top of page

Jesus is die avontuur; Hy is die lewe!

Stephan Joubert

In een van my gunsteling aanhalings uit die boek ‘Winnie the Pooh,’ sê Winnie vir Christopher Robin: “As soon as I saw you I knew an adventure was going to happen.” Presies dit was ook die dissipels se voorland toe Jesus hulle geroep het om Hom te volg. Toe hulle daardie twee lewensveranderende woorde ‘Volg My,’ by Hom gehoor het, was niks ooit weer voorspelbaar nie. Of veilig nie. Of vervelig nie. Elke dag het die hemele op nuwe maniere bokant hulle eie koppe oopgegaan. Die dissipels moes leer hulle hoef nie eers die regte pad te ken voordat hulle die regte pad vat nie. Dan is die avontuur in elk geval daarmee heen. Die avontuur om agter Jesus aanstap begin met die wete Hyself is die pad. Hy ken dit. Jy vertrou Hom hiermee. Alles op die pad hoef nie voorspelbaar of bekend te wees nie. Of rustig en veilig nie. Volg net vir Jesus. Hy IS die regte roete, die avontuurlike regte een. Saam met Hom loop jy bendes storm. Saam met Hom loop jy verlorenes terug in die Here se hande in, en armes in sy versorgende hand in. In sy teenwoordigheid gebeur groot dinge op verrassende maniere.


bottom of page