top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die bokshandskoene vir die hemelse bokskryt is weggepak
“God het die verkeerde persoon uitgesoek vir ’n geveg met Homself.” Dit het iemand op sosiale media kwytgeraak, toe hy vir God aangevat het. Die meeste mense, wat sulke mondgevegte met die Here aanknoop, ken Hom nie regtig nie. Hulle veg teen ’n karikatuur. Sulke veglustiges beskou God as ’n tipe “Bruce Almighty”, soos wat Hy uitgebeeld word in die 2003 film met dieselfde naam. In hierdie film, waarin Jim Carrey en Morgan Freeman die hoofrolle speel, word God juis voorgestel
Stephan Joubert
Mar 13, 2023


Sommer so gebeur kerk
“Om te dink ek moes 70 jaar oud word, voordat ek kerk sien werk.” So skryf ‘n dame nou die dag aan my. Dis iemand wat haar lewe lank elke So
Stephan Joubert
Mar 10, 2023


Doen partykeer niks nie
“Doen net iets!” Jy hoor dit gereeld. Om niks te doen nie, is vir baie mense sinoniem met lui wees. Of met die ontduiking van verantwoordelikhede. Nogtans is niksdoen partykeer die regte opsie. Partykeer moet jy eers die kat uit die boom kyk, voordat jy enigiets doen. Jou dade het dikwels onvoorsiene gevolge. Soms draai goedbedoelde dade sleg uit. Hoe lui daardie Engelse gesegde nou weer: “No good deed goes unpunished.”
Stephan Joubert
Mar 9, 2023


Gejaagdheid – is dit God se plan vir my lewe?
“You must ruthlessly eliminate hurry from your life.” - Dallas Willard In die boek Through the Looking Glass van Lewis Carroll, hardloop...
Elmarie van der Westhuizen
Mar 8, 2023


Avatar: The way of water
Ek is nie besonder lief vir 3D-flieks nie. Hulle maak my gewoonlik moeg en gee my ‘n kopseer. Met Avatar: The way of water was dit egter and
Siegfried Louw
Mar 7, 2023


Op hartverloor se vlakte
Partykeer verloor mense hulle harte, terwyl hulle nog leef. Dan word hulle harteloos hard en wreed. Presies dit het gebeur met die berugte Russiese leier, Josef Stalin (1878-1953). Daar word vertel hoedat hy by sy eerste vrou, Ekaterina, se begrafnis in 1907 gesê het sy was die enigste persoon, wat sy hart sag gemaak het. Met haar dood het sy laaste gevoelens van medelye gesterf. Van toe af het hy verander in ’n hartelose leier wat ook miljoene van sy eie mense doodgemaak het
Stephan Joubert
Mar 6, 2023


Word ‘n kind
Vele wyshede kom uit onskuldige kindermonde, nie waar nie? Miskien moet ons meermale na hulle luister. Nee, miskien moet ons ook self weer e
Stephan Joubert
Mar 3, 2023


Oppas vir daardie rooi knoppie in jou lewe
Het jy ook ‘n rooi knoppie in jou kop? Ek praat van daardie denkbeeldige rooi knoppie wat jou laat ontplof van woede, wanneer dit gedruk word? Daardie rooi knoppie gaan soms af as mense op jou senuwees werk. Of as hulle krap waar dit nie jeuk nie. As jy sommer vinnig aan ’n paar mense en situasies kan dink wat jou eie temperatuur in sulke rooi knoppiesones injaag, dan weet jy jy kort meer geduld.
Stephan Joubert
Mar 2, 2023


Op pad na die kruis: Hoe Jesus gevolg moet word
Ons reis verder op die hakke van Jesus deur Lukas se Evangelie. Ons begin tydens hierdie Ekerk Lewendig Bybelreis, by Lukas 18.
Roedolf Botha
Mar 1, 2023


Soos ‘n timmerman
Daar is nog iets wat my opgeval het toe ek Indiana Jones and the Last Crusade gekyk het. Dit het te make met ‘n soektog na die holy...
Roedolf Botha
Feb 28, 2023


Moenie maklik praat nie
“Dis maklik vir jou om te praat …” Hierdie refrein is altyd gewild. In ’n stukkende wêreld, waar mense hulleself graag in terme van hulle eie tekorte en hulle eie benadeeldheid verstaan, is dit nie vreemd dat iemand, wat opbouend praat, gou-gou uitgehaal word nie. “Dis maklik vir jou om dit of dat te sê, maar jy staan nie in my skoene nie!” Dit hoor jy soms as jy vir iemand sê om moed te hou. Of wanneer jy vir mense sê hulle moenie toelaat dat moeilike omstandighede hulle ond
Stephan Joubert
Feb 27, 2023


Klein dingetjies het ‘n groot impak
Iemand vertel my een keer van ‘n vriend van hom, wat ‘n besigheid gekoop het. Tot sy ontsteltenis vind hy uit dat die vorige eienaar nooit d
Stephan Joubert
Feb 24, 2023


Sien die groot “Ander” in ander raak
“Each is responsible for each, and I more so than all the others.” Hierdie woorde van die Russiese skrywer, Fyodor Dostoevsky, het vasgesteek in die hart van die denker, Emmanuel Levinas. Na die Tweede Wêreldoorlog het Levinas in Europa vir sy filosofie van “die Ander” bekend geword. Mense se andersheid en kosbaarheid word volgens hom sigbaar in gesig-tot-gesig interaksies. As ons mense met deernis raaksien en behandel, verander hulle kosbare ander.
Stephan Joubert
Feb 23, 2023


Nood leer bid
Die afgelope paar weke het ek weer telkemale in die koerant gelees van mense, wat in geweldsmisdade betrokke was. Moord, aanranding en gewel
Marietjie Joubert
Feb 21, 2023


Hoop vat voor!
“Where did you go to my darling?” Die skryfster Maria Popova vertel in ’n oorsese rubriek dit was haar ouma se vraag aan haar oupa net nadat hy sy laaste asem uitgeblaas het. Syself worstel ook met hierdie vraag. Sy wonder hoe dit moet wees om in daardie oomblikke net te verdamp tot pure nikswees, tot “stardust”. Ons almal is volgens haar immers net ’n massa atome, wat lewe vir ’n kort tydjie hier op aarde deur ’n onpersoonlike heelal gegun is. Nadoods hersirkuleer al ons ato
Stephan Joubert
Feb 20, 2023
bottom of page
