top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Benodig: Spartaanse Christenskap
Onlangs in Griekeland het ons naby Thermopylae gekom, waar daar ‘n groot standbeeld ter ere van die antieke Spartaanse koning, Leonidas...
Roedolf Botha
Apr 25, 2023


Ons kry heel eerste ’n kruis om te dra
In die tyd van die Nuwe Testament het gelowiges geweet dit is nie ’n ligtelike keuse om Jesus te volg nie. Om Hom te dien het hoë risiko’s ingehou. Mense het geweet Jesus bring ’n swaard van skeiding tussen hulle en hul eie familielede, soos wat Hy sê in Matteus 10. Al was dit nogtans ’n lewensgevaarlike keuse om Hom na te volg, het Jesus nooit Sy oproep aangepas of versag volgens mense se persoonlike omstandighede nie. In Lukas 14 volg Jesus ’n ander roete. Hier sê ons moet
Stephan Joubert
Apr 24, 2023


Die oordeel is af
Wat ‘n fenomenale God dien ons nie! Tog het Hy gekies om Hom nie as ‘n komplekse God van wetenskaplike teorieë, syfers, dogmas of intellektu
Stephan Joubert
Apr 21, 2023


Kan God iets anders sê as wat Hy in die Bybel sê?
God word gedurig buite konteks aangehaal. Sommige mense dink niks daarvan om sekere frases of verse in die Bybel uit hulle oorspronklike konteks te verwyder en om dit dan te hergebruik, soos wat dit hulleself pasnie. Toe ek dit onlangs gewaag het om vir iemand te sê hy haal God uit verband aan, was sy antwoord dat die Gees hom gelei het om daardie teks só te verstaan. Toe ek waag om van hom te verskil, was ek skielik onwelkom op sy “geestelike” speelveld. Die feit is dat God
Stephan Joubert
Apr 20, 2023


Onderskei tussen soorte leiers
Een van ‘n leier se belangrikste take is om ander leiers te identifiseer, te bemagtig en te ontwikkel. Deur die jare beleef ek egter voortdurend ‘n frustrasie, wanneer mense praat oor leierskap en die ontwikkeling van leiers - dit is dat mense praat asof daar geen onderskeid is tussen soorte leiers nie. Leiers is nie almal dieselfde nie. Die soort leier, wat saam met jou werk, gaan bepaal watter soort leiding hy van jou af gaan nodig hê. In die tagtigerjare al het Bennis en N
Roedolf Botha
Apr 19, 2023


Geloof Hoop en Liefde
Geloof is die vaste wete en vertroue dat Jesus deel is van die Drie-eenheid; dat Hy gesterf het vir ons sondes en dat Hy na die hemel opgeva
Marietjie Joubert
Apr 18, 2023


OHIO jou geloof
As ek ’n e-pos oopmaak, beantwoord ek dit daar en dan. As ek beloof het om iets vir iemand te doen, probeer ek dit dadelik doen. Ook probeer ek om enige besluite, wat ek saam met ander mense geneem het, dadelik deur te voer. Anders karring ek maar net weer aan van gesprek tot gesprek, van plek tot plek. Te veel kere in my lewe het ek al kerklike vergaderings, gesprekke en mense, wat die mooiste besluite neem, beleef, maar dan syfer dit leweloos weg in die sand. Almal beplan e
Stephan Joubert
Apr 17, 2023


Onvoorwaardelik
Het jy al van Frank Laubach (1884-1970) gehoor? Hierdie sendingreus se aanvanklike werk onder die Moros in die Filippyne was ‘n groot misluk
Stephan Joubert
Apr 14, 2023


Hoe duur kos jy die wêreld?
Iemand bereken ’n ruk gelede dat elke Instagram-plasing van die sokkerster, Christiano Ronaldo, ongeveer dieselfde hoeveelheid krag gebruik as 10 huishoudings in Brittanje. Elke plasing van Ronaldo gemik op sy sowat 250 miljoen volgelinge genereer sowat 36 megawatt uur se krag. Praat van supersterre met ’n supergevolg, wat ook supergevolge op die omgewing het … of so-iets!
Stephan Joubert
Apr 13, 2023


Waar is God in die storm
“Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.” (Ps 46:11 AFR83) In sy boek, Survive the Savage Sea, vertel...
Elmarie van der Westhuizen
Apr 12, 2023


“Wie is ek?” is nie die belangrikste vraag nie
Dis asof almal daarop uit is om hierdie vraag te beantwoord. Wie is ek? Wat is my gawes? Wat moet ek doen? Waarom is ek hier? Dis alles...
Roedolf Botha
Apr 11, 2023


Geen “pity party” nie, want Jesus is terug
In Engels praat mense soms van ’n “pity party”. Dit gebeur wanneer jy jouself eindeloos jammer kry. Dit gebeur wanneer jy begin glo niemand se lot is so swaar soos joune nie. Dit gebeur wanneer jy voel niemand kry jou jammer genoeg, terwyl jyself in jammerkry-laagte vasgeval het nie. Presies so-iets gebeur met die dissipels daardie eerste Sondagaand na Jesus se kruisiging. Hulle eerste “aanddiens” het maar droewig afgeskop, soos wat Johannes 20:19-24 vir ons vertel. Hulle het
Stephan Joubert
Apr 10, 2023


Om te huil en te lag
Soms wil jy net huil oor al die sinnelose geweld en hartseer in die lewe. Jesus het dit regtig gedoen. Hy het op ‘n dag hardop gehuil oor ‘n
Stephan Joubert
Apr 7, 2023


Hardkoppigheid is nie ’n deug nie
Jare gelede gaan kuier ek by ’n vriend in die hospitaal. Daar vertel hy my toe hoe die persoon in die bed langs hom pas op sy krukke buitekant toe gestrompel het om daar te gaan rook. Dit was kort nadat ’n deel van sy been afgesit is as gevolg van gangreen, wat veroorsaak is deur sy rookgewoontes. Daardie ou was dus letterlik besig om sy liggaam op te rook. Nogtans het hy hardkoppig hiermee volhard.
Stephan Joubert
Apr 6, 2023


Vergifnis – ‘n aflosstokkie
Wanneer ek iemand anders vergewe, is dit eintlik “’n bewys van God se genade” in my. (Heidelbergse Kategismus – Sondag 51, vraag 126)....
Alet Gardner
Apr 5, 2023
bottom of page
