top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Goeie leiers speel nie altyd veilig
Een van die beste leiers, met wie ek al ooit saamgewerk het, is Johnny Knell. Johnny is vyftien jaar gelede deur my genader om ons hoërskooljeug voltyds te lei in die gemeente, waar ek toe werksaam was. Hy was ‘n ongeslypte diamant en eintlik ‘n redelike risiko om aan te stel, veral aangesien Johnny op daardie stadium nog maar ses maande lank ‘n Jesus-volgeling was. Voor sy reis saam met Jesus begin het, was hy deel van die bendewêreld aan die Wesrand. Ek het egter die verski
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Oct 21, 2020


As ek onregverdig behandel word
“Hurt people hurt people. So, maybe before I wound someone next time, I’ll stop and think if it’s because I’ve been hurt, myself. I’ll...
Elmarie van der Westhuizen
Oct 21, 2020


Goeie Bedoelings
Ek dink deesdae baie aan my oorlede moeder. Sy was ‘n yster in my lewe. Haar storie en hoe sy ons grootgemaak het, beslaan ‘n groot deel van
Ivor Swartz
Oct 20, 2020


Die Here vat my soos wat ek is, maar lós my nooit soos wat ek is nie
Ek sê partykeer grappenderwys ek hou van alle mense. Ek hou van sommiges se gesig en van ander se rug. Ek hou van party mense as hulle kom en van ander mense weer as hulle gaan. Die feit bly, daar is altyd plek in my hart vir nog iemand om nie van te hou nie. Dit lyk vir my ek het ’n eindelose kapasiteit vir liefdeloosheid. Tog lyk dit nie of ek dieselfde ruim kapasiteit vir liefde het nie. Dit is vir my makliker om eerder ander mense se droogmakery raak te sien, as al die mo
Stephan Joubert
Oct 19, 2020


Wonderwerker-God
‘n Verdelende aspek van die Gees se werk tussen gelowiges in ons hedendaagse lewe is wonderwerke. Party mense maak daarop aanspraak dat hulle bediening propvol buitengewone wonderwerke is, soos spesiale genesings en kragtige werke, terwyl ander weer van mening is dat die Gees se wonders, soos dié waarvan Handelinge vertel, met die apostels se sterwe tot ‘n einde gekom het. Ekstremiste binne die eerste groep ignoreer dikwels mediese behandeling as ‘n teken van ongeloof en ekst
Stephan Joubert
Oct 16, 2020


Gepaste gebooie vir ons aangepaste “normale“ lewe
Ons almal is deur die coronavirus gedwing om ’n groot deel van ons lewe op sosiale mediaplatforms deur te bring. Baie van ons se besighede, kuiers en kerk het hierheen geskuif. Sosiale media is nie net digitale pleisters tot alles weer na “normaal” terugkeer nie. Leer daarom om dit reg te gebruik, want dit gaan deel van ons realiteit in die toekoms wees.
Stephan Joubert
Oct 15, 2020


Leierskap geskied nie in isolasie nie
As jy ‘n kerkleier is, het God jou ‘n taak gegee, wat jy nie op jou eie kan hanteer nie. 2020 het dit onderstreep. Daar was tye vanjaar, wat jou taak onmoontlik gelyk het. Die boek Nehemia wys vir ons hoe belangrik goeie leierskap in die voltooiing van ‘n projek is. Die Israeliete het ‘n projek in 52 dae voltooi – iets wat almal gesê het nie moontlik was nie. Watter soort leier het jou gemeenskap en gemeente nodig? Nehemia wys vir ons die kritiese eienskappe van ‘n goeie leie
Coen Slabber
Oct 14, 2020


Kyk diep binne-in
Die Covid-tyd het ‘n snaakse ding aan ons innerlike wêrelde gedoen. Die meeste mense verstaan nog nie wat regtig in hulle binnestes aan...
Roedolf Botha
Oct 13, 2020


Jy bou nie jou lewe volgens jou eie bouplanne nie
Argitekte ontwerp bouplanne. Bouers bou dit dan van daar af. Die meeste mense doen dieselfde met hulle lewens. Hulle ontwerp dit, teken dit en bou dit. Die meeste mense speel eienaarbouers van hulle lewe. Hulle maak self al die keuses oor hulle beroep, hulle adres, hulle vrye tyd, hulle leefstyl … Baie gelowiges doen dieselfde. Ja, hulle glo in God en dien Hom, maar Hy is nie régtig die Ontwerper, Bouer en Binnehuisversierder van hulle lewe nie.
Stephan Joubert
Oct 12, 2020


Moenie ‘n geheime lewe leef nie
Dis verstommend hoeveel mense se geheime lewens deesdae op een of ander manier op die lappe kom. Jy kan nie die TV of radio aanskakel nie, of jy hoor van een of ander persoon wat vir dekades bedrog gepleeg het, of van een of ander indiwidu, wat jare lank seksuele oortredings gepleeg het. Hoe is dit moontlik dat mense lank met twee lewens kan wegkom? Ek weet nie, maar wat ek wel weet, is dat jy dit nie met God moet probeer nie. Hy laat dit nie toe nie!
Stephan Joubert
Oct 9, 2020


Oppas, God se Naam is gekloon
God se naam is op almal se lippe, maar Hy is nie in almal se lewens nie. Om elke hoek en draai gebruik mense deesdae die Here se naam in die openbaar. Wag, hulle het dit afgewater na ’n stopwoord wat net soos Sy naam klink. Hollywood doen dit. Sportstrerre doen dit. Kuiergaste doen dit. Werksmense doen dit. God se naam is gekloon. Dit het ’n stopwoord vir derduisende mense geword. Of ’n uitroepteken. Of selfs nog erger - 'n lelike woord. Hierdie lippetaal het te veel mense se
Stephan Joubert
Oct 8, 2020


Wanneer ek die dikmond ouer kind is
Wanneer ek na die gelykenis van die verlore seun kyk, sien ek so maklik net die dankbare vader wat sy dwalende, vuil seun tegemoet...
Alet Gardner
Oct 7, 2020


Van vervelig na opwindend
In 'n Australiese studie lees ek dat die gemiddelde mamma 228 vrae op 'n dag beantwoord. Kinders vra vrae. Hulle wil weet en leer. Vierjarige dogtertjies vra die meeste vrae, ongeveer 390 per dag. Mammas moet bronne van inligting wees en moet al die vrae kan beantwoord.
Marietjie Joubert
Oct 6, 2020


Om te buig is een ding; om te volg is iets heeltemal anders
Om te buig voor God vra ’n kniebuiging. Om Hom te volg vra ’n totale koersverandering van jou ganse lewe. Om te buig voor God is ’n verklaring. Om Hom te volg is ’n voltydse manier van leef.
Om te buig voor die Here vra ’n oomblik of twee van jou tyd. Om Hom te volg vra al jou tyd en jou voltydse lojaliteit.
Stephan Joubert
Oct 5, 2020


Die naakte waarheid
Het jy ook al van “die naakte waarheid” gehoor? Interessante uitdrukking, of hoe? Dis seker omdat leuens altyd klere aanhet. Of dalk omdat halwe waarhede graag met pantoffels rondloop. Ook omdat wit leuentjies toe al die tyd pikswart is. In elk geval, die waarheid hoef nooit opgetooi te word nie. Dit kan helder lig hanteer. Dit steek nooit iets weg nie. Waarheid is oop en bloot, sigbaar, deursigtig, want dit word deur die Gees gedra en bevestig.
Stephan Joubert
Oct 2, 2020
bottom of page
