top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Tydskrifrak
Die laatmiddag verkeer voel aggressief. Die een helfte van die motors probeer voor die ander helfte indruk. Verontwaardig probeer die ander keer. Niemand het lus om hiér te wees nie. Ek moet gou by die supermark vir melk stop. In die wandelgang praat byna niemand met mekaar nie. Sweterige maskers suig aan sommige se kenne vas. Niemand het krag oor om kwaai te probeer wees met diegene met die uisteekneuse nie. Skoenhakke klak moegerig teen die teëls. Meer as die helfte van die
Siegfried Louw
Apr 6, 2021


Ek sien nie kans hiervoor nie
Ek sien nie kans om een stel waardes te hê vir my geestelike lewe en nog ’n ander stel vir my “normale” lewe nie. Dit is te veeleisend. Nog erger, dit is skynheilig. En die heel ergste, dit staan God glad nie aan nie. Dit is glad nie wat Hy van my verwag nie. Ek sien nie kans om ‘n voorvegter vir die waarheid te wees, maar in dieselfde asem verneder ek almal wat nie soos ek glo of dink nie. Ek stoomroller nooit liefdeloos bo-oor ander mense nie. Ek verskil met integriteit, in
Stephan Joubert
Apr 5, 2021


Dit gaan oor Hom, nie oor my nie
Dit gaan nie oor jou nie! Ek praat van jou geloof. God werk nie vir jou nie. Nie eens jou gebede is geleenthede om allerlei opdragte aan Hom te gee oor wat Hy vir jou en ander moet doen nie. Dink mooi hieroor na, want te veel mense, wat ek ken, loop deesdae dikmond oor God rond. Hy het hulle glo nie gehelp, toe Hy moes nie. Hy het nie die siekte weggevat of die misdadigers gekeer nie. Ook het Hy nie vinnig genoeg kos op hulle tafel gesit nie. Daarom dat hulle nou agteraf loop
Stephan Joubert
Apr 2, 2021


Wat ons weggee vertel wat ons werd is
Moses Montefiore (1784-1885) was een van die rykste mense in England. Met sy honderdste verjaarsdag het die London Times ’n onderhoud met hom gevoer. Die joernalis vra toe vir Montefiore wat sy netto waarde in geldterme is. Toe hy ’n bedrag noem, sê die verslaggewer hy moet sekerlik baie meer geld as dit hê. Montefiore het geantwoord: “Jy het my nie gevra hoeveel ek besit nie; jy het gevra wat ek werd is. Toe het ek uitgewerk hoeveel ek al weggegee het aan mense in nood. Dit
Stephan Joubert
Apr 1, 2021


Tevredenheid, ook in die swaar tye
N.a.v. ‘n artikel in Premier Christianity: The art of catching contentment – Liz Carter Vanaf haar vroegste kinderjare het Liz Carter...
Alet Gardner
Mar 31, 2021


Littekens in ons geloofslewe wys dat ons sterker is…
Daar is ‘n verskil tussen ‘n wond en ‘n litteken. ‘n Wond vertel van vars pyn. Dit vertel van seerkry, wat onlangs gebeur het. Dit vertel van seerkry wat steeds pynlik is. Littekens vertel van wonde, wat reeds genees het. Dit vertel dat ons groot pyn oorleef het en dat ons nou sterker is. Littekens is immers van die sterkste weefsel in ons liggaam. Dit herinner my ook aan Jesus. Die boek Openbaring ken Hom juis as die Lam, wat geslag is. Met ander woorde, Hy dra steeds in die
Stephan Joubert
Mar 29, 2021


Ligloop vir vals vryhede
Die Gees het ons vrygemaak. Ons is lankal nie meer die mense, wat ons vroeër was nie. Gister se gemors is vir goed verby. Vandag is hier, die Here se vandag. Maar dit beteken nie ons het die vryheid om te doen wat ons wil nie. Allermins. Ook het ons nie die vryheid om ons nou besig te hou met beuselagtighede nie. Daarom kan ons nie, soos sommige Korintiërs, onsself troos met ‘n valse gerustheid dat alles nou wettig is vir ons nie. Want, sê Paulus, nie alles is noodwendig nutt
Stephan Joubert
Mar 26, 2021


Dit is nou ons diensbeurt
Klagtes oor die jeug wat buite beheer is, of politici wat korrup is, is niks nuuts nie. Doer in 1913 het professor G.T.W. Patrick in “The Popular Science Monthly” geskryf dat hy in ‘n museum in Istanbul ’n inskripsie raakgeloop het van die Chaldese koning, Naram Sin (2254-2218 vC). Hy het dit as volg vertaal: “We have fallen upon evil times… Politics are very corrupt. Children are no longer respectful to their parents.”
Stephan Joubert
Mar 25, 2021


Paulus as leier
In Handelinge lees ons van Paulus se sendingreise. In Handelinge 16 word vier eienskappe van Paulus as leier beskryf. Paulus, Silas, Timoteus en later ook Lukas besoek van die gemeentes, wat Paulus vantevore besoek het of gestig het.
Coen Slabber
Mar 24, 2021


Jy moet jou naaste liefhê soos jouself
Die afgelope tyd het ek weer diep bewus geword van hierdie gebod. Hierdie is die grootste gebod! Soms dink ek dit gaan by die een oor in en dan sommer by die ander oor uit. Dit haak nêrens vas nie. Ons het nie velcro tussen die ore nie.
Marietjie Joubert
Mar 23, 2021


Dink anders!
Hoeveel keer het sulke gedagtes nie al deur jou kop gemaal nie? Jy besluit jy wil nooit weer aan iets dink wat lei tot sonde nie. Jy probeer hard om dit te vermy. Maar voordat jy jouself kan kry, het jy al weer daaraan gedink. Of dit gedoen. Hoekom faal jy gedurig as jy besluit om nooit weer te dink aan iets wat verkeerd is nie, maar nogtans daaraan dink? En weer en weer ... ? Die rede is interessant. Jou brein is eintlik nie gemaak om agterstevoor te dink nie. Dit kan nie ef
Stephan Joubert
Mar 22, 2021


Verandering is permanent
Na Paulus se tragiese beskrywing van sommige Christene se gedrag jeens mekaar in 1 Korintiërs 6:1-8, vertel hy hoe God in ons almal, wat gewas is in die bloed van die Lam, se lewens kom ingryp het. Nou is ons van ons tone tot by ons krone oorgemaak, nuutgemaak, gekoop, afgesonder en eenkant gesit vir die Here. Nou het die Gees ons kom verander tot die permanente uitstalvenster van die Here se genadegawes. Nou is ons anders, nuut, vars!
Stephan Joubert
Mar 19, 2021


Wie se opinies tel in ons lewe?
Iemand skryf ‘n mens hoef nie insig of kennis te hê om ’n opinie te hê nie. Inderdaad! Maar dit is juis die probleem - almal het opinies. Maar moet ons onsself aan almal se opinies steur? Moet ons ons ore aan almal uitleen? Kom ons sê net eers vir mekaar ons moet minstens bereid wees om te luister. God het vir ons twee ore en een mond gegee. Hy wil hê ons moet dit dienooreenkomstig gebruik. Nogtans moet ons kies wie se stemme en wie se menings wen in ons lewe.
Stephan Joubert
Mar 18, 2021


Jesus, sisteme en transformasie-leierskap
Ek ken ‘n gewaardeerde gemeentelid, wat onlangs sy MBA-verhandeling oor transformasieleierskap gedoen het. Dis die nuwe buzz word in leierskapkringe. Leiers bring gesonde transformasie en vernuwing. Dis goed en reg so. Ons het inderdaad goeddeurdagte en gepaste verandering nodig in die meeste van die arenas, waarin ons leef en werk. In so ‘n transformasieproses is dit egter van die grootste belang om te kan weet wat moet verander en wat nie. Dit mag dalk vir sommige mense een
Roedolf Botha
Mar 17, 2021


Soms moet ‘n mens eenvoudig aangaan
Soms word gevoelens te hoog geag. Ek sien onlangs hoe dat die bekende Kanadese sangeres, Celine Dion, vertel hoe sy geleer het hoe om...
Roedolf Botha
Mar 16, 2021
bottom of page
