top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Vryheid
Die Gees en vryheid loop hand aan hand. Maar wat beteken hierdie vryheid presies? Paulus spel dit deur die loop van 2 Korintiërs 3 op verski
Stephan Joubert
Jun 30, 2023


Die lewe is nie regverdig nie, maar God is by ons
By die dag neem swaarkry toe. Elke dag hoor jy van nog mense, wat gekaap is. Of van nog mense, wat al hulle geld verloor het omdat skelms toegeslaan het op hulle bankrekenings. Mense sê orals vir mekaar die lewe is moeilik. Baie voel asof God van hulle vergeet het. Ongelukkig is die lewe nie aldag regverdig nie. Opregte mense verloor soms alles, wat hulle besit, terwyl skurke en skelms floreer. Die wiel is veronderstel om te draai, soos wat sommiges graag sê, maar dit doen ni
Stephan Joubert
Jun 29, 2023


Lag gelowig
In ’n onlangse boek oor die impak van humor vertel Jennifer Aaker en Naomi Bagdonas van ’n stukkie navorsing wat bevind ’n gemiddelde vierjarige kind lag amper 300 keer per dag, terwyl dit ’n veertigjarige ’n volle tien weke neem om 300 keer te lag. Eina! Hoor weer: dit neem ’n volwassene 70 dae om soveel te lag soos wat ’n klein kindjie in een dag lag.
Stephan Joubert
Jun 26, 2023


Dit gaan nooit verby nie
2 Korintiërs 3 is verruklik mooi! Dit bruis van opwinding oor die Gees se nuwe werke, soos dat Paulus se bediening Moses s’n vervang het en
Stephan Joubert
Jun 23, 2023


Moenie dat ouderdom jou ooit onkant betrap nie
Spreuke 16:31 sê grys hare is soos ’n kosbare kroon vir mense, wat weet hoe om reg te leef. Party mense word egter meer omgesukkeld namate hulle ouer word. Hulle sê wat hulle wil net wanneer hulle wil. Hulle kritiseer alles en almal van vroeg tot laat. Sulke bitterheid daag nie oornag op nie. Dit kom ’n lang pad. Kwaai jongmanne verander algaande in knorrige ou ooms. Moeilike dames ontaard later in selfgesentreerde tannies.
Stephan Joubert
Jun 22, 2023


My verhouding met Jesus – persoonlik, dinamies, transformerend
Psalm 27 :4 Een ding vra ek van die HERE, en dit sal ek bly soek: om in die huis van die HERE te bly al die dae van my lewe, om my te...
Alet Gardner
Jun 21, 2023


Wanneer dit swaar gaan, wees soos George Foreman
Elkeen van ons het mense wat ons inspireer. Vir my is so iemand George Foreman. Hy is waarskynlik een van die mees interessante en...
Roedolf Botha
Jun 20, 2023


Kom sit hier by die regte vuur
Lewensgevaarlike vure brand orals, vure van haat, geweld, ongeloof en vernietiging. Die skade wat hierdie vure aanbring, is onberekenbaar groot. Almal in die nabyheid van hierdie vure brand seer. Hier doen almal ernstige brandwonde op, brandwonde van woede, bitterheid, sinneloosheid, ongeloof en vrees. Almal, wat uiteindelik vasgekeer raak deur sulke vure, leef en sterf in wanhoop. Daarom moet jy dadelik padgee, wanneer sulke vure in jou nabyheid begin brand. Moenie nog meer
Stephan Joubert
Jun 19, 2023


Van déja vu tot vuja de
Jy het mos al gehoor van déja vu- daardie vreemde gevoel dat jy vantevore op ‘n plek was, selfs al was jy nog nie daar nie. Nou ja, wat van
Stephan Joubert
Jun 16, 2023


Gee jou lewe lig, Jesus S’n
“Die kamera is altyd op ons,” sê sy. “Hoe bedoel jy?” vra ek. “Ander mense se oog is altyd op ons.” Net so. Ek kon nie anders as om met haar saam te stem nie. Mense kyk mekaar gedurig uit. Of ons nou ry in die verkeerry en of ons iewers in ‘n tou staan - ander sien heeltyd raak wat ons doen. Ons is gedurig in mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself ook nie aan elke liewe kyk te steur nie, anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Jun 15, 2023


Die krag van leiers, wat wérklik omgee
Wanneer daar mooi na die dialoog in sommige flieks geluister word, dan vind ‘n mens heel dikwels dat daar uitmuntende leierskaplesse in sekere tonele te vinde is. In die fliek, 300, is daar so ‘n dialoog. Dit vind plaas tussen koning Leonidas van Sparta en koning Ahasferos (Eng. Xerxes) van Persië, die magtige ryk, wat Sparta en die ganse Griekeland in die vyfde eeu voor Christus bedreig het. Vir ‘n paar dae het die dapper drie honderd Spartaanse soldate die Persiese Ryk aang
Roedolf Botha
Jun 14, 2023


Eet saam met Jesus
My ma het gereeld vir my gesê: “Ai, Sus, dit is so lekker om te eet.” En ja, is dit nie lekker om te kan eet nie. Op ‘n onlangse roete deur
Marietjie Joubert
Jun 13, 2023


Nederig genoeg om op te kyk na God en na mekaar
Ek onthou ‘n verhaaltjie van ‘n koning, wat baie omgekrap was, omdat hy niks by enigiemand kon leer nie, wat ek een keer raakgelees het. Almal was volgens hom te dom. Uiteindelik bring sy raadgewers ’n jong seun na hom toe. “Wat kan ek by jou leer?” wou die koning dadelik weet. Toe vra die seuntjie vir die koning of hulle twee vir ’n oomblik plekke kan omruil. Hy wil graag op die koning se troon sit en die koning moet vir ’n paar oomblikke op die grond voor hom sit. Huiwerig
Stephan Joubert
Jun 12, 2023


Hoeveel meer
In die kerk vertel mense graag dat God deel van hulle lewenstorie is. Maar sê nou ons draai dit ‘n slag onderstebo. Sê nou ons waag dit om d
Stephan Joubert
Jun 9, 2023
bottom of page


