top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Oom, kan God huil?
“Oom, kan God huil?” vra ‘n kindjie. Terwyl die ma half verskonend probeer verduidelik dat dit maar net kinderlike gedagtes is, dink ek dit is so opreg as wat kan kom. Net dalk is die vraag nog moeiliker as dit: kan God ly? Inderdaad! Lyding is ‘n langdurige eerstehandse belewenis van slegte gebeure. Dit is om self uit die beker van swaarkry te moet drink.
Stephan Joubert
Nov 12, 2020


Maskers
Ewe skielik, vanaf ‘n paar maande gelede, word ons samelewing gekenmerk deur die dra van maskers. Dis maskers net waar jy kyk: in...
Roedolf Botha
Nov 10, 2020


Leer ’n nuwe taal aan, Jesus s’n
Die taal wat jy gebruik om die werklikheid mee te beskryf, verander gou-gou in jou eie werklikheid. Kyk maar na ’n uitdrukking soos: “Die corona-virus gaan nog die land vernietig.” Of: “Ons land sit op ’n tydbom.” As jy dit gedurig as hoofopskrifte vir jou eie opinies of ervarings gebruik, dan dwing dit jou om gedurig nuwe probleme te identifiseer, wat hoort onder sulke opskrifte.
Stephan Joubert
Nov 9, 2020


Jaloesie is die Gees se vyand
Waar die Gees werk, raak mense magneties. Hulle liefdevolle woorde en Geesgevulde dade gryp ander aan die hart. Hulle nederigheid en opregtheid is magneties. Presies dit het in Jerusalem met die apostels gebeur. Mense van oraloor het begin praat oor die groot dinge, wat hulle in die Here se Naam doen. Ook het hulle gemeente aanhou met groei. Toe gebeur die onvermydelike: jaloesie het sy aaklige kop uitgesteek! Die Joodse Raad het weer kennis geneem van die groot invloed van d
Stephan Joubert
Nov 6, 2020


Die regte afstand is omgee
“Is COVID-19 dalk die Here se manier om die wêreldbevolking in toom te hou?” vra iemand. Hulle Bybelstudiegroep wil graag weet. Ek sukkel om my skok weg te steek, terwyl ek sê: “Dit klink amper of hulle God sien as ’n regsien-God.”
Stephan Joubert
Nov 5, 2020


Eers omgee dan inspraak
“Nobody cares how much you know, until they know how much you care.” Theodore Roosevelt Jare gelede het my sussie saam met my ma by die...
Elmarie van der Westhuizen
Nov 4, 2020


Die wedloop van die lewe
Tydens die grendeltydperk was ek een van daardie mal mense wat elke dag in die tuin geoefen het. Dit het begin met ‘n bietjie draf en dan ‘n bietjie stap. Later kon ek vir ongeveer ‘n uur lank stadig draf. Ek bedoel STADIG, want, glo my, ek is geen Olimpiese atleet nie.
Helena Smith
Nov 3, 2020


God se pad met jou het begin toe jou naam op die gastelys geplaas is
Geen pad gaan maar net iewers heen nie. Alle paaie kom ook van êrens af. Op ’n bepaalde punt sluit jy altyd aan by ’n bestaande pad. Jou eie geloofspad kom ook van iewers af. Dit het nie eers begin toe jy ’n Christen geword het nie. Nee, dit het al begin toe jou naam op God se gastelys geplaas is. Nog lank voor jyself dit geweet het, was jy reeds ’n genooide na die hemelse feesmaal.
Stephan Joubert
Nov 2, 2020


Bid en gebruik medisyne
Ons bid graag vir groot siektes, soos kanker en hartprobleme, maar vir ‘n kopseer of ‘n maagkramp drink ons sommer ‘n pilletjie en vergeet daarvan. Wat gaan ons maak as die slim mense op ‘n dag medikasie ontwikkel, wat kanker kan klop? Gaan ons dan nog ernstig daarvoor bid? Of gaan ons sommer net die medikasie gebruik en daarvan vergeet, terwyl ons dan weer vir ander “groot” siektes bid?
Stephan Joubert
Oct 30, 2020


As dinge beter raak, word jy nie vanself blyer nie
Mense is van nature probleem-raaksieners. Dit bevind die bekende Amerikaanse navorser Dan Gilbert. In een van sy studies oor geluk kom hy tot die gevolgtrekking mense is oor die algemeen slegte beoordelaars van dit wat hulle gelukkig maak en wat nie. Selfs wanneer probleme binne enige situasie verminder, soek mense dadelik na ’n paar nuwe moeilikhede. Of hulle skep sommer ’n paar nuwes. Of hulle maak klein probleme skielik groter as wat dit tevore was.
Stephan Joubert
Oct 29, 2020


Vermeerder jou durf
Shannon Huffman Polson (“The Grit Factor: Courage, Resillience and Leadership in the Most Male-Dominated Organization in the World”) was een van die eerste vroue wat die Apache- helikopters in die Amerikaanse weermag gevlieg het. Sy praat onder andere oor idees om jou moed te vermeerder.
Coen Slabber
Oct 28, 2020


Wat Netflix ons kan leer oor moraliteit
Ek het heelwat skeptiese vriende, wat glad nie glo nie, en ek moet sê al stem ek nie saam met ongeloof nie, het ek groot simpatie...
Roedolf Botha
Oct 27, 2020


God programmeer my lewe nie vooruit met vervaldag en al nie
“My tyd is in U hand.” So sê die psalmskrywer in Psalm 139. Dit beteken nie ek is soos ’n robot vooruit geprogrammeer met ‘n vervaldag en al nie. Ek loop nie rond met ’n stempel iewers op my, wat lees: “Vervaldag op dag X van die jaar 20YZ” nie. Of: “GEBRUIK VOOR DAG X”
Stephan Joubert
Oct 26, 2020


Wonders is nie op sigself ‘n doel nie
Een van die belangrikste lesse oor die gawes van die Gees, wat Paulus in 1 Korintiërs 12-14 oor die werk van die Gees vir ons leer, is dat die regte gebruik van die gawes belangriker is as die blote besit daarvan. Dieselfde geld ook vir wonderwerke, soos genesing. Om enige gawe te beoefen sonder om dit tot eer van God en tot voordeel van ander mense te doen, is om dit sleg te misbruik. Wonders is nooit ‘n doel opsigself nie. Jesus se wonderwerke was in die eerste plek die ope
Stephan Joubert
Oct 23, 2020


Opoffer is deel van die normale Christelike lewe
Jonathan Whalon was ’n offisier aan boord van ’n walvisboot. In 1864 moes hy met plaaslike inwoners iewers op die Marquesas-eilande gaan onderhandel om vars voorrade vir hulle skip te kry. Toe hy voet aan wal sit, arresteer die stamhoof genaamd Mato hom. Hy was van mening Whalon is ’n slawehandelaar, wat sy mense wou kom vang om hulle as slawe te verkoop.
Stephan Joubert
Oct 22, 2020
bottom of page
