top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Besluitneming van ‘n leier
Ek het al baie gewonder hoe besluitneming werklik veronderstel is om te werk. Ek meen, hoe weet ons watter besluite ons as leiers moet oorweeg? Hoe neem ‘n mens sinvolle besluite? Daar is een beginsel wat my al vir jare help om hierdie vraag te beantwoord. Dit kom uit ‘n toespraak aangaande leierskap, wat John Maxwell eenmaal gelewer het. Die titel van die praatjie was Making the tough call. Tydens die toespraak was daar een frase, wat ek nooit sal vergeet nie en wat ek gemem
Roedolf Botha
Jun 16, 2021


2.5 miljoen geleenthede
Hongerte is ’n gevoel, wat ek goed ken: ’n Maag wat luid protesteer, hongerpyne en dan gevoelens van lighoofdigheid, naarheid en bewerasie. Gelukkig kreun die yskas, spensrakke en vrugtebakke onder die kos. Daar is egter ’n gevoel, wat ek, dank die Vader, glad nie ken nie: Om permanent dood van die honger toe te kyk hoe my kinders huil, omdat daar nie kos in die huis is nie.
Liezel Lüneburg
Jun 15, 2021


Het Jesus dalk afgetree?
Toe ek een keer in my kinderdae vir my oupa vra wat hy doen, het hy geantwoord: “Nie te veel nie, want ek is met pensioen.” Ek het nie verstaan wat dit beteken nie. Toe verduidelik my oupa vir my dat hy afgetree het. Dadelik vra ek toe vir hom of Jesus ook op pensioen is. Hy wou weet hoekom ek so iets vra. Ek het toe verduidelik dat dominee vir ons vertel het Jesus se werk was afgehandel, nadat Hy aan die kruis gesterf het. “Dit is hoekom Hy nou met pensioen in die hemel moet
Stephan Joubert
Jun 14, 2021


Vol, voller, volste!
Verlede week het ons stilgestaan by daardie kanonteks, Efesiërs 5:18. Daar het ons geleer dat ons moet toelaat dat die Gees ons elke dag vervul. Maar ons kan hierdie vers nie as ‘n losstaande teks hanteer nie. Die omringende verse in Efesiërs 5 vertel selfs nog meer vir ons oor die aard van die vervulling met die Gees. In vers 17 leer ons byvoorbeeld dat ons met wysheid moet lewe. Paulus leer ons hier om dwaasheid te vermy ten einde die wil van God te verstaan.
Stephan Joubert
Jun 11, 2021


Die Bybel is nie “Die Groot Verseboek vir Godsdienstiges” nie
Die meeste van ons is dwarsdeur die Sondagskool sonder om ooit een Bybelboek baas te raak. Ek onthou ekself moes ’n klompie Bybelverse memoriseer en die stories van Moses, Dawid, Jona en Jesus baasraak. In die belydenisklas is ek geleer van belydenisskrifte en van leerstukke, soos “die doop” en “die uitverkiesing.” Maar nooit het enigiemand my geleer hoe om Genesis, Jeremia, Romeine, Openbaring en die res van die Bybelboeke onder die knie te kry nie.
Stephan Joubert
Jun 10, 2021


Wanneer onvoorwaardelike liefde moeilik is
Andy Stanley, pastoor van North Point Community Church, moedig sy gemeentelede aan "to do to one what you would want to do to the world"....
Elmarie van der Westhuizen
Jun 9, 2021


Wat die derde vlaag ons van geloof kan leer
In sy nuwe My Wêreld nuusbrief, skryf Roedolf Botha wat die derde vlaag ons van geloof kan leer.
Roedolf Botha
Jun 8, 2021


Om dapper by die dood verby te stap
Feodor Dostoyevski (1821-1881) was ’n beroemde Russiese skrywer en denker. 23 Desember 1849 was amper die einde van sy lewe. As lid van ‘n vereniging, wie se publikasies die Russiese tsaar bedreig het, is hy ter dood veroordeel. Saam met ander gevangenes sou Dostoyevski in St. Petersburg deur ’n vuurpeleton tereggestel word. Minute voor sy teregstelling het ’n amnestiedokument van die tsaar egter daar opgedaag en sy lewe is gespaar. Kort hierna skryf Dostoyevski ’n brief vir
Stephan Joubert
Jun 7, 2021


Geesgevuld
Sekerlik die bekendste teks oor die Heilige Gees se werk saam met Handelinge 1:8, is Efesiërs 5:18. Hier stel Paulus dit onomwonde dat ons nie onsself aan drank te buite moet gaan nie. Maar dieselfde verbod geld hoegenaamd nie wat die Gees betref nie. Inteendeel. Ons moet oorboord gaan as dit by Hom kom. Ons moet toelaat dat Hy ons ganse bestaan elke dag vervul.
Stephan Joubert
Jun 4, 2021


Informasie is nog lank nie wysheid nie
“Wat is die doel van die lewe?” vra iemand in ‘n fliek. “Ek weet nie, maar Google dit gou, dan het jy die antwoord,” hoor hy toe by sy vriend. Inderdaad het die internet almal se kits-antwoordverskaffer geword. Dit is ons buitebrein, ons “outboard brain”, soos wat iemand skryf. “Vir wat moet ons so baie feite onthou? Ons kort net wifi, dan is al die antwoorde binne ons bereik,” reken ’n ander skrywer. Wel, daar is een groot probleem hiermee - informasie is nog lank nie wyshei
Stephan Joubert
Jun 3, 2021


’n Bos blomme vir jou
Die prentjie is jare later nog glashelder: my dogter, wat onverwags by die voordeur opdaag met ‘n bos enorme wit rose. Nodeloos om te sê,...
Alet Gardner
Jun 2, 2021


Aan wie se kant is God?
Al lyk sportbyeenkomste by skole deesdae anders, weet jy sommer gou-gou watter ouers is aan watter skool of span se kant. So van anderkant die heining moet hulle skree. Vlae, pette en krete verseker ons aan wie se kant watter ouers is. Af en toe is ‘n mens dankbaar vir die fisiese afstand wat mense moet handhaaf, want nie al die ouers lyk asof hulle hulself kan inhou wanneer nodig nie.
Siegfried Louw
Jun 1, 2021


Moenie volgorde met rangorde verwar, wanneer liefde ter sprake is nie
Die Nuwe Testament verskaf nie ‘n lys van wie ons moet liefhê en wie ons mag haat nie. Dit is net mooi andersom. Ons moet almal liefhê: gelowiges en nie-gelowiges, familie en nie-familie, jonk en oud, oulik en minder oulik, vriend en vyand. Maklik? Nee! Maar dit is nooit die vraag in die Bybel nie. Al vraag is of ons dit doen. Ons het nie ’n keuse watter mense meer of minder waarde vir ons het, wanneer dit oor ons geloof gaan nie. 1 Johannes 3 sê ons is leuenaars as ons sê o
Stephan Joubert
May 31, 2021


Wat ‘n geskenk!
Die Gees se werk in die kerk en in ons elkeen se lewe is oorweldigend. Die Heilige Gees werk agter die skerms en ook openlik in ons almal. Ons as Christene staan almal onder die nuwe bestuur van die Heilige Gees, soos wat 1 Korintiërs 6:18 my leer. Ons is Sy lewende tempels. Die Heilige Gees is ook die seël vanaf God se kant dat ons aan Hom behoort. Hierdie boodskap hoor ek vars en nuut in Efesiërs 1:14. Hy waarborg die egtheid van ons geloof. Dan is die Gees boonop ook die h
Stephan Joubert
May 28, 2021


Jou familie kyk vir jou
“Don’t worry that children never listen to you; worry that they are always watching you.” Hierdie woorde van Robert Fulghum is tydloos waar. Ouers is altyd lewende preke vir hulle kinders - goed of sleg. Uiteraard wil alle ouers, wat op die Here se pad leef, graag goeie voorbeelde vir hulle kinders, kleinkinders en vir die res van die familie wees. Daarom dat sulke ouers gedurig vir hulle kinders leer daar is iets soos reg en verkeerd. Daar is baie ja’s in sulke Godvresende o
Stephan Joubert
May 27, 2021
bottom of page
