• deur Liezel Lüneburg

Ek wou nie vanoggend opstaan nie


Vanoggend wou ek nie opstaan nie.


Dit is nou al die hoeveelste dag en alles lyk grys en onbekend. Die afsondering smokkel met my brein en die wolk van vrees wat oor Aarde hang rus swaar op almal se skouers, al lyk Suid-Afrika se syfers nog onwerklik positief.


Ek ly aan chroniese distimiese depressie en Covid-19 het geen positiewe invloed op die simptomatiese angs en gevoelens van wanhoop wat van tyd tot tyd toesak nie.


In-die-kooi-bly is nie ʼn slim keuse nie en ek dwing my lyf uit die bed, stort en besluit om iets te skryf. Die woorde vloei nie so maklik nie – wat is daar om oor te skryf waaroor daar nog nie in hierdie tyd in oormaat geskryf is nie?


Ek besef, na ʼn bietjie dinkwerk, dat ek self die invloed van Corona op my lewe bepaal. Ook dat ek nou reeds kan en moet fokus op ʼn positiewe toekomstige uitkoms eerder as op die huidige gevoelens van onsekerheid, angs en afsondering.


Wat sou ek graag wou bereik het as hierdie beker van beproewing (waarvan ons almal nog ʼn sluk gaan neem) verby is? Of eerder: Wat gaan ek bereik?


Ek gaan terugkyk en sien dat ek spesiale empatie en simpatie vir die randfigure gevoel het: Die persone wie se immuniteitsisteme gekompromitteer is. Die ou mensies wie se kinders nie by hulle kan uitkom nie. Die gesinne wat in armoede en afsondering in klein woonstelletjies hoog bo die grond woon. Die wat afhanklik is van voedingskemas, wat afhanklik is van borge. Selfs die dwelmverslaafdes, die karwagte en die verkeerslig-verkopers. En ook die prostitute wat nie weet waar hul kinders se volgende ete vandaan gaan kom nie.


Ek gaan terugkyk en onthou dat ek elke oggend opgestaan en die dag aangegryp het, dat ek my allerbeste probeer het om die depressie en angstigheid te besweer.

Ek gaan terugkyk en besef dat ons gesin waarskynlik nooit weer op hierdie manier tyd sal spandeer nie: Almal saam in die huis en nêrens om heen te ry nie. As hierdie ding op ʼn einde is, sal ons nader as ooit aan mekaar wees.


Ek gaan terugkyk en God se teenwoordigheid soos ʼn goue draad deur die swaarkry geweef sien. Dit is mos maar altyd makliker om in die huidige donker en die grys vas te kyk eerder as om in die groter prentjie die tekens van sy alomteenwoordige genade raak te sien.


Ek gaan terugkyk en onthou dat die volgende uitroepe op ʼn ander, meer intense manier deel van my lewe geword het: “Maranata! Here God, ek sien met afwagting uit na U koms!” “Carpe diem! Gryp die uur, die dag, die lewe!” “Immanuel! God met ons in hierdie moeilike tyd!” “Ebenhaëser! Hoe sou ons tot hier gekom het sonder U hulp?”


Celebrate God all day, every day. I mean, revel in him! Make it as clear as you can to all you meet that you’re on their side, working with them and not against them. Help them see that the Master is about to arrive. He could show up any minute!


Don’t fret or worry. Instead of worrying, pray. Let petitions and praises shape your worries into prayers, letting God know your concerns. Before you know it, a sense of God’s wholeness, everything coming together for good, will come and settle you down. It’s wonderful what happens when Christ displaces worry at the center of your life.

Summing it all up, friends, I’d say you’ll do best by filling your minds and meditating on things true, noble, reputable, authentic, compelling, gracious – the best, not the worst; the beautiful, not the ugly; things to praise, not things to curse. Put into practice what you learned from me, what you heard and saw and realized.


Do that, and God, who makes everything work together, will work you into his most excellent harmonies.


(Filippense 4, The Message)

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: