top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Wat die derde vlaag ons van geloof kan leer
In sy nuwe My Wêreld nuusbrief, skryf Roedolf Botha wat die derde vlaag ons van geloof kan leer.
Roedolf Botha
Jun 8, 2021


Om dapper by die dood verby te stap
Feodor Dostoyevski (1821-1881) was ’n beroemde Russiese skrywer en denker. 23 Desember 1849 was amper die einde van sy lewe. As lid van ‘n vereniging, wie se publikasies die Russiese tsaar bedreig het, is hy ter dood veroordeel. Saam met ander gevangenes sou Dostoyevski in St. Petersburg deur ’n vuurpeleton tereggestel word. Minute voor sy teregstelling het ’n amnestiedokument van die tsaar egter daar opgedaag en sy lewe is gespaar. Kort hierna skryf Dostoyevski ’n brief vir
Stephan Joubert
Jun 7, 2021


Geesgevuld
Sekerlik die bekendste teks oor die Heilige Gees se werk saam met Handelinge 1:8, is Efesiërs 5:18. Hier stel Paulus dit onomwonde dat ons nie onsself aan drank te buite moet gaan nie. Maar dieselfde verbod geld hoegenaamd nie wat die Gees betref nie. Inteendeel. Ons moet oorboord gaan as dit by Hom kom. Ons moet toelaat dat Hy ons ganse bestaan elke dag vervul.
Stephan Joubert
Jun 4, 2021


Informasie is nog lank nie wysheid nie
“Wat is die doel van die lewe?” vra iemand in ‘n fliek. “Ek weet nie, maar Google dit gou, dan het jy die antwoord,” hoor hy toe by sy vriend. Inderdaad het die internet almal se kits-antwoordverskaffer geword. Dit is ons buitebrein, ons “outboard brain”, soos wat iemand skryf. “Vir wat moet ons so baie feite onthou? Ons kort net wifi, dan is al die antwoorde binne ons bereik,” reken ’n ander skrywer. Wel, daar is een groot probleem hiermee - informasie is nog lank nie wyshei
Stephan Joubert
Jun 3, 2021


’n Bos blomme vir jou
Die prentjie is jare later nog glashelder: my dogter, wat onverwags by die voordeur opdaag met ‘n bos enorme wit rose. Nodeloos om te sê,...
Alet Gardner
Jun 2, 2021


Aan wie se kant is God?
Al lyk sportbyeenkomste by skole deesdae anders, weet jy sommer gou-gou watter ouers is aan watter skool of span se kant. So van anderkant die heining moet hulle skree. Vlae, pette en krete verseker ons aan wie se kant watter ouers is. Af en toe is ‘n mens dankbaar vir die fisiese afstand wat mense moet handhaaf, want nie al die ouers lyk asof hulle hulself kan inhou wanneer nodig nie.
Siegfried Louw
Jun 1, 2021


Moenie volgorde met rangorde verwar, wanneer liefde ter sprake is nie
Die Nuwe Testament verskaf nie ‘n lys van wie ons moet liefhê en wie ons mag haat nie. Dit is net mooi andersom. Ons moet almal liefhê: gelowiges en nie-gelowiges, familie en nie-familie, jonk en oud, oulik en minder oulik, vriend en vyand. Maklik? Nee! Maar dit is nooit die vraag in die Bybel nie. Al vraag is of ons dit doen. Ons het nie ’n keuse watter mense meer of minder waarde vir ons het, wanneer dit oor ons geloof gaan nie. 1 Johannes 3 sê ons is leuenaars as ons sê o
Stephan Joubert
May 31, 2021


Wat ‘n geskenk!
Die Gees se werk in die kerk en in ons elkeen se lewe is oorweldigend. Die Heilige Gees werk agter die skerms en ook openlik in ons almal. Ons as Christene staan almal onder die nuwe bestuur van die Heilige Gees, soos wat 1 Korintiërs 6:18 my leer. Ons is Sy lewende tempels. Die Heilige Gees is ook die seël vanaf God se kant dat ons aan Hom behoort. Hierdie boodskap hoor ek vars en nuut in Efesiërs 1:14. Hy waarborg die egtheid van ons geloof. Dan is die Gees boonop ook die h
Stephan Joubert
May 28, 2021


Jou familie kyk vir jou
“Don’t worry that children never listen to you; worry that they are always watching you.” Hierdie woorde van Robert Fulghum is tydloos waar. Ouers is altyd lewende preke vir hulle kinders - goed of sleg. Uiteraard wil alle ouers, wat op die Here se pad leef, graag goeie voorbeelde vir hulle kinders, kleinkinders en vir die res van die familie wees. Daarom dat sulke ouers gedurig vir hulle kinders leer daar is iets soos reg en verkeerd. Daar is baie ja’s in sulke Godvresende o
Stephan Joubert
May 27, 2021


Ek wens...
Roedolf Botha skryf in sy nuutste My Wêreld oor "Ek wens..."
Roedolf Botha
May 25, 2021


Ek kort die regte oordeel, God s’n
“Wie is ek om te oordeel?” Dit is ’n gewilde sê-ding op sosiale media en elders. Mense sê dit graag vir mekaar. Beteken hierdie “geen oordeelbeleid” dat jy dus ’n vry hand gee aan almal om te doen wat hulle wil? Geld hierdie “geen oordeelbeleid” byvoorbeeld wanneer ander mense hulle kinders of huwelikmaats verneder en afkraak? Of fisies mishandel? Of as iemand heeltyd vulgêr of rassisties is? Moet jy sulke ding oop-oë miskyk, omdat jy nie wil oordeel nie? Of omdat jyself ook
Stephan Joubert
May 24, 2021


Nog eens - die toekoms word gewaarborg!
Die Gees is God se waarborg dat ons elkeen, wat aan Hom behoort, se toekoms veilig is. Om dit te onderstreep, noem Paulus in 2 Korintiërs 5 die Gees nog eens die waarborg van God. Hier is hy besig om te vertel van die nuwe lewe anderkant die dood, wat God tans besig is om vir ons voor te berei. Dan onderstreep hy die absolute sekerheid dat dit wel sal aanbreek deur die Gees se rol as hemelse waarborg uit te lig. Net soos in Efesiërs 1:13-14 en vroeër in 2 Korintiërs 1:22, bev
Stephan Joubert
May 21, 2021


Ken die verskil tussen mense wat swaarkry en voltydse luiaards
“Keeping up appearances” is ’n ou Britse sitcom. Ek onthou een toneeltjie, wat in bykans elke episode afgespeel het, wanneer die seun sy ouers gebel het. Dan was die pa se eerste vraag altyd: “How much does he want?” Dalk weet jy ook hoe dit voel. Party mense ken jou net solank as wat jy vir hulle geld gee. Of as hulle dinge van jou wil hê. Maar as jy daardie kraantjie toedraai, hoor jy skielik dat jy nie meer omgee nie.
Stephan Joubert
May 20, 2021


‘n Drukkie praat sy eie taal
In haar nuwe artikel vir ekerk skryf Alet Garnder oor die krag van 'n drukkie wat sy eie taal praat.
Alet Gardner
May 19, 2021


Staan op vir dit waarin jy glo
Marietjie Joubert skryf in haar nuwe My Lewe nuusbrief hoe dit sal lyk as ons opstaan vir ons geloof.
Marietjie Joubert
May 18, 2021
bottom of page
