• deur Stephan Joubert

My brandstof kom uit ’n ander tenk


Hulle sê ons sit op ’n tydbom. Kyk maar na die telbord. Kyk na die chaos by SAL, Eskom… Om nie van die res van die wêreld se probleme te praat nie. Wel, hulle is dalk reg. Of dalk nie. Wie sal weet…? My ore is in elk geval nie hulle s’n nie. My hart ook nie, nie hier in 2020 nie. Ek weet dat hier waar ek tans is, presies hier leef ek eerste vir die Here. Hier kies ek elke dag vir die pad van wysheid. Hier doen ek lewe met hoop en oortuiging. Al sê almal vir my ek sit op ’n tydbom, dan kies ek summier om ’n lont-doodtrapper te wees. Elders rondom my mag sulke tydbomme dalk afgaan, maar ek weier dat dit gebeur hier onder my eie neus. En al moet dit dan ook gebeur, het ek minstens gedoen wat ek moes in die Naam van die Here. Dan het ekself ander mense se lewens help red vir al die dae en jare wat sulke ontploffings voorafgegaan het. Die vraag is nie of ek ’n verlore geveg veg nie; die vraag is of ek die regte een veg - daardie een waartoe die Here my opgeroep het.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: