top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


God kyk ons raak
Ander mense se oë is altyd op ons. Of ons in ‘n tou staan by die winkel en of ons in ‘n geselskap sit - ander sien raak wat ons sê en doen. Ons is altyd binne mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself darem ook nie aan elke liewe kyk te steur nie. As party mense ons uitkyk, of as hulle ons op en af kyk, of as hulle ons middeldeur kyk, of as hulle stukkend kyk, is dit nie nodig om eindelose stres hieroor te hê nie. Anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Apr 26, 2021


God se amptelike stempel
Paulus gebruik ‘n merkwaardige beeld of twee vir die Heilige Gees hier in 2 Korintiërs 1:22 en later ook in Efesiërs 1:13 - 14. Die beeld van ‘n seël, wat die apostel eerstens aanroer, hou verband met die seëls of stempels van hooggeplaastes, soos goewerneurs of die keiser, wat in Paulus se dag op amptelike dokumente geplaas is. Watter belangrike boodskap dra dit aan ons oor? Ja, natuurlik vertel dit dat ons beseëldes van die Here self is. God waarborg self die egtheid van Sy
Stephan Joubert
Apr 23, 2021


Jesus het ons reg ingeëent
Onreinheid het reinheid elke keer uitgestof in die wêreld waarbinne Jesus opgetree het. Onreinheid was uiterlik. Liggaamlike siektes soos melaatsheid, menstruele siektes en ander infeksies het mense outomaties gediskwalifiseer vir deelname aan formele godsdiens. Al was hulle harte so rein soos sneeu, het dit net mooi niks gehelp nie. Enige kontak met heidene en sondaars en enige eet van kos, wat nie aan godsdienstige standaarde voldoen het nie, het mense ook gediskwalifiseer
Stephan Joubert
Apr 22, 2021


Leierskapslesse geleer uit ‘n pandemie
Ons ken die speletjie van toutrek. Daar is duidelike wenners en verloorders. Toutrek is nie die manier om sake tydens ‘n globale pandemie te hanteer nie. Tog lyk dit asof ons land en die wêreld in ‘n globale toutrekkompetisie is. Kerkleiers word in verskillende rigtings getrek as gevolg van verskillende sienings oor waar ons tans in die pandemie is en hoe om daarop te reageer.
Coen Slabber
Apr 21, 2021


Gerubs op wiele
Esegiël is nie ’n maklike teks om te verstaan nie. Dit is nie soseer die boodskap wat moeilik is nie, maar eerder die beskrywings van die kragtige visioene, wat my maag op ’n knop laat trek. Tog breek die Gees dikwels ook die moeilike verse soos ’n ryp granaat oop, sodat ek die sappige vrug kan eet en persoonlike betekenis in ’n spesifieke gedeelte vind. So is dit ook met Esegiël 1.
Liezel Lüneburg
Apr 20, 2021


Word wyser. Doen dit op die Here se manier
Wysheid kom met die grysheid. So sê die ou spreekwoord. Spreuke 16:31 sê juis dat grys hare soos ’n kosbare kroon is vir mense wat weet hoe om reg te leef. Soms daag grysheid egter alleen op sonder al die nodige wysheid. Party mense word nie mooier ouer nie. Hulle raak sommer net omgesukkeld. Hulle is nukkerig en ongepoets. Hulle sê wat hulle wil, wanneer hulle wil. Hulle skryf venynige briewe in koerante. Hulle kritiseer alles en almal van vroeg tot laat. Sulke bitterheid ge
Stephan Joubert
Apr 19, 2021


Is jy betyds?
In sy nuutste Heilige Gees artikel vra Stephan Joubert of jy betyds is vir God se groot planne van vandag?
Stephan Joubert
Apr 16, 2021


Die lewe is nie regverdig nie, maar God is
In sy nuwe Goeie Nuus skryf Stephan Joubert dat die lewe nie regverdig is nie, maar God is.
Stephan Joubert
Apr 15, 2021


Pasop vir sukses!
Een van die mees toonaangewende besigheidsnavorsers vandag – Jim Collins – wys uit hoe gevaarlik sukses vir ‘n maatskappy of vir die leiers van ‘n maatskappy kan wees. Die vraag, wat hy wou beantwoord in sy boek How The Mighty Fall, is hoe dit gebeur dat sterk maatskappye, wat goed vaar en oor baie potensiaal beskik, uiteindelik veld verloor in die mark en uiteindelik sóskipbreuk ly dat hulle geheel en al kwyn en tot niet gaan. Die eerste en belangrikste rede, wat hy ontdek h
Roedolf Botha
Apr 14, 2021


Prys die Here, in alle omstandighede
In haar nuutste artikel vir ekerk skryf Alet Gardner hoe ons die Here kan prys in alle omstandighede.
Alet Gardner
Apr 14, 2021


Beter leiers of beter volgelinge?
Roedolf Botha skryf in sy nuutste My Wêreld nuusbrief wat beter is, beter leiers of beter volgelinge?
Roedolf Botha
Apr 13, 2021


Vat eerste voor
“Vat voor!” Dit het ek gereeld gehoor toe ek doer in my studentedae vir sakgeld by die lughawe se vragkantore gewerk het. Dan moes ek letterlik aan die voorkant gaan dra wanneer ons groot bokse en kratte rondgeskuif het. Gou-gou het ek besef dit is die swaarste kant, maar dit is ook die kant waar jy die beste kan sien waarheen om te loop. Wel, nou is dit sulke tyd. Dit is tyd om voor te vat in die Heer se Naam. Moenie wag vir ander mense nie. Dan gaan jy jouself dood wag. Jy
Stephan Joubert
Apr 12, 2021


Op Sy voorwaardes
God is nie in ons diens nie. Hy werk nie vir ons nie. Ons bepaal nooit die voorwaardes van hierdie verhouding nie. Nee, ons behoort aan Hom omdat sy Gees ons eksklusief vir sy diens afgesonder het. Daarom moet ons God dien, soos wat Hy Homself in die Bybel aan ons bekendstel en nie ons eie idees van hoe Hy behoort te wees op Hom projekteer nie.
Stephan Joubert
Apr 9, 2021


As daardie donkertes opdaag, is God nie weg nie
“Life must be undergone.” So skryf die bekende digter, John Keats (1795–1821), op ’n keer vir ’n goeie vriend van hom. Keats was nie onbekend met depressie of met wisselende emosies nie. Hy het geweet van daardie groot donkertes wat soms op jou lewe toesak. Tog het hy geweet dat hy met sy goeie vriende hieroor kon praat. Van depressie gepraat - ook hier in ons dag kuier sulke ongenooide gevoelens by baie mense. Moenie dit in die geheim ontvang nie. Moenie gratis verblyfreg hi
Stephan Joubert
Apr 8, 2021


Wanneer sal eredienste kan hervat?
Ed Stetzer het onlangs met dr. Francis Collins, die direkteur van die National Institutes of Health, ‘n onderhoud oor hierdie onderwerp gevoer.
Coen Slabber
Apr 7, 2021
bottom of page
