• deur Stephan Joubert

So lyk my padwysers in 2020


Welkom by 2020. Mag ek sommer met die deur in die huis val deur ’n stukkie te deel wat ek daagliks skryf in ’n klein kolom in die dagblad Beeld met dieselfde naam as ekerk se goeie nuus. Mag dit ook vanjaar die padwysers vir jou eie lewe wees.

  • In 2020 gaan ek nie my ore uitleen aan verbitterdes, verstoktes en hooploses nie. Hoopvolle mense gaan my mentors wees, daardie klein groepie wat in Romeine 5 se taal teen alle hooploosheid in bly glo.

  • In 2020 gaan ek nie fokus op alles wat is verkeerd in die wêreld of in die kerk nie. Ek gaan kies om dit raak te sien wat is reg op God se front.

  • In 2020 gaan ek nie ander mense afkraak of uitbuit tot my eie voordeel nie. Gedurig gaan ek die Here vra om my hart sag te maak om mense rondom my te dien en te respekteer.

  • In 2020 gaan ek myself nogmaals nie dood vergader of stokflou beplan nie. Dit is 2019 se uitgediende manier van probleme hanteer en lewe probeer blaas in flou sisteme in die kerk en elders.

  • In 2020 gaan oor en oor kies om die Here te dien saam met my familie. Doen dit asseblief ook saam met my in die nuwejaar. Mag dit jou beste jaar ooit wees.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: