top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Dinge wat Jesus gesê het, wat ons vergeet
Waarom noem julle My ‘Here, Here’ maar julle doen nie wat Ek sê nie? (Lukas 6:46). As julle dit begryp, gelukkig is julle as julle dit doen. (Johannes 13:17)
Coen Slabber
Jul 21, 2021


Perspektief, die groot gelykmaker
In sy nuutste My Wêreld, skryf Roedolf Botha oor "Perspektief, die groot gelykmaker"
Roedolf Botha
Jul 20, 2021


Die groot gelykmaker is nie die dood nie
'n Ou spreuk sê na elke skaakwedstryd beland al die pionne en die koning in dieselfde boks, bedoelende die dood is die groot gelykmaker. Dan maak dit nie saak of jy ’n koning of ’n pion was nie. Korreksie: die lewe is eintlik die groot gelykmaker. Wag, gelóóf is! Dit is geloof, wat die speelveld hier en nou en tot in die verste ewigheid uitsorteer. Jesus sê in Johannes 3 dat elkeen, wat in Hom glo, nou reeds aan die ewige lewe deel het. Dit begin hier en nou. Dit setel in Je
Stephan Joubert
Jul 19, 2021


Ligloop vir stilstaan
Wees elke dag op die regte pad, op God s’n. Laat die Gees jou begerig maak om só te leef dat jou lewe vir God soos ‘n aangename geur is. Leef in die Lig. Plaas jou hand in Syne. As jy dit nie daagliks doen en voluit saam met Hom stap nie, dan raak jy ‘n dag op ‘n slag agter. As jy net aan jou eie oorvol program aandag gee en nou en dan afskeeptyd vir God opsy sit, dan moet jy nie verbaas wees dat jy geestelik uitgeput raak nie. Of dat jy ‘n geestelike verkeersknoop op die hoo
Stephan Joubert
Jul 16, 2021


Om Christus se hande en voete te wees
“The church has amputated its hands and feet and all that’s left, is its mouth,” sê Rick Warren. Dit het ek een keer beleef, toe iemand my vertel het van hulle gemeente se noodprojekte. Hulle gee daagliks etes vir massas mense uit hulle karige inkomste. Hulle kan nie eens ’n voltydse leraar bekostig nie, maar saam met ‘n deeltydse geestelike leier ondersteun hulle die armes. Toe kom sien ’n afgevaardiging van hulle denominasie hulle. Dié se aanbeveling was dat die gemeente al
Stephan Joubert
Jul 15, 2021


Blydskap – ‘n leier se kragtige wapen
Daar is al voorheen baie gesê oor die belangrikheid van verhoudings, verhoudingsvaardighede en emosionele intelligensie in leierskap. ‘n Nuwe fassinerende studie deur dr. Chris Shaw kyk daarna vanuit ‘n neurologiese hoek en beweer dat die brein meer produktief is en vaardighede baie vinniger en beter aanleer, wanneer dit deur middel van verhoudings geskied. ‘n Gesonde organisatoriese kultuur is ‘n kultuur waar daar twee dinge heers: Duidelikheid (“clarity”) en goeie verhoudin
Roedolf Botha
Jul 14, 2021


Nuwe Hoop
Terwyl ek besig is om hierdie te skryf, staan die land se Covid 19-syfers in Gauteng op 47,7% uit ‘n 100 mense wat Covid-positief is. Dit is absoluut skrikwekkend en ontstellend. Ons ken almal iemand, wat in isolasie is. Ons is bang, onseker, kwaad, gefrustreerd, raadop, dalk siek of aan die herstel. Dalk is jy hartseer oor geliefdes, wat van jou weggeneem is! Ek voel ontneem van my sosiale lewe en my vriende.
Marietjie Joubert
Jul 13, 2021


Moenie ’n geestelike konfytbottel wees nie
Al die konfytbottels op die winkels se rakke het vervaldatums. ‘Sell-by dates” noem die Engelse dit. Iewers verval hulle. Daarom word hulle goed gepreserveer sodat hulle ’n lang rakleeftydperk kan hê. Dit lyk my party gelowiges doen dieselfde met hulle geloof. Hulle is in selfpreserveringsmodus. Die meeste van hulle gebede gaan daaroor dat hulle beskerm moet word, nie dat hulle deur die Here gebruik moet word nie. En dat hulle veilig moet wees, nie dat hulle saam met Jesus in
Stephan Joubert
Jul 12, 2021


Dankbaarheid verdryf selfs die ouderdom
Dis nogal ‘n refrein, wat ek dikwels hoor: “Ek wil nie soos oom X of tannie Y oud word nie. Hulle is onvergenoegd.” Goddank, daar is meer mense, wat mooi oud word as diegene, wat met langer lippe elke nuwe lewensjaar trotseer. Hoe gemaak dat jy nie een van laasgenoemde kategorie word nie? Eenvoudig! Jy laat die Gees jou vervul. Jy maak soos ‘n Geesgevulde Dawid op sy oudag in Psalm 37:21 - 25. Jy hou jou oog op die Here en op Sy goedheid, nie op al jou pyne, skete en tekorte
Stephan Joubert
Jul 9, 2021


My hande mag dalk afgekap wees, maar ekself is nie…
“My hande is afgekap.” Mense, wat dit sê, probeer eintlik vir jou sê hulle kan jou nie help nie. Wel, dalk moet ons vir mekaar sê dat ons nie net ons hande nodig het om mekaar te help nie. Dikwels is die heel beste hulp, wat ons kan gee, om net daar te wees vir mekaar. Nie ons woorde nie, nie ons dade nie, nie ons opinies nie - slegs ons daarwees is die meeste van die tyd nodig. Ek het dit geleer by ‘n leraarsvriend, wat reeds afgetree het. Ek onthou hoe almal in sy gemeente
Stephan Joubert
Jul 8, 2021


Dien God in die alledaagse
“It takes Almighty grace to take the next step when there is no vision and no spectator – the next step in devotion, the next step in...
Elmarie van der Westhuizen
Jul 7, 2021


Sekulêre Humanisme
[Sekulêr – wêreldlik teenoor geestelik; humanisme – wêreldbeskouing wat die menslike waardigheid, die vryheid en die waarde van die persoonlike vooropstel en godsdiens as van minder belang ag. - HAT]
Coen Slabber
Jul 7, 2021


Waarom voel ons so ontuis in hierdie wêreld?
In hierdie My Wêreld nuusbrief vra Roedolf Botha waarom voel ons so ontuis in hierdie wêreld?
Roedolf Botha
Jul 6, 2021


Gebede wat God se hart raak
Gebed is nie speletjies nie. Regtig, dit is nie! Om te bid is om in die teenwoordigheid van Hom te wees wat tyd en ewigheid in Sy hande vashou. Daarom dat Prediker 4:17 - 5:2 ons herinner dat ons gebedswoorde min moet wees. Dit moet goed deurdag wees. Jesus sê in dieselfde trant in Matteus 6 dat ons God nooit met ‘n massa woorde moet probeer beïndruk nie. Dit help nie. Hy is ons Vader. Hy weet by voorbaat wat ons nodig het. Nogtans storm ons nooit nonchalant of onvoorbereid b
Stephan Joubert
Jul 5, 2021


Dankbaar
Nog ‘n lewensbelangrike bewys van die vervulling met die Here se Gees is ‘n lewe van dankbaarheid. Sy inwoning by my verander my in ‘n dankbare mens, wat weet dat alles wat ek is en het, van Hom alleen afkomstig is. Op my eie is ek net mooi niks, net ‘n stoffie in die weegskaal en slegs ‘n druppel in die emmer. Maar dis die Gees wat my opgerig het om ‘n lewende instrument in Sy hande te wees. Daarom dat Hyself my hart met arms vol dankbaarheid oorlaai.
Stephan Joubert
Jul 2, 2021
bottom of page
