• ekerk

Influistering van die Heilige Gees

deur Elmarie van der Westhuizen

Influistering van die Heilige Gees

‘n Vriendin vertel hoedat sy besig was om te vas en bid vir kennisse se baie siek baba. Terwyl sy besig was om deur Jesaja 58 te lees, kom sy hierop af:


:5 Is dit ál wat Ek op ‘n vasdag wil hê: net dat ‘n mens homself verneder, dat hy sy nek buig soos ‘n biesie en in sak en as sit? Noem jy dít ‘n vasdag, ‘n dag waarvan die Here hou?


:7 Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en dakloses ‘n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?


Dit was deur middel van hierdie Skrifgedeelte dat die Heilige Gees haar herinner het aan ‘n gesin daar naby wat finansieel swaarkry. Gelukkig het sy op hierdie ‘fluisterstem’ gereageer, want die destydse tienerseun getuig dekades later hoedat iemand se gehoorsaamheid vir sy gesin tot seën was met ‘n geskenkpakkie kruideniersware. So versterk ons mekaar se geloof en tree ons as God se instrument op om in mekaar se behoeftes te voorsien.


Hierdie fluisterstem van die Gees kom dalk net deur ‘n dringendheid om vir 'n spesifieke persoon te bid of die persoon te kontak – hetsy deur SMS of 'n oproep. Soms is dit omdat ek weet dat hulle deur ‘n moeilike tyd gaan en ondersteuning nodig het. Maar soms is die rede vir die opdrag nie duidelik nie. Wat wel duidelik is, is dat die opdrag 'n liefdesdiens sal wees. Ongelukkig is ek self soms traag om te reageer, te besig met my eie goetertjies, en stel ek uit. Gehoorsaamheid aan God lei egter altyd tot seën – vir die persoon wat die liefdesdaad ontvang asook vir die gewer.


Maar, om die stem van die Heilige Gees te hoor het ek nodig om tyd by Hom te spandeer, sonder om gejaagd of besig te wees. Weg van sosiale media en foonoproepe. Om stil te wees in gebed en besig om in die Bybel na leiding te soek, al die ander stemme vir eers uitgedoof. Om 'n verhouding te bou neem tyd, hoe meer ek ingeskakel is in die Woord en op Hom hoe meer sal ek Sy influistering hoor.

“Therefore, I challenge you to begin each morning with a prayer that goes something like this: “Father, I want You to guide me and lead me today. Speak to my heart. Make me sensitive to Your promptings and to what is happening around me in the lives of those I meet. Fill me with Your supernatural joy, and use me today for Your purposes. I surrender fully to You.” Charles Stanley

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: