2020
bottom of page
